Groot media- en polisieteenwoordigheid by hof verwag

‘n Groot media- en  polisieteenwoordigheid word Woensdag by die Ventersdorp-landdroshof verwag waar twee plaaswerkers verskyn vir die moord op regse leier Eugene Terre’Blanche. 
  
Lede van die van die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB), sedert 1973 gelei deur Terre’Blanche, word ook verwag.
 
“Daar is niks beplan, geen protes of iets nie,” sê AWB-woordvoerder Pieter Steyn.
  
“As mense opdaag, sal dit baie min wees. Ek self twyfel of ek moet gaan, want ek sal my petrolgeld mors,” het hy gesê. 
  
By die eerste hofverskyning van die beskuldigde verlede Dinsdag het honderde boere, Ventersdorp se inwoners, die polisie en joernaliste byeengekom in die klein Noord-Wes dorpie. 
  
Polisie het moes hulself inwig tussen ‘n groep swartes en blankes deur hulle te skei met lemmetjiesdraad toe ‘n skermutseling uitgebreek het. Boere is openlik by die geleentheid deur swartes uitgetart.
  
Musa Zondi, die Valke se woordvoerder het gesê die polisie-eenhede is “goed voorberei” vir Woensdag. 
  
“Die polisie het die kapasiteit om skares te hanteer, veral rondom hoë-profiel sake, en hulle sal môre dienooreenkomstig ontplooi word om te verseker dat die hofprosedure nie versteur word nie.” 
  
“Ons sal die veiligheid van almal wat opdaag verseker.”
  
Polisie van naburige Potchefstroom en Rustenburg sal ook gestuur word om te help. 
  
Terre’Blanche, 69, is wreed vermoor op sy plaas buite Ventersdorp op 3 April. 

Die borgtogverhoor van die twee beskuldigdes, van 15 en 28, sal na verwagting om 10 uur begin.
  
Die saak word in camera gehou word omdat een van die beweerde oortreders 15 jaar oud is. Verskeie media-groepe het begin met regsprosedures vir toegang tot die hofsaak wat tans internasionale aandag geniet. 
  
Vertoeë wat die media toegang sal gee tot die hofverrigtinge, sal Woensdag gehoor word in dieselfde hof om 9 uur , vóór die moordsaak.
  
Die beskuldigdes staar aanklagte van moord, huisbraak en roof met verswarende omstandighede, crimen injuria en poging tot roof met verswarende omstandighede in die gesig.

тур в хорватию из минскалобановский харьков класс

Limpopo se ANC-jeugleier weier om te loop

Limpopo se onttroonde provinsiale voorsitter van die ANC Jeugliga, Lehlohonolo Masoga dring aan dat hy nog steeds die provinsiale leier van liga is, ten spyte van die verkiesing van ‘n nuwe voorsitter tydens die konferensie oor die naweek.
  
“Ek is die voorsitter van … die konferensie wat onderbreek is en dit sit hierdie naweek. Ek het nog nie vervang is,” het hy Dinsdag gesê.

“Die provinsiale uitvoerende komitee [PEC] het nagedink oor die konferensie wat verdaag het en eenparig besluit dat die konferensie weer bymekaar moet kom as ‘n saak van dringendheid en die kwessie moet afhandel net soos ons het met die Mangaung- en ander Nasreckonferensies gemaak het om die huidige NUK [nasionale uitvoerende komitee] saam te stel.” 
   
Hy het verduidelik dat die konferensie op Makhado naby Louis Trichardt verdaag het na ‘n paar afgevaardigdes geprotesteer en liedjies gesing het wat die konferensieproses in effek geraak het. 
  
Die afgevaardigdes het gekla dat die konferensie nie kon voortgaan terwyl ander afgevaardigdes geakkrediteer is nie.
  
“Toe hulle siening verwerp is op die basis dat geloofsbriewe nie aangebied is nie en dat die probleem op ‘n later stadium hanteer sal word, het die protes begin deur afgevaardigdes wat liedjies sing… ” het hy gesê. 

Hy het gesê voordat die provinsiale ANC-voorsitter Cassel Mathale kon praat, het ANC-Jeugligapresident Julius Malema, die podium bestyg en beveel dat die protesterende afgevaardigdes verwyder moet word uit die saal deur die polisie.

