‘n Groot media- en polisieteenwoordigheid word Woensdag by die Ventersdorp-landdroshof verwag waar twee plaaswerkers verskyn vir die moord op regse leier Eugene Terre’Blanche.
Lede van die van die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB), sedert 1973 gelei deur Terre’Blanche, word ook verwag.
“Daar is niks beplan, geen protes of iets nie,” sê AWB-woordvoerder Pieter Steyn.
“As mense opdaag, sal dit baie min wees. Ek self twyfel of ek moet gaan, want ek sal my petrolgeld mors,” het hy gesê.
By die eerste hofverskyning van die beskuldigde verlede Dinsdag het honderde boere, Ventersdorp se inwoners, die polisie en joernaliste byeengekom in die klein Noord-Wes dorpie.
Polisie het moes hulself inwig tussen ‘n groep swartes en blankes deur hulle te skei met lemmetjiesdraad toe ‘n skermutseling uitgebreek het. Boere is openlik by die geleentheid deur swartes uitgetart.
Musa Zondi, die Valke se woordvoerder het gesê die polisie-eenhede is “goed voorberei” vir Woensdag.
“Die polisie het die kapasiteit om skares te hanteer, veral rondom hoë-profiel sake, en hulle sal môre dienooreenkomstig ontplooi word om te verseker dat die hofprosedure nie versteur word nie.”
“Ons sal die veiligheid van almal wat opdaag verseker.”
Polisie van naburige Potchefstroom en Rustenburg sal ook gestuur word om te help.
Terre’Blanche, 69, is wreed vermoor op sy plaas buite Ventersdorp op 3 April.

Die borgtogverhoor van die twee beskuldigdes, van 15 en 28, sal na verwagting om 10 uur begin.
Die saak word in camera gehou word omdat een van die beweerde oortreders 15 jaar oud is. Verskeie media-groepe het begin met regsprosedures vir toegang tot die hofsaak wat tans internasionale aandag geniet.
Vertoeë wat die media toegang sal gee tot die hofverrigtinge, sal Woensdag gehoor word in dieselfde hof om 9 uur , vóór die moordsaak.
Die beskuldigdes staar aanklagte van moord, huisbraak en roof met verswarende omstandighede, crimen injuria en poging tot roof met verswarende omstandighede in die gesig.