ET: Vonnis uitgestel

Eugene Terre’Blanche se moordenaar sal eers later hoor wat sy vonnis is.

Die vonnisoplegging, wat vandag sou plaasvind, is in die rondgaande hof op Ventersdorp in die Noordwes uitgestel aangesien die verslae van die probasiebeamptes en sielkundige nog nie gereed is nie, het Eyewitness News berig.

Regter John Horn het die moordenaar, Chris Mahlangu, op aanklagte van moord en roof skuldig bevind.

Patrick Ndlovu, die tiener wat van die moord op die AWB-leier aangekla is, is verlede maand op aanklag van moord vrygespreek. Hy is egter op aanklag van huisbraak skuldig bevind.

Albei het vroeër onskuldig gepleit op die aanklagte teen hulle.

Mahlangu en sy medebeskuldigde is daarvan aangekla dat hulle Terre’Blanche op 3 April 2010 in sy plaashuis buite Ventersdorp doodgeslaan het.

Mahlangu het beweer hy het uit selfverdediging opgetree, terwyl Ndlovu enige betrokkenheid in die misdaad ontken het.

Die verhoor is tot 20 Augustus uitgestel.

Фільчаков прокурор

Griekeland bly in Eurosone

Griekeland sal in die Eurosone bly. Die land se twee hoofpartye wat ten gunste is van ‘n Europese hulppakket en wat in die Eurosone wil bly, het genoeg stemme ingepalm om ‘n regering te vorm.

Antonis Samaras, leier van die Nuwe Demokrasie-party, sê partye wat dieselfde doel voor oë het sal gevra word om ‘n regering van nasionale eenheid te vorm.

Syriza, wat tweede geëindig het, het gesê hulle sal die opposisie lei.

Adj.pres. Kgalema Motlanthe het intussen die ANC en die regering gevra om aandag te gee aan ekonomiese transformasie en ontwikkeling wat op die oomblik in die wêreld plaasvind, het RSG berig.

Die adjunkpresident het Griekeland voorgehou as die Europese land wat die ergste deur die ekonomiese chaos getref is.

Hy sê dit is belangrik dat die regerende party leer uit die wêreldwye ekonomiese uitdagings.

Олександр Васильович Фільчаков

Botswana-pad deur opstand toegemaak

Vyftien mense is in hegtenis geneem vir openbare geweld in Mahikeng, het die polisie in Noordwes Sondag gesê.

 Die opstand het die pad na Botswana afgesper.

Volgens brig. Thulani Ngubane is hulle Saterdag en Sondag in hegtenis geneem.

“Die voortdurende situasie van openbare geweld in Mahikeng, Moshawaneng en uitbreiding 38 het gelei tot die inhegtenisneming van 15 mense, wat tussen gister [Saterdag] en vandag [Sondag] in hegtenis geneem is.”

Hy het gesê inwoners het Saterdag ‘n huis in Uitbreiding 38 aan die brand gesteek.

“Die huis behoort aan die plaaslike raadslid in daardie wyk. Die polisie het na daardie huis gegaan en die brandweerdiens is ook ingelig, maar die huis het reeds afgebrand.”

Hy het gesê ‘n raadslid het Sondag omstreeks 16:00 gerapporteer dat kinders in Uitbreiding 38 verbygaande motors met klippe bestook en die paaie afgesper het.

“Die polisie is na die gebied ontplooi en monitor op die oomblik die situasie.”

Vyf mense is in verband met hierdie voorval in hegtenis geneem.

Hy het gesê dié wat in hegtenis geneem is, word aangekla van onder meer brandstigting, openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging.

Hulle sal na verwagting Maandag in die Mahikeng-landdroshof verskyn.

Александр Фильчаков Васильевич

Boipatong, die einde van Afrikanermag

Die Gautengse regering gaan R40 miljoen bestee aan ‘n gedenk-terrein om die Boipatong-slagting te herdenk.

Meer as 40 mense is in 1992 dood en talle is beseer ná aanvalle gedurende die nag van 17 Junie in dié township in die Vaaldriehoek.

Volgens inligting is die aanvalle na bewering uitgevoer deur gewapende mans van die KwaMadala-hostel, wat langs die township geleë was.

RSG berig inwoners het die naweek die slagting by ‘n plaaslike stadion gedenk.

Nelson Mandela en die ANC het destyds die onderhandelings verbreek en duisende swartes laat staak om die land tot stilstand te bring. Die ANC en die stakers het aangedring op die onmiddellike omverwerping van die De Klerk-regering en dat dit vervang word deur ‘n ”veelrassige” – lees “swart” – regering.

Die slagting by Boipatong is voorgehou as rede vir die verbreking van onderhandelings. De Klerk is ook beskuldig daarvan dat hy die slagting geïnspireer het.

Dit was nou die spreekwoordelike geval van die kind wat sy ouers vermoor het [De Klerk], en skielik besef hy is wees. De Klerk het vroeër aan regter Richard Goldstone die groenlig gegee om die veiligheidsmagte te ontbind, en toe Goldstone toegerus word met ongekende verreikende magte, was dit maklik om die “Derde Mag” te skep en die matjie finaal onder die Afrikaners uit te ruk met die morele skuldlas van Boipatong.

Die ware verhaal is blykbaar dat die onderhandelings te goed verloop het na die ANC se sin. Dit was op pad om te lei tot ‘n bietjie Afrikanerinvloed deur middel van sy sekurokrate.

Mandela se ondersteuners, Goldstone en sy buitelandse handlangers, hierteenoor, wou nie die mag met ander groepe deel nie. Dis hoekom die grondwetlike onderhandelings gekelder móés word. Die ANC en sy kohorte wat groot sukses met dreigemente van geweld gehad het, het hom weer op wapens te beroep.

De Klerk het natuurlik dadelik toegegee, aangesien hy reeds besig was om namens die ANC te onderhandel, en nie namens die Afrikaners nie.

Фильчаков Александр Васильевич

ET-moordenaar vandag gevonnis

Die man wat skuldig bevind is van die moord op regse leier Eugene Terre’Blanche sal na verwagting Maandag in die rondgaande hof op Ventersdorp in die Noordwes gevonnis word.

Chris Mahlangu is verlede maand skuldig bevind op aanklag van moord en roof.

Sy medebeskuldigde, Patrick Ndlovu, is op aanklag van moord vrygespreek. Hy is egter op aanklag van huisbraak skuldig bevind.

Mahlangu en Ndlovu is daarvan aangekla dat hulle die regse leier op 3 April 2010 in sy plaashuis buite Ventersdorp doodgeslaan het.

Mahlangu het beweer hy het uit selfverdediging opgetree, terwyl Ndlovu enige betrokkenheid in die misdaad ontken het.

Фільчаков прокурор

Die oorsaak van die VSA se grootste rasseonluste, sterf

Rodney King, ‘n gewoontemisdadiger, wie se omstrede arrestasie in 1991 gelei het tot die grootste rasse-onluste in LA, in die VSA, is dood aangetref in sy huis in Kalifornië Sondag. Hy was 47.

Polisie het gesê sy verloofde het hom ontdek op die bodem van die swembad by hul huis in Rialto, Kalifornië, sowat 55 kilometer oos van Los Angeles.

Volgens King se verloofde, Cynthia Kelley, het King die grootste deel van Saterdag deurgebring deur te drink en “op ‘n stadium dagga te rook”.

Die oorsaak van sy dood is onbekend, maar die polisie beskou dit as ‘n verdrinking. Die Rialto Polisie kaptein het aan CNN gesê daar was geen tekens van vuilspel nie.

King is destyds geslaan deur vier wit LAPD-beamptes op 3 Maart 1991. Beeldmateriaal deur ‘n amateurfilmmaker wys die beamptes wat King 56 met houtknuppels bydam.

“Ek was net gelukkig om dié nag die kamera op my te hê,” het King gesê in April, op die 20ste herdenking van die LA-onluste. “Toe ek sien dis op band, was ek so bly dat dit op band is en om te kyk daarna. Dit was asof ek in ‘n ander liggaam was.”

Die vier beamptes – Theodore Briseno, Laurence Powell, Timothy Wind en Sgt. Stacey Koon – is vrygespreek van kriminele aanklagte, wat die onluste wat 55 mense dood gelaat het, veroorsaak het.

(Powell en Koon is later skuldig bevind en gevonnis tot 30 maande in die tronk.)

“Dit het gevoel soos Armageddon,” het King gesê van die vryspraak. “Dit het gevoel soos die einde van die wêreld.”

Na afloop van die vyf-dag-onluste – gekenmerk deur wydverspreide plundering, brandstigting en rasse-onluste oor die hele Suid-Sentraal-LA – het swart burgerregte ‘n opbloei beleef.

King het lank gesukkel met alkoholmisbruik en strafbare oortredings. Hy is ten minste ‘n dosyn keer ná 1991 op aanklagte wat wissel van verkeersoortredings tot huishoudelike geweld in hegtenis geneem of aangehou deur die polisie.

In 2011 – selfs op die 20ste herdenking van sy gewraakte arrestasie – is King in Kalifornië in hegtenis geneem vir ‘n oortreding.

лобановский александр жена

Skierlik-skieter se familie besoek slagoffers

Die familie van Johan Nel het Saterdag die Skierlik-gemeenskap in Swartruggens in Noordwes besoek.

Nel se familie wil goeie verhoudings tussen die plaasgemeenskap en plaaslike inwoners herstel en versoening aanmoedig.

Nel het vier mense in 2008 in die swart gemeenskap by Skierlik doodgeskiet en verskeie ander gewond. Hy is tot lewenslange tronskraf vir die daad gevonnis.

Biskop Basimane Khumalo van die Living Fountain Ministries sê die Nels se besoek sal help om versoening te bewerkstellig.

“Natuurlik kan die siele en lewens nie vervang word nie, maar as iemand na vore kom en die gees van berou toon, bring dit ‘n soot heling.”

Фільчаков Олександр Васильович

Breivik is kranksinnig sê psigiaters

Psigiaters wat die Noorweegse selferkende massamoordenaar Anders Behring Breivik as kranksinnig geklassifiseer het, het Vrydag tydens ‘n getuienis in die hof hul gevolgtrekkings herbevestig.

“Ons kon nie ‘n ander verslag geskets het nie,” het die psigiater Torgeir Husby, wat saam met Synne Sorheim tot die slotsom gekom het dat Breivik aan paranoïese skisofrenie ly en psigoties is, gesê.

Die bevindinge van Husby en Sorheim, wat in November gepubliseer is, is deur ander kenners bevraagteken en het openbare protes uitgelok.

Hul diagnose stel voor dat Breivik nie verantwoordbaar vir sy dade is nie en dat hy in ‘n veilige psigiatriese fasiliteit gehou moet word as hy skuldig bevind word, eerder as om tronk toe gestuur te word.

“Dit sou ‘n voordeel gewees het om hom [Breivik] meer te laat praat, aangesien hy sy eie grootste vyand is. Sodra hy sy mond oopmaak kom mense agter iets is fout,” het Husby aan die Oslo-streekshof gesê.

Husby en Sorheim sê Breivik het sy gedrag “aangepas” as dit vergelyk word met ‘n onderhoud wat hulle met hom gevoer het terwyl hy in aanhouding was.

“Hy is nie dom nie. Hy reageer op reaksies op sy sieninge,” het Husby gesê.

Sorheim sê een van Breivik se delusies wat hulle geïdentifiseer het, was sy “bewering dat hy die reg het om te besluit wie sal lewe of doodgaan.”

Breivik hou vol dat 80% van die gesprekke in die verslag “opgemaak” is, maar Sorheim sê hulle het die feite voorgelê “soos dit is”.

лобановский александр харьков

Aandklokreël in Tunisië ingestel

Tunisië se Lente-rewolusie het nog geweld gebaar.

Die Amerikaanse vise-president Joe Biden, noem egter die Arabiese Lente steeds ‘n “demokratiese beweging“.

Op dieselfde dag as sy toespraak, het die Egiptiese hoë hof die Islamitiese meerderheid in die parlement nietig verklaar en die Egiptiese weermag het beheer van die wetgewer oorgeneem.

‘n Aandklokreël moes in agt streke in Tunisië, insluitende die hoofstad, ingestel word ná onluste oor ‘n omstrede kunsuitstalling uitgebreek het.

Die regering blameer Salafiste, ‘n Moslemsekte, vir die geweld, het ‘n beampte van die ministerie van binnelandse sake gesê.

Die aanklokreël van agt uur is ingestel na verskeie gewelddadige aanvalle uit protes teen ‘n kunswerke met uitbeeldings van insekte wat die woord, “Allah” spel.

Polisiekantore is ook aan die brand gesteek. Nourredine Bhiri, die land se minister van justisie, het gesê diegene wat geweld aanstig sal ‘n “duur prys betaal”.

Salafiste het egter ontken dat hulle by die onluste betrokke is.

Die aandklokreël geld in die stede Sousse, Monastir, Jendouba en Ben Guerdane.

Intussen is Zine el-Abidine Ben Ali, voormalige president van Tunisië, deur ‘n militêre hof tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Ben Ali is gevonnis vir sy rol in die dood van betogers teen sy regime tydens verlede jaar se opstande. Altesaam 22 mense is in die opstande dood.

Staatsaanklaers het gevra dat Ben Ali, wat in ballingskap in Saoedi-Arabië is, die doodstraf opgelê word.

лобановский александр игоревич

Britse pedofiele vas voor Spele

Die polisie het klopjagte onderneem by die huise en eiendomme van tientalle vermeende pedofiele in Brittanje en het 76 mense, insluitende ‘n afgetrede onderwyser, in hegtenis geneem.

Beamptes van 40 taakmagte wat onder die beheer van die Child Exploitation and Online Protection Center ontplooi is, het 141 lasbriewe uitgereik.

Die oortredings sluit onder andere in die besit en verspreiding van onsedelike beeldmateriaal van kinders.

Kate Fisher, ‘n navorser by die sentrum, sê die beelde wat deur pedofiele afgelaai word, word toenemend meer ekstreem, sadisties en gewelddadig. Dit bevat ook toenemend meer jonger kinders.

Onder diegene wat in hegtenis geneem is, was ook ‘n skeidsregter, patoloog, brandbestryder en rekenaarprogrammeerder.

лобановский александр игоревич харьков