Australië sit Israelse diplomaat uit

Die Australiese regering het voet dwars gesit en ‘n Israeliese diplomaat uit die land gesit, volgens wat die BBC berig.

Die stap volg nadat Israel se regering vals Australiese paspoorte aan geheime agente verskaf het wat met die sluipmoord in Januarie op ‘n Hamas-leier in Dubai verbind word. 

Australië se minister van buitelandse sake, Stephen Smith, het Maandag aan die land se parlement gesê dit is “nie die optrede van ‘n vriend nie.”

Brittanje het in Maart ook ‘n Israeliese regeringsbeampte uit die land gesit. Israel het Australië se besluit ‘n teleurstelling genoem

‘n Regeringswoordvoerder Yigal Palmor sê die besluit was nie gepas in die lig van die “belang en kwaliteit van verhouding” tussen die twee lande nie.

Ten minste vier vervalsde Australiese paspoorte is in Januarie vir die sluipmoord gebruik. Die oorspronklike paspoorte behoort aan Australiërs wat in Israel woon.

slots play forлобановский депутат

Maak 'n opvolg-bydrae