ET: Vonnis uitgestel

Eugene Terre’Blanche se moordenaar sal eers later hoor wat sy vonnis is.

Die vonnisoplegging, wat vandag sou plaasvind, is in die rondgaande hof op Ventersdorp in die Noordwes uitgestel aangesien die verslae van die probasiebeamptes en sielkundige nog nie gereed is nie, het Eyewitness News berig.

Regter John Horn het die moordenaar, Chris Mahlangu, op aanklagte van moord en roof skuldig bevind.

Patrick Ndlovu, die tiener wat van die moord op die AWB-leier aangekla is, is verlede maand op aanklag van moord vrygespreek. Hy is egter op aanklag van huisbraak skuldig bevind.

Albei het vroeër onskuldig gepleit op die aanklagte teen hulle.

Mahlangu en sy medebeskuldigde is daarvan aangekla dat hulle Terre’Blanche op 3 April 2010 in sy plaashuis buite Ventersdorp doodgeslaan het.

Mahlangu het beweer hy het uit selfverdediging opgetree, terwyl Ndlovu enige betrokkenheid in die misdaad ontken het.

Die verhoor is tot 20 Augustus uitgestel.

Фільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae