Peres ontken dat Israel kernkoppe aan SA wou verkoop

President Shimon Peres van Israel het Maandag ten sterkste ontken dat sy land ooit atoomkoppe aan Suid-Afrika se apartheidsregering wou verkoop het.

Die ontkenning volg op ‘n berig Maandag in die Britse koerant Guardian wat beweer Peres wou persoonlik drie kernplofkoppe aan oudpres. P.W. Botha beskikbaar maak in 1975.

Peres was toe Israel se minister van verdediging.

Guardian se berig was gebaseer op die notas van ‘n reeks hoogs geheime vergaderings tussen die twee lande.

Indien die dokumente eg is, sal dit die eerste werklike bewys wees dat Israel wel oor kernwapens beskik.

“Daar bestaan geen Israeliese dokumentasie of handtekeninge wat bewys dat sulke onderhandelinge ooit plaasgevind het nie,” het ‘n skerp bewoorde verklaring deur Peres se kantoor gelui.

паркет купить ценаtopcargo

Maak 'n opvolg-bydrae