Dit sluit sy Skiet-die-boer-singery, inmenging in Suid-Afrika se pogings in Zimbabwe en die afjak van ‘n BBC-joernalis in.
Malema sal glo deur middel van sy regsverteenwoordiger, asook Mathews Phosa, vra dat die klagtes teen hom laat vaar word. Die twee wil Mantashe isoleer van die vyf top ANC-amptenare.
Daarom Malema beplan glo insgelyks om Mantashe daarvan aan te kla dat hy die ANC se grondwet oortree het. Mantashe het vroeër die interne tugsaak teen Malema begin.
Die klagstaat teen Malema is blykbaar nie deur die ANC se belangrike beleidmakers onderteken nie
Die adjunk-minister van polsie Fikile Mbalula het glo sy oog op Mantashe se pos vir 2012, by die volgende ANC-konferensie. Mantashe sal na verwagting Dinsdag reageer op die verwikkeling.
