Boipatong, die einde van Afrikanermag

Die Gautengse regering gaan R40 miljoen bestee aan ‘n gedenk-terrein om die Boipatong-slagting te herdenk.

Meer as 40 mense is in 1992 dood en talle is beseer ná aanvalle gedurende die nag van 17 Junie in dié township in die Vaaldriehoek.

Volgens inligting is die aanvalle na bewering uitgevoer deur gewapende mans van die KwaMadala-hostel, wat langs die township geleë was.

RSG berig inwoners het die naweek die slagting by ‘n plaaslike stadion gedenk.

Nelson Mandela en die ANC het destyds die onderhandelings verbreek en duisende swartes laat staak om die land tot stilstand te bring. Die ANC en die stakers het aangedring op die onmiddellike omverwerping van die De Klerk-regering en dat dit vervang word deur ‘n ”veelrassige” – lees “swart” – regering.

Die slagting by Boipatong is voorgehou as rede vir die verbreking van onderhandelings. De Klerk is ook beskuldig daarvan dat hy die slagting geïnspireer het.

Dit was nou die spreekwoordelike geval van die kind wat sy ouers vermoor het [De Klerk], en skielik besef hy is wees. De Klerk het vroeër aan regter Richard Goldstone die groenlig gegee om die veiligheidsmagte te ontbind, en toe Goldstone toegerus word met ongekende verreikende magte, was dit maklik om die “Derde Mag” te skep en die matjie finaal onder die Afrikaners uit te ruk met die morele skuldlas van Boipatong.

Die ware verhaal is blykbaar dat die onderhandelings te goed verloop het na die ANC se sin. Dit was op pad om te lei tot ‘n bietjie Afrikanerinvloed deur middel van sy sekurokrate.

Mandela se ondersteuners, Goldstone en sy buitelandse handlangers, hierteenoor, wou nie die mag met ander groepe deel nie. Dis hoekom die grondwetlike onderhandelings gekelder móés word. Die ANC en sy kohorte wat groot sukses met dreigemente van geweld gehad het, het hom weer op wapens te beroep.

De Klerk het natuurlik dadelik toegegee, aangesien hy reeds besig was om namens die ANC te onderhandel, en nie namens die Afrikaners nie.

Фильчаков Александр Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae