“Die 13, wat op aanklagte van openbare geweld, aanranding en intimidasie in hegtenis geneem is, is tydens ‘n protesaksie wat gewelddadig geraak het, gearresteer, ” het John Dludlu, woordvoerder in ‘n verklaring gesê.
Vroeër Maandag, het ‘n groep betogers in Umbilo, by een van Transnet se bedrywighede in Durban, afgewyk van die ooreengekome betogingsroete en hul pad in maatskappyperseel ingedwing, in stryd met ‘n ooreenkoms tussen Transnet en die vakbonde.
Transnet het gesê dat die dieselfde groep, wat nie teruggehou is deur die vakbond se leiers nie, subkontrakteurs fisies aangeval en kaal uitgetrek het.
KwaZulu-Natal polisie woordvoerder luitenant-kolonel Vincent Mdunge het gesê dat daar ongeveer 1500 betogers was, gewapen met grawe en knobkerries. Een persoon is beseer met ‘n graaf.
Dludlu het gesê: “As gevolg van die voorval en die opskudding moes die polisie rubberkoeëls gebruik om orde te herstel.”
Twaalf mense is beseer en ses in die hospitaal.
Dissiplinêre optrede sal ingestel word teen diegene wat reëls oortree.
“Ons vind hierdie gedrag van Satawu-lede sowel betreurenswaardig as onaanvaarbaar. Die maatskappy het videomateriaal wat versamel word en gebruik sal word in die beoogde straf en dissiplinêre optrede,” het Dludlu gesê.
Volgens Satawu navorser Jane Barrett, gaan die staking “baie goed”, ten spyte van die “ongelukkige” verslae van geweld in Durban.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.