Twee polisielede vas nadat wapens voete kry

‘n Polisieman en ‘n klerk is in hegtenis geneem nadat hulle glo ‘n aandeel in die verdwyning van sowat 98 vuurwapens by die Nanda-polisiestasie in KwaZulu-Natal gehad het, het die polisie Dinsdag gesê. 

“Die adjudant-offisier en die klerk is Maandagaand in Nanda in hegtenis geneem,” het brig. Phindile Radebe, polisiewoordvoerder, gesê.

Die polisie het ondersoek ingestel nadat hulle inligting ontvang het dat die twee verdagtes vermoedelik betrokke was by die verdwyning van die vuurwapens.

Verskeie ander verdagtes sal na verwagting ook in hegtenis geneem word.

Die twee verdagtes sal Woensdag in die Verulam-landdroshof verskyn.

болезни десен лечение народными средствамиданильченко юрій Харків

‘Polisie’ kaap skoolbus

Twee mans wat ‘n skoolbussie gekaap het deur hulself voor te doen as polisiebeamptes is in Atteridgeville vasdgetrek, het die polisie Dinsdag gesê. 

Die mans het glo in ‘n Volkswagen Golf rondgery wat soos ‘n polisievoertuig gelyk het, toe hulle Maandag die skoolbussie in Akasia voorgekeer het. 

Volgens ao. Daniel Mavimbela, polisiewoordvoerder, het die bestuurder reeds die skoolkinders afgelaai toe die mans hom gestop het. 

Die polisie het die voertuig in Atteridgeville opgespoor. Twee verdagtes, onderskeidelik 22 en 40 jaar oud, is in hegtenis geneem.

Die polisie hoop om binnekort nog verdagtes vas te trek.

flower bridal headbandАлександр Фильчаков прокурор

SANW pak ‘uhuru’ uit

Die woord “uhuru” versier tans ’n koppie reg langs die N8-hoofroete buite Bloemfontein. Die slagspreuk is met klippe wat wit geverf is deur swart soldate, uitgepak.

Uhuru beteken vryheid in Swahili, en word algemeen gebruik om swart vryheid van wit oorheersing te beskryf. Dit is ontleen aan die guerillastryd wat die Mau-Mau in Kenia in vanaf 1952 teen wit koloniste gevoer het.

Wit boere en Britse regeringskantore is destyds deurlopend deur die Mau-Mau aangeval. Ten spyte van die Britte se pogings om selfs swart bendes op te lei om teen die Mau-Mau op te tree en nagenoeg ‘n miljoen simpatiseerders in kampe aan te hou, het Kenia nietemin in 1963 onafhanklik geword.

Soldate van 14SA Infanteriebataljon van Umtata het Vrydag die klippe teen die koppie uitgepak en is met weermagvoertuie en verf aangery vir die doel. 

Die eenheid gaan binnekort in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) ontplooi word as vredesoldate.

Boere en verbygangers in die omgewing van De Brug is ontstoke oor die woord wat teen die skuinste pryk en sê in die lig van toenemende plaasaanvalle en misdadigheid, is die woord ‘n uiters ongelukkige anti-wit gebaar deur die Suid-Afrikaanse weermag.  

ігри для дєвачєкФильчаков Харьков

SA se lugruim geen geheim

Volgens Siphiwe Dlamini, hoofwoordvoerder van die departement van verdediging, is ene Nkululeko Hlatisi, tans in polisie-aanhouding nadat hy homself ses maande lank as ‘n sersant voorgedoen het in die Suid-Afrikaanse lugmag, berig Beeld.

Hy was onder ’n alias in diens van die lugmag. Hy het in sy hoedanigheid as sersant vryelik toegang tot die opera­sionele sentrum gehad, waar alle reisplanne van die staatshoof, sy gades en personeel en hooggeplaaste buitelanders hanteer word.

Dit is nie bekend wie aan hom ’n toegangspermit uitgereik het nie. Hlatisi het onder die naam sers. Xolane Zwane gewerk.

Dlamini het gesê ’n interne ondersoek is tans aan die gang om vas te stel hoe Hlatisi aan sy pos gekom het.

Intussen is ook uit ander bronne verneem dat veiligheidsmaatreëls by militêre lughawens veel te wense oorlaat.

‘n Span buitelanders het onlangs ‘n nagtelike besoek aan só ‘n lughawe gebring, hulself van toerusting bedien en selfs van die militêre toerusting aangeskakel.

Hulle het die lughawe weer verlaat sonder dat hulle teenwoordigheid glo opgemerk is.

no depositлобановский обыск

Peres ontken dat Israel kernkoppe aan SA wou verkoop

President Shimon Peres van Israel het Maandag ten sterkste ontken dat sy land ooit atoomkoppe aan Suid-Afrika se apartheidsregering wou verkoop het.

Die ontkenning volg op ‘n berig Maandag in die Britse koerant Guardian wat beweer Peres wou persoonlik drie kernplofkoppe aan oudpres. P.W. Botha beskikbaar maak in 1975.

Peres was toe Israel se minister van verdediging.

Guardian se berig was gebaseer op die notas van ‘n reeks hoogs geheime vergaderings tussen die twee lande.

Indien die dokumente eg is, sal dit die eerste werklike bewys wees dat Israel wel oor kernwapens beskik.

“Daar bestaan geen Israeliese dokumentasie of handtekeninge wat bewys dat sulke onderhandelinge ooit plaasgevind het nie,” het ‘n skerp bewoorde verklaring deur Peres se kantoor gelui.

паркет купить ценаtopcargo

Pik sê kernstorie is onwaarskynlik

Dit is hoogs onwaarskynlik dat die Israeliese regering formeel aangebied het om kernwapens aan Suid-Afrika te verkoop in die apartheidsjare, het voormalige Suid-Afrikaanse minister van buitelandse sake Pik Botha Maandag gesê.

“Ek betwyfel dit sterk,” het hy gesê. “Ek twyfel of so ‘n aanbod ooit gemaak is. Ek dink ek sou geweet het.”

Hy het op ‘n verslag gereageer deur die Britse Guardian-koerant Maandag.

Botha het gesê hy was destyds ambassadeur in die Verenigde State en die Verenigde Nasies, sodat hy nie betrokke kon gewees het by so ‘n vergadering nie. 

Maar as minister van buitelandse sake vanaf April 1977, en aan die einde van sy termyn, as onderhandelaar met die Verenigde State oor die ondertekening van die kernsperverdrag, was hy bekend “met wat aan die gang was.”  

“Ek was baie nou bande met ons Raad op Atoomkrag en latere Korporasie gehad. Ek sou geweet het,” het hy gesê.

Hy het Peres en ander senior Israeliese leiers ook geken.

Dit is natuurlik moontlik dat ‘n aanbod gemaak is op’ n lae vlak, tussen amptenare.

Maar vir dit om enige betekenis te hê, moes dit gerig gewees het aan die Suid-Afrikaanse ministers wat die land se eie wapenproduksie hanteer het.

“As ‘n ernstige aanbod van’ n regering na ‘n ander, my antwoord is nee. Beslis nie,” het Botha gesê.

Agence France Presse het vroeër berig dat die bewering in Die Guardian ‘n sterk bewoorde gevra reaksie van Peres se kantoor ontlok het.

“Daar bestaan geen basis in die werklikheid vir die beweringe deur The Guardian dat Israel in 1975 onderhandel het met Suid-Afrika oor die uitruil van kernwapens nie,” het hy gesê

“The Guardian het die stuk geskryf op grond van ‘n “selektiewe interpretasie van die Suid-Afrikaanse dokumente en nie met harde feite nie,” het hy bygevoeg.

Daar word wyd gespekuleer dat Israel die enigste kernmoondheid in die Midde-Ooste is, met sowat 200 koppe, maar het tot dusver ‘n beleid van doelbewuste dubbelsinnigheid gehandhaaf.

In September 1979, het Israel en Suid-Afrika na bewering ‘n geheime kerntoets in die suidelike Indiese Oseaan uitgevoer.

Dit het aan die lig gekom in ‘n ander dokument wat vrygestel is in Washington in 2006 op versoek van die sentrum by die Universiteit van Georgetown.

Die dokument, wat vir die Wit Huis voorberei is, het gesê Israel en Suid-Afrika het saamgewerk op militêre aangeleenthede, insluitende kernnavorsing.

Suid-Afrika het later sy kernwapenprogram onder VN-toesig afgebou.

брекеты инвизилайналександр лобановский харьков класс

Australië sit Israelse diplomaat uit

Die Australiese regering het voet dwars gesit en ‘n Israeliese diplomaat uit die land gesit, volgens wat die BBC berig.

Die stap volg nadat Israel se regering vals Australiese paspoorte aan geheime agente verskaf het wat met die sluipmoord in Januarie op ‘n Hamas-leier in Dubai verbind word. 

Australië se minister van buitelandse sake, Stephen Smith, het Maandag aan die land se parlement gesê dit is “nie die optrede van ‘n vriend nie.”

Brittanje het in Maart ook ‘n Israeliese regeringsbeampte uit die land gesit. Israel het Australië se besluit ‘n teleurstelling genoem

‘n Regeringswoordvoerder Yigal Palmor sê die besluit was nie gepas in die lig van die “belang en kwaliteit van verhouding” tussen die twee lande nie.

Ten minste vier vervalsde Australiese paspoorte is in Januarie vir die sluipmoord gebruik. Die oorspronklike paspoorte behoort aan Australiërs wat in Israel woon.

slots play forлобановский депутат

Byna 80 vas vir openbare geweld

Inwoners van Ikgomotseng in Soutpan het Maandag paaie afgesper en bande aan die brandgesteek terwyl hulle daarop aangedring het om in ‘n ander munisipale-area ingesluit te word.

Volgens kapt. Harry Nagel, polisiewoordvoerder in Bloemfontein, is sowat 78 mense tydens die betoging in hegtenis geneem vir openbare geweld en omdat hulle aan ‘n onwettige byeenkoms deelgeneem het. 

“Die betoging het vroeg Maandagoggend begin maar was teen middagete onder beheer. Die polisie monitor die situasie,” het Nagel gesê.

Sommige van die inwoners wou glo nie deel wees van die Masilonyana-munisipaliteit (Brandfort) nie. Hulle wou eerder deel uitmaak van die Mangaung-munisipaliteit (Bloemfontein).

suckers slotФільчаков Олександр Васильович прокурор

Kaper kry kopskoot

‘n Bejaarde egpaar wat by hul huis wou inry, is onlangs deur drie gewapende swartes in ‘n wit Audi met vuurwapens gekonfronteer.

Ongelukkig vir die boosdoeners was hul seun op daardie tydstip tuis. Hy kon die hele toneel gadeslaan deur een van vensters en het blitsvinnig gereageer. Hy het met sy persoonlike vuurwapen op die rowers losgebrand. 

Die egpaar se seun, ‘n uitstekende skut, kon die eerste rower met ‘n dodelike kopskoot buite aksie stel. ‘n Tweede rower is gewond, en die derde rower is ook getref, maar kon daarin slaag om weg te kom.  Die seun het sy hele magasyn van 17 patrone op die motor leeggeskiet.

Die Audi het weggejaag, maar is kort daarna in ‘n parkeergarage gevind. Die gewonde kaper is daarna na die hospitaal geneem.  Die derde is steeds spoorloos.

Volgens die polisie het die egpaar, wat naamloos wil bly, se seun ‘n motorkapingsbende kortgevat wat die omgewing reeds ‘n maand lank terroriseer.

knights gameФильчаков прокуратура харьков

Chaos heers by ANC-Jeugliga se kongres

Chaos het by die Universiteit van KwaZulu-Natal se Howard-kollege uitgebreek toe die uitslag van die ANC-jeugliga se kongres Maandagoggend bekend gemaak is.

Sommige afgevaardigdes het uit die saal gestap en gekla oor knoeiery tydens die verkiesing.

Gedurende die verkiesingsproses is afgevaardigdes in twee groepe verdeel. Een van die groepe is deur Bheki Mtolo gelei. 

Mtolo is ‘n getroue ondersteuner van Julius Malema en het teen Wandile Mkhize gestaan vir die posisie van sekretaris.

Die Mtolo-faksie het al vyf die top-posisies ingepalm met ‘n voorsprong van slegs enkele punte. Die afgevaardigdes wat uitgestap het, meen dat sommige kandidate opsetlik gediskwalifiseer is om dit makliker te maak vir die Mtolo-faksie om te wen.

Dit sal nou bykans onmoontlik wees om met die kongres voort te gaan, aangesien sowat 20 addisionele lede steeds verkies moet word.

Leiers van die ANCYL het Maandagoggend hulle hande vol gehad om almal gelukkig te hou en die afgevaardigdes terug in die saal te kry.

loveФільчаков прокурор