Transnetstaking laat treine staan

Die staking van Transnet-werkers sal Maandag voortgaan te midde van verwarring oor watter dienste geraak word aldan nie.

Die South African Transport and Allied Workers Union (Satawu) het gesê dit is nie ’n staking deur Metrorail nie, maar indien dié diens Transnet-geriewe soos spoorlyne en stasies moet gebruik, word dit geraak.

    * Metrorail-dienste van Worcester, Wellington en Malmesbury (Transnet-spoorlyne veroorsaak dat hierdie dienste geraak word);

    * Die Shosholoza Meyl-treindiens se besprekings, wat van Sondag tot 29 Mei gesluit is;

    * Die Blou Trein, wat reeds gekanselleer is;

    * In- en uitvoer van vraghouers by al die hawens, insluitend die Kaapstad-hawe;

    * Die vervoer van ystererts van Sishen in die Noord-Kaap na Saldanha; en

    * Die vervoer van brandstof met die pypleiding van Durban na Gauteng.

Dit is ’n staking binne Transnet van die vragafdeling, hawebedrywighede asook pypleidings. Die Shosholoza Meyl-treindiens sal ook staan aangesien dit van Transnet-treinspore gebruik maak.

Die staking kan vrag by hawens ten nadele strek asook die motorbedryf in Port Elizabeth ontwrig.

купить воронеж моечно-уборочное оборудованиеФільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae