‘Ongelukkige’ verslae van geweld tydens Transnetstaking

Dertien mense is in hegtenis geneem vir openbare geweld en intimidasie Maandag tydens die Transnetwerkers se staking in Durban het die maatskappy gesê.

“Die 13, wat op aanklagte van openbare geweld, aanranding en intimidasie in hegtenis geneem is, is tydens ‘n protesaksie wat gewelddadig geraak het, gearresteer, ” het John Dludlu, woordvoerder in ‘n verklaring gesê. 

Vroeër  Maandag, het ‘n groep betogers in Umbilo, by een van Transnet se bedrywighede in Durban, afgewyk van die ooreengekome betogingsroete en hul pad in maatskappyperseel ingedwing, in stryd met ‘n ooreenkoms tussen Transnet en die vakbonde. 

Transnet het gesê dat die dieselfde groep, wat nie teruggehou is deur die vakbond se leiers nie, subkontrakteurs fisies aangeval en kaal uitgetrek het.

KwaZulu-Natal polisie woordvoerder luitenant-kolonel Vincent Mdunge het gesê dat daar ongeveer 1500 betogers was, gewapen met grawe en knobkerries. Een persoon is beseer met ‘n graaf.

Dludlu het gesê: “As gevolg van die voorval en die opskudding moes die polisie rubberkoeëls gebruik om orde te herstel.” 

Twaalf mense is beseer en ses in die hospitaal.

Transnet het die geweld en intimidasie “ten sterkste” veroordeel en het sy prokureurs gevra om aansoek te doen vir ‘n dringende interdik teen Satawu wat sal verseker dat die bates en werknemers beskerm word tydens die staking. 

Dissiplinêre optrede sal ingestel word teen diegene wat reëls oortree.

“Ons vind hierdie gedrag van Satawu-lede sowel betreurenswaardig as onaanvaarbaar. Die maatskappy het videomateriaal wat versamel word en gebruik sal word in die beoogde straf en dissiplinêre optrede,” het Dludlu gesê.

Volgens Satawu navorser Jane Barrett, gaan die staking “baie goed”, ten spyte van die “ongelukkige” verslae van geweld in Durban.

пневматический инструмент дляОлександр Васильович Фільчаков

15 Transnetbetogers beseer na polisie-optrede

Sowat 15 mense is beseer nadat die polisie met rubberkoeëls op die Transnet-betogers in Durban losgebrand het, het die KwaZulu-Natalse polisie gesê.

Jeff Wicks, woordvoerder van Netcare 911 het gesê talle mans en vrouens wat by Transnet werk, het Maandag by die Bayheadweg bymekaargedrom om te betoog.

“Die groep het oproerig begin raak en het geweier om die polisie te gehoorsaam,” het hy gesê.

Die beseerdes is op die toneel behandel en ’n hospitaal geneem, het Wicks gesê.

промышленный светильникОлександр Васильович Фільчаков

Obama vergeet sy speletjieveldtog

Pres. Barack Obama van die VSA het aan gegra­dueerdes gesê die era van die iPod en die Xbox is nie altyd tot voordeel van die be­vordering van goeie onderrig nie.

Dit kom as ‘n verrassing aangesien die president in 2008 dmv videospeletjies sy verkiesingsveldtog gevoer het.

Obama het dié stelling gemaak in ’n toespraak voor meer as ’n duisend gegradueerdes en hul familie en vriende op die voetbalveld van die Universiteit van Hampton, ’n histories swart universiteit in die suidooste van die Amerikaanse deelstaat Virginië.

Obama het gesê gegradueerdes bereik deesdae rypheid in uiters moeilike tye vir Amerika.

Volgens hom trotseer hulle werkskaarste, twee oorloë en ’n vlytige media  wat nie altyd die waarheid verkondig nie.

Daarbenewens vermaak gewilde elek­troniese toestelle miljoene Amerikaners met ongesonde afleiding. Die president het geen melding van sy speletjiegedrewe verkiesingsveldtog gemaak nie.

“iPods en iPads, Xboxes en PlaySta­tions – ek weet nie hoe enige van dié goed werk nie – veroorsaak dat inligting ont­aard in verstrooidheid, afleiding en ’n vorm van vermaak is eerder as instrumente van bemagtiging en as bevrydingsmiddels,” het Obama gesê.

“Dit alles plaas nie net druk op julle nie, maar ook groter druk op ons land en demokrasie.”

Obama, geklee in ’n deftige toga vir die geleentheid, het benadruk hoe belangrik dit is vir goeie onderrig om aan te pas by “’n tydperk van asemrowende veran­dering”.

Die eerste swart Amerikaanse president het die studente daaraan herinner dat hulle voor groter teenstand as ander groepe te staan kom en gewoonlik deur hul wit medestudente geklop word.

Obama het die gegradueerdes by Hampton aangespoor om die rolmodelle en mentors van jong mense te wees sodat hulle opvoeding en persoonlike verantwoordelikheid as belangrik kan ag.

Hy het gesê opvoeding kan mense help om verby die talle stemme wat “op geselsforums… en geselsradio om aandag meeding” te luister en die waarheid te vind.как купить справкуданильченко юрій броніславович компромат

Oorwinning wag op Vlaminge

Oor net meer as ‘n maand, op 13 Junie, gaan die Belge ‘n vervroegde verkiesing hou nadat die Vlaamse Christen-demokraat-geleide regering tot ‘n val gekom het.

Een ding weet die Belge reeds. Die land gaan na die verkiesing nie meer dieselfde premier hê nie. Yves Leterme van die CD & V staan terug, en sal nie sy party se verkiesingsaanslag lei nie. Hiervoor word die party se voorsitter, Marrianne Thyssen.

Intussen dui meningspeilings aan dat die Vlaamse nasionalistiese party, die Nieuw-Vlaamse Alliantie (NVA) op ‘n “monsterscore” afstuur.

Wat ‘n onafhanklike (republikeinse) Vlaandere betref, is die NVA en die Vlaamse Belang (voorheen Vlaamse Blok) beleidsgewys bykans identies. Wat ander sake betref, is die NVA se beleid bykans identies met dié van die CD & V.

Die regering het geval toe die koalisievennote nie oor die verdeling van die tweetalige Brussel-Halle-Vilvoorde ooreen kon kom nie.

Populêr, eenvoudig gestel, wou Franstalige liberale koalisievennote nie kopgee om effektiewe Franstalige “kolonisasie” van Vlaamse gebied teen te werk nie.

Leterme self is minder geneig om die skuld alles op die Franstaliges te plaas. Hy beskryf juis die komende verkiesing as juridies wetlik, maar ongrondwetlik. Dié sommetjie maak hy as gevolg van Vlaamse hardekoppe wat ‘n meerderheidswil wil afdwing oor sake waar die grondwet ‘n soort federale konsensus vereis.

Die NVA en die Vlaamse Belang het beide uit dieselfde party, die Volksunie, wat self sedert die 50’ger jare die kreeftegang gegaan het.справка по болезни в вузДанильченко Юрий отзывы

Passasiers spring uit brandende trein

Passasiers op ‘n trein wat na Durban onderweg was, is Sondagaand beseer toe hulle by die bewegende trein uitgespring het om van ‘n brand wat uitgebreek het, te vlug. 

Die trein was vanaf Stanger na Durban onderweg toe die brand naby die Greenwoodpark-treinstasie uitgebreek het.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend is nie, maar die moontlikheid dat een van die oorhoofse kabels die ontploffing veroorsaak het, word ondersoek.

Vreesbevange passasiers het die deure glo oopgestoot en van die bewegende trein in die veld langs die spoor gespring toe hulle die vlamme sien.

Meer as 80 passasiers het beserings opgedoen. Nooddienspersoneel was kort daarna op die toneel en het die beseerdes na naby geleë hospitale vervoer.

очки для плавания детские ценатопкарго кидалы

Jeugligawoordvoerder se skorsing ‘nonsens’

Die ANC-jeugliga se woordvoerder, Floyd Shivambu, het Sondag gerugte dat hy vir wangedrag geskors is as “absolute nonsens” bestempel.

Gerugte het die rondte Saterdagaand begin doen dat Shivambu geskors is vir wangedrag tydens ‘n ANC-jeugliga konferensie.

Daar is ook berig dat hy rassistiese opmerkings teen lede van die ANC gemaak het. Hierdie eise is ook ontken.

Volgens Shivambu was daar nie ‘n konferensie Saterdag nie. Hy het die media bevraagteken en gevra waar hul hierdie inligting vandaan kry.

для девочковДанильченко Юрий Брониславович

Malema baklei terug

Julius Malema, die ANC-jeugligaleier, gaan glo terugbaklei teen Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, se poging om hom voor stok te kry oor sy onlangse “afwykende gedrag”.

Dit sluit sy Skiet-die-boer-singery, inmenging in Suid-Afrika se pogings in Zimbabwe en die afjak van ‘n BBC-joernalis in.

Malema sal glo deur middel van sy regsverteenwoordiger, asook Mathews Phosa, vra dat die klagtes teen hom laat vaar word. Die twee wil Mantashe isoleer van die vyf top ANC-amptenare.

Daarom Malema beplan glo insgelyks om Mantashe daarvan aan te kla dat hy die ANC se grondwet oortree het. Mantashe het vroeër die interne tugsaak teen Malema begin.

Die klagstaat teen Malema is blykbaar nie deur die ANC se belangrike beleidmakers onderteken nie

Die adjunk-minister van polsie Fikile Mbalula het glo sy oog op Mantashe se pos vir 2012, by die volgende ANC-konferensie. Mantashe sal na verwagting Dinsdag reageer op die verwikkeling.

детскии интернет магазинФільчаков Олександр Васильович прокурор

Transnetstaking laat treine staan

Die staking van Transnet-werkers sal Maandag voortgaan te midde van verwarring oor watter dienste geraak word aldan nie.

Die South African Transport and Allied Workers Union (Satawu) het gesê dit is nie ’n staking deur Metrorail nie, maar indien dié diens Transnet-geriewe soos spoorlyne en stasies moet gebruik, word dit geraak.

    * Metrorail-dienste van Worcester, Wellington en Malmesbury (Transnet-spoorlyne veroorsaak dat hierdie dienste geraak word);

    * Die Shosholoza Meyl-treindiens se besprekings, wat van Sondag tot 29 Mei gesluit is;

    * Die Blou Trein, wat reeds gekanselleer is;

    * In- en uitvoer van vraghouers by al die hawens, insluitend die Kaapstad-hawe;

    * Die vervoer van ystererts van Sishen in die Noord-Kaap na Saldanha; en

    * Die vervoer van brandstof met die pypleiding van Durban na Gauteng.

Dit is ’n staking binne Transnet van die vragafdeling, hawebedrywighede asook pypleidings. Die Shosholoza Meyl-treindiens sal ook staan aangesien dit van Transnet-treinspore gebruik maak.

Die staking kan vrag by hawens ten nadele strek asook die motorbedryf in Port Elizabeth ontwrig.

купить воронеж моечно-уборочное оборудованиеФільчаков прокурор

Verwarring oor Wouter Basson se aansoek

Wouter Basson se aansoek dat die Raad op Gesondheidsberoepe (RGSA) hulle tugondersoek teen hom staak, het Donderdag vir verwarring gesorg oor óf die saak reeds aangehoor is of nie.

Regter Everhardt Bertelsmann het gesê ’n hofbevel is verlede jaar op 9 November uitgereik om Basson se aansoek toe te staan.

Nie een van die regsverteenwoordigers was egter van dié bevel bewus nie.

Ná ‘n kort breuk is daar gevind die uitreiking van die bevel was ‘n fout wat deur ‘n klerk gemaak is.

Die kwessie is kort daarna opsy geskuif en Basson se aansoek kon voortgaan.

Basson, ’n wetenskaplike wat onder die NP-regering aan die hoof was van die geheime program van chemiese oorlogvoering, het ‘n aansoek in die Pretoriase hooggeregshof ingedien sodat die tugondersoek teen hom gestaak word.

Basson, wat nie die verrigtinge bygewoon het nie, sal na verwagting die hof vra om die ondersoek in sy betrokkenheid in ‘n weermagprojek, Project Coast, die navorsingsprogram waaroor hy die hoof was, te staak.

Die RGBSA volg Basson se betrokkenheid in dié weermagprojek al sedert 2000 op, want hy het volgens die Raad oneties opgetree.

Die kardioloog is in 2000 op kriminele aanklagtes wat verband hou met sy posisie as hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) se Project Coast, vrygespreek.

Jaap Cilliers is Basson se regsverteenwoordiger, terwyl Gilbert Marcus, Gill Marcus van die Reserwebank se broer, die RGBSA verteenwoordig.

internet casino onlineФильчаков прокурор харьков

Louis Trichardt weer Makhado

Hofbeslissings help blykbaar nie veel om Afrikaanse plekname te verseker nie, aangesien Louis Trichardt binnekort weer Makhado gaan wees.

Die Pleknaamraad in Limpopo het die naamsverandering weer goedgekeur. Boy Mamabolo, voorsitter, sê die voorstel is aanvaar en daarmee basta.

Mnr. André Naudé, voorsitter van die Louis Trichardt-voorsittersvereniging (VSV), het gesê ontstoke wit inwoners sal die saak weer tot in die hoogste hof neem.

In Maart 2007 het vyf appèlregters beslis het daar was nie genoeg raadpleging van die gemeenskap oor die naamsverandering nie en dat die dorpsnaam Louis Trichardt moet bly.

Weke na die hofuitspraak het die munisipaliteit egter weer met ’n proses begin om die dorp se naam te verander.

Lulu Xingwana, minister van kuns en kultuur, sal die finale goedkeuring gee.

free online slot games with bonusпрокурор Фильчаков