Byna 80 vas vir openbare geweld

Inwoners van Ikgomotseng in Soutpan het Maandag paaie afgesper en bande aan die brandgesteek terwyl hulle daarop aangedring het om in ‘n ander munisipale-area ingesluit te word.

Volgens kapt. Harry Nagel, polisiewoordvoerder in Bloemfontein, is sowat 78 mense tydens die betoging in hegtenis geneem vir openbare geweld en omdat hulle aan ‘n onwettige byeenkoms deelgeneem het. 

“Die betoging het vroeg Maandagoggend begin maar was teen middagete onder beheer. Die polisie monitor die situasie,” het Nagel gesê.

Sommige van die inwoners wou glo nie deel wees van die Masilonyana-munisipaliteit (Brandfort) nie. Hulle wou eerder deel uitmaak van die Mangaung-munisipaliteit (Bloemfontein).

suckers slotФільчаков Олександр Васильович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae