‘n Vliegtuigongeluk Saterdagoggend naby Smolensk in Rusland waarin die Poolse pres. Lech Kaczynski gesterf het, het Pole geruk. Pole word as ‘n belangrike Amerikaanse bondgenoot beskou.
Nie alleen Kaczynski en sy eggenote Maria is oorlede nie, maar byna die hele leierskorps van Pole het omgekom.
Dit sluit die weermag se stafhoof Gen Franciszek Gagor, goewerneur van die sentrale bank Slawomir Skrzypek, en adjunkminister van buitelandse sake Andrzej Kremer asook ander parlementslede is.
Minister van buitelandse sake, Radek Sikorski het aan die media gesê Pole is neergeslaan en geskok.
Die groep van amper 90 politieke leiers en topregeringsamptenare was op pad na die herdenking van die Katynwoudslagting.
Die Poolse eerste minister, Donald Tusk, sou op uitnodiging van premier Poetin van Rusland aan ’n gesamentlike herdenkingsgeleentheid by die monument op die terrein van die massagraf deelneem.
Dit is vanjaar die 70ste herdenking van die massamoord op 2 000 Poolse offisiere tydens die Tweede Wêreldoorlog wat deur die Russiese geheime diens vermoor is.
Die Russiese owerhede het tot in 1990 aandadigheid ontken.