где дешевле поставить брекетыОлександр Васильович Фільчаков

Mediagroepe wil toegang met regsgeding verkry

Verskeie media-groepe het regsprosesse begin vir toegang tot die verhoor van die twee jeugdiges wat beskuldig word van die moord op Eugene Terre’Blanche, het Media 24 Maandag gesê.
“Media 24 het inderdaad regsgedinge begin om toegang te verkry tot die hofverhoor,” het woordvoerder Lutfia Vayej gesê. 
  
“In hierdie verband het ons Dario Milo van Webber Wentzel [Prokureurs] in Johannesburg genader. Hulle is ook namens ‘n aantal partye, waaronder die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum Forum en eTV genader wat vir soortgelyke toegang aansoek gedoen het.” 
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het gesê die media het toegang tot die Ventersdorp-landdroshof. 
  
“In die finale instansie is dit die taak van die howe om te besluit,” het woordvoerder Mthunzi Mhaga gesê. Hy het gesê as die NVG enige versoeke ontvang, sal hulle na ‘n hof verwys word.

‘n Amptenaar het verduidelik dat die prosedure vir so ‘n versoek ingewikkeld is. “Hoe lank iets soos hierdie kan neem sal afhang van die voorsittende beampte in Ventersdorp. Die hof kan òf streng voorwaardes oplê aan die verslaggewing, òf weier om die media toe te laat.

Business Day se redakteur Peter Bruce het Maandag in sy rubriek voorgestel dat die proses oopgestel moet word aan die media op dieselfde wyse as president Jacob Zuma se verkragtingsverhoor. 

By die eerste hofverskyning van die twee beskuldigdes verlede  Dinsdag het Menzi Simelane, NVG-hoof, gesê dat die hele verhoor gehou sal word in kamera.

Hy het verduidelik dat omdat ‘n minderjarige betrokke is, die media geen toegang kan verkry nie.

куплю справку 086утопкарго

75 000 tasse van sokkertoeriste kan gesteel word

Oor minder as ‘n maand kom die eerste van 450 000 toeriste op Suid-Afrikaanse lughawens na ‘n lang reis aan en soveel as 75 000 kan vind hulle bagasie het reeds verdwyn voordat dit die carrousel bereik. 
 
Dit is volgens syfers wat onlangs aan die parlement se portefeuljekomitee oor openbare ondernemings deur SAL en Transnet asook plaaslike lugdiens SA Express voorgelê is. Siza Mzimela, voorheen van SA Express wat by Chris Smyth van SAL oorgeneem het op 1 April, het aan die komitee verduidelik dat hulle sukkel om  bagasiediefstal onder beheer te bring. 

Smyth het aan parlementslede gesê die lugredery het te make diefstal van twee uit elke 1 000 sakke wat hanteer word. Hy het toegegee dit was “nogal baie hoër as internasionale gemiddeldes.” 

Die aantal is afgebring tot onder 1,5 per 1 000 sakke verlede jaar, maar hy het gesê dat dit hierdie weer jaar gestyg het. Smyth sê soveel as 25% van die bagasiepersoneel is oneerlik, 25% eerlik en die res is geredelik tot misdaad oorreedbaar.

Mzimela sê SA Express se bagasiehanteerders word elke ses maande vervang, want hulle wend hulle tot misdaad na ‘n kort tydperk in die pos. “Na vier, vyf maande, is hulle reeds deel van die probleem.”
 
WorldMate beveel aan dat reisigers basiese dinge saamneem op die vliegtuig. Goeie keuses sluit ‘n tandeborsel, deodorant, en ‘n vars stel klere in, ‘n paar van die dinge wat jy onmiddellik nodig sal kry as jou bagasie gesteel word of wegraak. 

Ongelukkig maak die Verenigde State se Land Security dit moeiliker vir mense om toiletware op die vliegtuig te neem; items soos tandepasta en bevogtiger kan dalk meer van ‘n probleem wees. En as jou juwele kosbare erfstukke is, los dit tuis.

Moet nooit enigiets wat jy van waarde beskou, inboek by jou bagasie as jy dit kan help nie, sê kenners.
 
Met doeanebeamptes en versekeringspersoneel stry ‘n mens nie. Onthou dit!

no red ikОлександр Фільчаков прокурор

Chancellor House gaan nie belang verkoop

Die ANC se omstrede beleggingsvleuel, Chancellor House Holdings, CHH, gaan nié sy belang in Hitachi Power Africa verkoop nie, het sy besturende direkteur Dinsdag aan Sake24 gesê.

Mnr. Mamatho Netsianda, uitvoerende hoof van CHH, het gister per SMS aan Sake24 gesê: “Asseblief moet my nie bel nie. Die amptelike posisie is: CHH verkoop nie sy belang in Hitachi Power Africa nie.

Die ANC se tesourier-generaal, mnr. Mathews Phosa, het volgens berigte die naweek gesê die ANC sal van die belang in Hitachi ontslae raak.

Hitachi Power Africa is die maatskappy wat ‘n multimiljardrand kontrak gekry het om Eskom se nuwe Medupi-kragstasie op te rig. CHH het ‘n 25%-belang in Hitachi Africa, wat kontrakte het om stoomketels vir die land se nuwe kragstasies te bou.

sponsored appsАлександр Фильчаков Васильевич

Tientalle diere dié naweek vergiftig

’n Gesin van Randfontein is erg geskok nadat hul drie honde oor die naweek vergiftig is, berig Beeld.

Die buurvrou het gesien hoedat drie swart jeugdiges die honde met gif wat in brood versteek is, voer.

Naby Parys op die plaas Tweespruit is 13 honde en ’n kat vergiftig. Daar was soveel gif in die vleis dat van die honde se bekke begin bloei het.

система брекетовФильчаков Александр Васильевич

‘Valse inligting word oor Terre’Blanche-moord versprei’ – AWB

Die AWB wil hê dat die minister van polisie, Nathi Mthethwa, die staat se inligtingsdienste aansê om hul veldtog met “valse inligting” oor die moord op hul leier, Eugene Terre’Blanche, te staak.

Die AWB-woordvoerder André Visagie het gesê dat die organisasie die kwessie met Mthethwa wil opneem weens berigte dat Terre’Blanche in ‘n homoseksuele verhouding met sy aanvallers betrokke was alvorens hy verlede Saterdag op sy plaas vermoor is.

“Ons wil met die minister hieroor praat,” het Visagie gesê. “Ons wil hom hy moet die inligtingsdienste hiervan weerhou… want hulle begin ‘n oorlog. Ons mense raak kwater en kwater.”

Visagie het gesê dat berigte dat Terre’Blanche hom aan sodomie skuldig gemaak het was “belaglik” en ‘n poging om die duisende nuwe lede wat by die AWB aangesluit het te ontmoedig.

“Hulle probeer om ‘n slegte persepsie oor mnr. Terre’Blanche te skep, maar al wat hulle regkry is om mense kwater en kwater te maak,” het hy gesê.

“Eers was daar nuusberigte dat hierdie ‘n rassistiese moord was en toe was daar berigte dat dit ‘n loondispuut was en nou weer al dié aantygings van sodomie. Ons wil nou weet wat hier aangaan,” het Visagie gesê.

Mtethwa se woordvoerder Zweli Mnisi het gesê ‘n datum vir die vergadering met die AWB moet nog gevind word, maar dit sal moontlik in die komende weke gehou word.

 

‘Seksmisdaad’

Die Valke het bevestig dat hulle besig is om te ondersoek of Terre’Blanche se dood ‘n seksmisdaad is, maar die woordvoerder Musa Zondi het gesê ander moontlikhede, waaronder ‘n dispuut oor betaling, word ook ondersoek.

Volgens Zondi is klere wat deur die twee verdagtes, die 28-jarige Chris Mahlangu en ‘n vyftienjarige seun, wat nie by die naam genoem mag word nie, op die dag van die moord vir forensiese toetse weggestuur.

Zondi het ‘n berig ontken dat ‘n gebruikte kondoom gevind is in die vertrek waar Terre’Blanche se liggaam gekry is.

Die polisiewoordvoerder vir Noordwes Adele Myburgh, wat die eerste was wat die kondoombeweringe as onsin afgemaak het, is van die Terre’Blanche-saak onthef. Myburgh het ‘n baie sterk ontkenning oor die bewerings uitgereik.

раскрутка сайтаФильчаков

Stop die verkoop van militêre vliegtuie aan SA

Vier voorste Christelike persoonlikhede vra dat die verkoop van militêre vliegtuie, die JAS 39 Gripen uit Swede, aan Suid-Afrika gestaak moet word, berig die Sweedse dagblad Dagens Nyheter.

KG Hammar, voormalige Sweedse aartsbiskop, Karin Wiborn, voorsitter van die Sweedse Christenraad, Desmond Tutu en Thabo Makgoba, twee Suid-Afrikaanse aartsbiskoppe, het die versoek onderteken. Hulle beweer dat die transaksie ‘n golf van korrupsie, wat dreig om die oorgang van apartheid na demokrasie in Suid-Afrika te belemmer, geskep het.

Die skrywers sê dat die koste van Suid-Afrika se handel met verskeie Europese lande om militêre toerusting aan te koop, SEK 42 miljard (ongeveer 4,2 miljard euro) beloop. Die helfte van die bedrag is bestee aan JAS 39 Gripens. Hulle skryf dat dit moeilik is om aanvaarding in die Suid-Afrikaanse samelewing te bewerkstellig vanweë die feit dat hulpbronne toegewys word aan militêre beleggings in plaas van die stryd teen die “nalatenskap van die apartheid-era”.

Die transaksie was veronderstel om 65 000 werksgeleenthede te skep na wat belowe is, maar dit is volgens die skywers, hoegenaamd nie die geval nie. 

“Ons sal nie vergeet van die belangrike rol wat Swede gespeel het in die stryd teen apartheid nie. Dit is dan ook ‘n skande dat die militêre establishment hierdie welwillendheid misbruik het om militêre vliegtuie te verkoop.”

Die vier skrywers eis dat die Suid-Afrikaanse en Sweedse regerings die aantygings oor korrupsie ondersoek en stel voor dat die hele ooreenkoms opgeskort word totdat die ondersoek voltooi is.

чистка эйр флоуДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Eugene se broek nadoods afgetrek

Eugene Terre’Blanche se broek is wel nadoods afgetrek, wat die homoseksuele smeerstorie wat sedert Saterdag deur koerante versprei word, weerlê. Volgens ‘n polisieman wat die bewysstukke in die saak vervoer het, kan hy “onomwonde sê dat daar geen kondoom in daardie huis gevind is nie”.

Foto’s van die lyk toon dat daar slegs bloed op sy broek en hemp was, maar nie op sy skaamdele nie, wat bewys dat sy broek eers ná sy dood afgetrek is.

Intussen borduur die gedrukte media lustig voort op die homoseksuele tema.

гидроаккумулятор 24 л ценаФильчаков Александр Васильевич

Pole se leierskorps byna uitgewis

‘n Vliegtuigongeluk Saterdagoggend naby Smolensk in Rusland waarin die Poolse pres. Lech Kaczynski gesterf het, het Pole geruk. Pole word as ‘n belangrike Amerikaanse bondgenoot beskou.

Nie alleen Kaczynski en sy eggenote Maria is oorlede nie, maar byna die hele leierskorps van Pole het omgekom.

Dit sluit die weermag se stafhoof Gen Franciszek Gagor, goewerneur van die sentrale bank Slawomir Skrzypek, en adjunkminister van buitelandse sake  Andrzej Kremer asook ander parlementslede is.

Minister van buitelandse sake, Radek Sikorski het aan die media gesê Pole is neergeslaan en geskok.

Die groep van amper 90 politieke leiers en topregeringsamptenare was op pad na die herdenking van die Katynwoudslagting.

Die Poolse eerste minister, Donald Tusk, sou op uitnodiging van premier Poetin van Rusland aan ’n gesamentlike herdenkingsgeleentheid by die monument op die terrein van die massagraf deelneem.

Dit is vanjaar die 70ste herdenking van die massamoord op 2 000 Poolse offisiere tydens die Tweede Wêreldoorlog wat deur die Russiese geheime diens vermoor is. 

Die Russiese owerhede het tot in 1990 aandadigheid ontken.

куплю справку 086уДанильченко Юрий Брониславович Харьков