SA se lugruim geen geheim

Volgens Siphiwe Dlamini, hoofwoordvoerder van die departement van verdediging, is ene Nkululeko Hlatisi, tans in polisie-aanhouding nadat hy homself ses maande lank as ‘n sersant voorgedoen het in die Suid-Afrikaanse lugmag, berig Beeld.

Hy was onder ’n alias in diens van die lugmag. Hy het in sy hoedanigheid as sersant vryelik toegang tot die opera­sionele sentrum gehad, waar alle reisplanne van die staatshoof, sy gades en personeel en hooggeplaaste buitelanders hanteer word.

Dit is nie bekend wie aan hom ’n toegangspermit uitgereik het nie. Hlatisi het onder die naam sers. Xolane Zwane gewerk.

Dlamini het gesê ’n interne ondersoek is tans aan die gang om vas te stel hoe Hlatisi aan sy pos gekom het.

Intussen is ook uit ander bronne verneem dat veiligheidsmaatreëls by militêre lughawens veel te wense oorlaat.

‘n Span buitelanders het onlangs ‘n nagtelike besoek aan só ‘n lughawe gebring, hulself van toerusting bedien en selfs van die militêre toerusting aangeskakel.

Hulle het die lughawe weer verlaat sonder dat hulle teenwoordigheid glo opgemerk is.

no depositлобановский обыск

Maak 'n opvolg-bydrae