Chancellor House gaan nie belang verkoop

Die ANC se omstrede beleggingsvleuel, Chancellor House Holdings, CHH, gaan nié sy belang in Hitachi Power Africa verkoop nie, het sy besturende direkteur Dinsdag aan Sake24 gesê.

Mnr. Mamatho Netsianda, uitvoerende hoof van CHH, het gister per SMS aan Sake24 gesê: “Asseblief moet my nie bel nie. Die amptelike posisie is: CHH verkoop nie sy belang in Hitachi Power Africa nie.

Die ANC se tesourier-generaal, mnr. Mathews Phosa, het volgens berigte die naweek gesê die ANC sal van die belang in Hitachi ontslae raak.

Hitachi Power Africa is die maatskappy wat ‘n multimiljardrand kontrak gekry het om Eskom se nuwe Medupi-kragstasie op te rig. CHH het ‘n 25%-belang in Hitachi Africa, wat kontrakte het om stoomketels vir die land se nuwe kragstasies te bou.

sponsored appsАлександр Фильчаков Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae