Haelstorm verwoes Ceres-oes

Ceres
Ceres

Boere in die Witzenberg-distrik – wat Ceres, Tulbagh, die Koue Bokkeveld, Wolseley en die vallei insluit – se drome van ’n goeie oes is verlede Vrydag deur ’n haelstorm verwoes.

Die Burger berig dat tussen R150 miljoen en R200 miljoen se skade in Ceres deur hael aan boere se appel- en peer-oeste aangerig is.

Dié bedryf dra sowat R3 miljard tot die ekonomie van die groter Ceres-gebied by, maar weens die oesskade gaan dit nou aansienlik minder wees, het Hannes Hanekom, voorsitter van die Ceres/Witzenberg-boerevereniging gesê.

Die meeste plase het tussen 50% en 100% skade gely.

Mosambiek stem sonder Renamo

renamoStemmery in Mosambiek het grooliks vreedsaam verloop in gister se verkiesing te midde van spanning en sporadiese voorvalle van geweld wat die afgelope tyd tussen die regering en die opposisieparty Renamo voorgekom het.

Renamo het die verkiesing geboikot.

In sommige gebiede het ongerymdhede voorgekom en die Verkiesingskommissie het aangekondig dat die uitslag in die Nampula-provinsie in die noorde van die land teruggehou sal word weens ‘n fout op die stembrief.

Stemmery in die gebied sal herhaal word. In sommige gebiede het kiesers meer as een keer gestem of vertragings het voorgekom. – RSG

Regstappe teen Indiër-kontrakteurs van Tongaat-gebou

tongaat3Die ondervoorsitter van Cosatu in KwaZulu-Natal, Beauty Zibula, het gevra dat regstappe teen die kontrakteurs van die winkelsentrum by Tongaat noord van Durban ingestel word.

Die Indiër-kontrakteurs se konstruksiewerk het inmekaargestort nadat werkers op die perseel aangedui het dat die beton nie “hard” was nie. Die werkers het ‘n gerammel soos donderweer gehoor, waarna die steierwerk meegegee het en daarna die drie betonvloere.

Minstens een persoon is dood en 29 beseer – waarvan ‘n aantal ernstig – toe die gebou ineengetuimel het.

Die Ethekwini Metro het gesê die stad het die Rectangle Property Investments van Jay Singh drie keer gewaarsku teen die voortsetting van die konstruksiewerk omdat geen bouplanne ingedien is nie.

Daar word beweer dat ‘n hofinterdik Vrydag op die maatskappy beteken is, maar dat hy dit geïgnoreer het.

Zibula sê dit is bewys dat die eienaars nie die werkers se veiligheid in ag geneem het nie.

Polisie steel glo R2 miljoen se drank

valkeTwee polisiebeamptes is in Elsburg, Germiston, in hegtenis geneem nadat hulle ‘n vragmotor gekaap en drank ter waarde van R2 miljoen gesteel het, het die Valke gesê.

Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder, het gesê ‘n adjudant-offisier en ‘n konstabel het op 1 November ‘n vragmotor op die N3 afgetrek.

Die vragmotorbestuurder en sy passasiers is by ‘n polisiekantoor aangehou terwyl die polisiebeamptes die drank by ‘n onbekende plek afgelaai het. Die groep is later vrygelaat.

“Hulle is aangekla van vragmotorkaping. Daar is ‘n moontlikheid dat ‘n aanklag van diefstal bygevoeg kan word,” het Ramaloko gesê.

Drank ter waarde van R100 000 is teruggevind.

Die mans sal na verwagting Donderdag in die Germiston-landdroshof verskyn. – Sapa

Zuma se regspan verdien byna R9 miljoen

Michael Hulley
Michael Hulley

Pres. Jacob Zuma se regsverteenwoordigers is die afgelope vier jaar meer as R8,8 miljoen betaal, het Jeff Radebe, minister van justisie, gesê.

Radebe het Woensdag in ‘n geskrewe antwoord op ‘n vraag in die parlement gesê die firma Hulley & Vennote het in 2009/10 altesaam R7 945 971 ontvang, R570 068 in 2010/11 en R327 890 in 2012/13.

Die private regsverteenwoordiger het Zuma ondermeer in die saak oor die multimiljardrand-wapentransaksie verteenwoordig, sowel as die saak oor die sogenaamde spioenasie-opnames.

Die DA het Woensdag in ‘n verklaring gesê die party sal opvolgvrae indien oor die bedrag wat betaal is. Dít is ‘n poging om vas te stel watter bedrag aan Michael Hulley, Zuma se prokureur, betaal is. – Sapa

Nederlanders betaal skoonmaker-alkoholiste in bier

dutch_liquorTipiese Nederlandse pragmatisme om die probleem van die anti-sosiale gedrag op te los, sal skok in die meeste ander lande.

