‘Valse inligting word oor Terre’Blanche-moord versprei’ – AWB

Die AWB wil hê dat die minister van polisie, Nathi Mthethwa, die staat se inligtingsdienste aansê om hul veldtog met “valse inligting” oor die moord op hul leier, Eugene Terre’Blanche, te staak.

Die AWB-woordvoerder André Visagie het gesê dat die organisasie die kwessie met Mthethwa wil opneem weens berigte dat Terre’Blanche in ‘n homoseksuele verhouding met sy aanvallers betrokke was alvorens hy verlede Saterdag op sy plaas vermoor is.

“Ons wil met die minister hieroor praat,” het Visagie gesê. “Ons wil hom hy moet die inligtingsdienste hiervan weerhou… want hulle begin ‘n oorlog. Ons mense raak kwater en kwater.”

Visagie het gesê dat berigte dat Terre’Blanche hom aan sodomie skuldig gemaak het was “belaglik” en ‘n poging om die duisende nuwe lede wat by die AWB aangesluit het te ontmoedig.

“Hulle probeer om ‘n slegte persepsie oor mnr. Terre’Blanche te skep, maar al wat hulle regkry is om mense kwater en kwater te maak,” het hy gesê.

“Eers was daar nuusberigte dat hierdie ‘n rassistiese moord was en toe was daar berigte dat dit ‘n loondispuut was en nou weer al dié aantygings van sodomie. Ons wil nou weet wat hier aangaan,” het Visagie gesê.

Mtethwa se woordvoerder Zweli Mnisi het gesê ‘n datum vir die vergadering met die AWB moet nog gevind word, maar dit sal moontlik in die komende weke gehou word.

 

‘Seksmisdaad’

Die Valke het bevestig dat hulle besig is om te ondersoek of Terre’Blanche se dood ‘n seksmisdaad is, maar die woordvoerder Musa Zondi het gesê ander moontlikhede, waaronder ‘n dispuut oor betaling, word ook ondersoek.

Volgens Zondi is klere wat deur die twee verdagtes, die 28-jarige Chris Mahlangu en ‘n vyftienjarige seun, wat nie by die naam genoem mag word nie, op die dag van die moord vir forensiese toetse weggestuur.

Zondi het ‘n berig ontken dat ‘n gebruikte kondoom gevind is in die vertrek waar Terre’Blanche se liggaam gekry is.

Die polisiewoordvoerder vir Noordwes Adele Myburgh, wat die eerste was wat die kondoombeweringe as onsin afgemaak het, is van die Terre’Blanche-saak onthef. Myburgh het ‘n baie sterk ontkenning oor die bewerings uitgereik.

раскрутка сайтаФильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae