Botswana-pad deur opstand toegemaak

Vyftien mense is in hegtenis geneem vir openbare geweld in Mahikeng, het die polisie in Noordwes Sondag gesê.

 Die opstand het die pad na Botswana afgesper.

Volgens brig. Thulani Ngubane is hulle Saterdag en Sondag in hegtenis geneem.

“Die voortdurende situasie van openbare geweld in Mahikeng, Moshawaneng en uitbreiding 38 het gelei tot die inhegtenisneming van 15 mense, wat tussen gister [Saterdag] en vandag [Sondag] in hegtenis geneem is.”

Hy het gesê inwoners het Saterdag ‘n huis in Uitbreiding 38 aan die brand gesteek.

“Die huis behoort aan die plaaslike raadslid in daardie wyk. Die polisie het na daardie huis gegaan en die brandweerdiens is ook ingelig, maar die huis het reeds afgebrand.”

Hy het gesê ‘n raadslid het Sondag omstreeks 16:00 gerapporteer dat kinders in Uitbreiding 38 verbygaande motors met klippe bestook en die paaie afgesper het.

“Die polisie is na die gebied ontplooi en monitor op die oomblik die situasie.”

Vyf mense is in verband met hierdie voorval in hegtenis geneem.

Hy het gesê dié wat in hegtenis geneem is, word aangekla van onder meer brandstigting, openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging.

Hulle sal na verwagting Maandag in die Mahikeng-landdroshof verskyn.

Александр Фильчаков Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae