Verwarring oor Wouter Basson se aansoek

Wouter Basson se aansoek dat die Raad op Gesondheidsberoepe (RGSA) hulle tugondersoek teen hom staak, het Donderdag vir verwarring gesorg oor óf die saak reeds aangehoor is of nie.

Regter Everhardt Bertelsmann het gesê ’n hofbevel is verlede jaar op 9 November uitgereik om Basson se aansoek toe te staan.

Nie een van die regsverteenwoordigers was egter van dié bevel bewus nie.

Ná ‘n kort breuk is daar gevind die uitreiking van die bevel was ‘n fout wat deur ‘n klerk gemaak is.

Die kwessie is kort daarna opsy geskuif en Basson se aansoek kon voortgaan.

Basson, ’n wetenskaplike wat onder die NP-regering aan die hoof was van die geheime program van chemiese oorlogvoering, het ‘n aansoek in die Pretoriase hooggeregshof ingedien sodat die tugondersoek teen hom gestaak word.

Basson, wat nie die verrigtinge bygewoon het nie, sal na verwagting die hof vra om die ondersoek in sy betrokkenheid in ‘n weermagprojek, Project Coast, die navorsingsprogram waaroor hy die hoof was, te staak.

Die RGBSA volg Basson se betrokkenheid in dié weermagprojek al sedert 2000 op, want hy het volgens die Raad oneties opgetree.

Die kardioloog is in 2000 op kriminele aanklagtes wat verband hou met sy posisie as hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) se Project Coast, vrygespreek.

Jaap Cilliers is Basson se regsverteenwoordiger, terwyl Gilbert Marcus, Gill Marcus van die Reserwebank se broer, die RGBSA verteenwoordig.

internet casino onlineФильчаков прокурор харьков

Maak 'n opvolg-bydrae