Mediagroepe wil toegang met regsgeding verkry

Verskeie media-groepe het regsprosesse begin vir toegang tot die verhoor van die twee jeugdiges wat beskuldig word van die moord op Eugene Terre’Blanche, het Media 24 Maandag gesê.
“Media 24 het inderdaad regsgedinge begin om toegang te verkry tot die hofverhoor,” het woordvoerder Lutfia Vayej gesê. 
  
“In hierdie verband het ons Dario Milo van Webber Wentzel [Prokureurs] in Johannesburg genader. Hulle is ook namens ‘n aantal partye, waaronder die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum Forum en eTV genader wat vir soortgelyke toegang aansoek gedoen het.” 
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het gesê die media het toegang tot die Ventersdorp-landdroshof. 
  
“In die finale instansie is dit die taak van die howe om te besluit,” het woordvoerder Mthunzi Mhaga gesê. Hy het gesê as die NVG enige versoeke ontvang, sal hulle na ‘n hof verwys word.

‘n Amptenaar het verduidelik dat die prosedure vir so ‘n versoek ingewikkeld is. “Hoe lank iets soos hierdie kan neem sal afhang van die voorsittende beampte in Ventersdorp. Die hof kan òf streng voorwaardes oplê aan die verslaggewing, òf weier om die media toe te laat.

Business Day se redakteur Peter Bruce het Maandag in sy rubriek voorgestel dat die proses oopgestel moet word aan die media op dieselfde wyse as president Jacob Zuma se verkragtingsverhoor. 

By die eerste hofverskyning van die twee beskuldigdes verlede  Dinsdag het Menzi Simelane, NVG-hoof, gesê dat die hele verhoor gehou sal word in kamera.

Hy het verduidelik dat omdat ‘n minderjarige betrokke is, die media geen toegang kan verkry nie.

куплю справку 086утопкарго

Maak 'n opvolg-bydrae