Malema sy ou uitdagende self

ANC-jeugligapresident Julius Malema, is steeds uitdagend nadat hy Sondag in die openbaar betig is deur president Jacob Zuma, het ETV gesê.
  
Hy het op ‘n perskonferensie by die Jeugliga se konferensie in Limpopo Sondag gesê hy neem nie persoonlike verantwoordelikheid vir sy opmerkings wat gemaak is oor Zimbabwe verlede week nie.
  
Hy het gesê hy “kan nie verstaan” hoekom is hy betig oor verklarings oor Zimbabwe nie, want die sienings was nie sy eie nie, maar dié van die ANC-Jeugliga.
  
Hy het ook gesê hy is geskok oor die manier waarop die betigtining in die openbaar oor die televisie deur Zuma, die ANC en Suid-Afrikaanse president (sic) gemaak is.
  
Zuma het op ‘n nuus-konferensie in Durban Saterdag gesê dat Malema se gedrag “vreemd is aan die ANC”.
  
Zuma het Malema betig oor die sing van die “skiet die boer”-lied, sy uitsprake oor die moord van Eugene Terre’Blanche, leier van die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB), en sy ingryping in die gesprekke oor Zimbabwe, sowel as sy aanvalle op joernaliste.
  
Malema het verlede week ingemeng in die Zimbabwiese vredesproces met ondersteuning aan Robert Mugabe se Zanu-PF en aanvalle teen die Zimbabwiese opposisie, die Beweging van Demokratiese Verandering (MDC).
  
Die ANC-jeugliga se konferensie is Sondag in felle omstredenheid gedompel. Afgevaardigdes
wat met geweld verwyder is van die konferensie, het beloof om nooit die nuutverkose voorsitter Frans Moswane, te erken nie, het die SAUK berig.

Die afgevaardigdes, wat Lehlogonolo Masonga ondersteun, het gesê dat die verkiesing van Moswane nie demokratiese was nie, nadat hulle Saterdag deur die polisie uit die konferensie geskop is.

Hulle beskuldig Jeugligapresident Julius Malema daarvan dat hy die verwydering georkestreer het om te verseker dat sy voorkeurkandidate verkies is. 

“Hy het die polisie opdrag gegee om ons te verwyder uit die konferensie gister. Ons is huis toe, want ons is moeg van die agendas van Malema,” het een afgevaardigde gesê aan die uitsaaier.

“Ons is moeg van die diktatorskap van Malema,” het ‘n ander woedende kongresganger gesê. “Ons sal nie, ons wil nie en ons gaan nie hierdie nuwe leier ooit erken nie”.

Moswane is Saterdag verkies tot die nuwe voorsitter van die jeugliga in die provinsie. Hy sal na verwagting sy eerste openbare toespraak maak by Sondag se  sluiting van die konferensie in Louis Trichardt.

вакуумный расширительный бачокДанильченко Юрий Брониславович компромат

Maak 'n opvolg-bydrae