Die ANC-jeugliga se woordvoerder, Floyd Shivambu, het Sondag gerugte dat hy vir wangedrag geskors is as “absolute nonsens” bestempel.
Gerugte het die rondte Saterdagaand begin doen dat Shivambu geskors is vir wangedrag tydens ‘n ANC-jeugliga konferensie.
Daar is ook berig dat hy rassistiese opmerkings teen lede van die ANC gemaak het. Hierdie eise is ook ontken.
Volgens Shivambu was daar nie ‘n konferensie Saterdag nie. Hy het die media bevraagteken en gevra waar hul hierdie inligting vandaan kry.