Vroeg in die oggend agter ‘n huis in Amsterdam, staan ‘n handvol alkoholiste gereed om die omliggende strate skoon te maak, bier en sigaret in die hand .

Vir ‘n dag se werk, sal die manne € 10 ( sowat $ 13) ontvang, ‘n halfpakkie roltabak en, bowenal, vyf blikkies bier. Twee om die dag te begin, twee by die middagete en een vir na werk.

“Hierdie groep chroniese alkoholiste het ‘n oorlas in Amsterdam se Oosterpark veroorsaak: Gevegte, geraas, onaangename kommentaar oor vroue,” sê Gerrie Holterman, wat die Rainbow Foundation bestuur met finansies deur die Nederlandse staat en skenkings.

“Die doel is om hulle besig te hou, om hulle te kry om iets te doen, sodat hulle nie meer moeilikheid by die park maak nie,” het sy gesê.

Die alkoholiste word verdeel in twee groepe van ongeveer 10 mense, met elke groep wat drie dae ‘n week werk.

Gerrie maak aantekeninge van elke persoon se bierverbruik, maar daar is ‘n atmosfeer van vertroue, want soms sal die alkoholiste self aanteken hoeveel hulle gedrink het .

“Ons moet alkohol kry om te funksioneer, wat die nadeel van chroniese alkoholisme is,” sê een.

Projekdeelnemers sê ook hulle is gelukkig om daar te wees en dis vrywillig .

Mense wat in die buurt woon lyk ook gelukkig, en groet die skoonmakers as hulle werk.

 

Oproer by Brits oor water

britswaterOntstoke inwoners van Letlhabile naby Brits in Noordwes het paaie met brandende bande, klippe en skrotmetaal versper.

Die polisie sê die mense het ‘n munisipale watertenkwa weggewys omdat hulle lopende water in hul huise wil hê.

Die gemeenskap is sedert Saterdag sonder water.

‘n Polisiebeampte op die toneel het gesê dat die inwoners dreig om die paaie te versper totdat die Madibeng-burgemeester, Popi Mogongwa op hul eise reageer. – RSG

Eskom verlaag BHP Billiton se kragtoevoer

aluEskom het in ‘n poging om druk op die nasionale kragnetwerk te verlig, sy kragtoevoer aan die mynreus, BHP se aluminiumsmelters verlaag.

Die kragverskaffer het vroeër ‘n noodtoestand verklaar weens die ernstige druk op die kragnetwerk ná die verlies van bykomende opwekkingseenhede kort nadat hulle aangeskakel is.

Eskom het gewaarsku dat die kragnetwerk vir die volgende twee weke onder toenemende druk sal wees weens beplande en onbeplande instandhoudingswerk.

Die kragverskaffer sê in ‘n verklaring dat hy nou noodprosedure-protokol volg.

Beurtkrag word op smelters toegepas om die kragvoorraad gedurende spitstye in stand te hou. – RSG

SA wil sanksies teen Zim-bloeddiamante opgehef hê

blooddiamondsSuid-Afrika het Dinsdag betoog dat die VSA sy boikot op Zimbabwiese myne opskort en dié land se diamante verkoop – in navolging van die Europese Unie.

Welile Nhlapo van Suid-Afrika, die roterende president van die Kimberley-proses, het aangevoer Zimbabwe het “aanbeweeg” en dat die opheffing van die sanksies die land sal help om weer “stabiliteit en voorspoed” te behaal.

Die Kimberley-proses is die internasionale waghondliggaam wat die verkoop van sogenaamde “bloeddiamante” probeer stuit.

Die verbod teen Zimbabwe is ingestel omdat lande gemeen het diamantinkomste word gebruik om Zanu-PF te finansier.

Die gesprekke tussen die 81 lidlande duur tot Vrydag.

Die EU het sy sanksies teen die staatsbeheerde Zimbabwe Mining Development Corporation in September opgehef. – Sapa/AFP

Lyk van vermiste wit bejaarde langs spoor gevind

trainDie polisie ondersoek die dood van ‘n bejaarde wat sowat drie weke gelede op ’n treinrit vermis geraak het.

Sy lyk is in ’n veld naby Hopetown gekry.

Henry van Niekerk (74) is op 27 Oktober by die polisie op De Aar as vermis aangemeld deur ’n vriend. Die twee het saam na Johannesburg gereis.

Van Niekerk se lyk langs ’n treinspoor in Kranskuil naby Hopetown gekry.

Volgens sy vrou het die polisie die ontbinde lyk uitgeken aan van sy besittings wat op die toneel gevind is.

Sy goue horlosie, met sy voorletters agterop gegraveer, is gevind, asook sy treinkaartjie in sy sak.