Passasiers spring uit brandende trein

Passasiers op ‘n trein wat na Durban onderweg was, is Sondagaand beseer toe hulle by die bewegende trein uitgespring het om van ‘n brand wat uitgebreek het, te vlug. 

Die trein was vanaf Stanger na Durban onderweg toe die brand naby die Greenwoodpark-treinstasie uitgebreek het.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend is nie, maar die moontlikheid dat een van die oorhoofse kabels die ontploffing veroorsaak het, word ondersoek.

Vreesbevange passasiers het die deure glo oopgestoot en van die bewegende trein in die veld langs die spoor gespring toe hulle die vlamme sien.

Meer as 80 passasiers het beserings opgedoen. Nooddienspersoneel was kort daarna op die toneel en het die beseerdes na naby geleë hospitale vervoer.

очки для плавания детские ценатопкарго кидалы

Maak 'n opvolg-bydrae