ET-moordenaar vandag gevonnis

Die man wat skuldig bevind is van die moord op regse leier Eugene Terre’Blanche sal na verwagting Maandag in die rondgaande hof op Ventersdorp in die Noordwes gevonnis word.

Chris Mahlangu is verlede maand skuldig bevind op aanklag van moord en roof.

Sy medebeskuldigde, Patrick Ndlovu, is op aanklag van moord vrygespreek. Hy is egter op aanklag van huisbraak skuldig bevind.

Mahlangu en Ndlovu is daarvan aangekla dat hulle die regse leier op 3 April 2010 in sy plaashuis buite Ventersdorp doodgeslaan het.

Mahlangu het beweer hy het uit selfverdediging opgetree, terwyl Ndlovu enige betrokkenheid in die misdaad ontken het.

Фільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae