Vierde boer naby Clarens aangeval

Die Volksblad berig dat die vierde boer sedert Julie in die Clarens-omgewing aangeval is.

Mnr. Eddie Cressy (65) is deur vier swartes, vermoedelik van Lesotho, op sy plaas Beginsel op Erfenisdag oorval.

‘n Woordvoerder vir die polisie Majang Mosupa het gesê een van die swartes het ‘n saag teen Cressy se keel gedruk terwyl ‘n ander die loop van ‘n .22-geweer in sy mond gedruk het.

Blykbaar wou die rowers geld gehad het. Omdat Cressy nie enige geld by hom gehad het nie, het die rowers hom geskop en geslaan alvorens hulle in ‘n minibus-taxi weggery het.

Na bewering het die aanvallers die grens na Lesotho oorgesteek.

Die enigste vermiste item is ‘n kamera.

no deposit casinoФильчаков прокурор харьков

Clive Derby-Lewis word in die tronk mishandel

Clive Derby-LewisClive Derby-Lewis kan nog steeds nie uit die hospitaal ontslaan word nie, ongeag die verbete stryd deur ses dokters om sy gesondheid te verbeter.

Volgens sy prokureur, mnr. Marius Coertze, is Derby-Lewis op Maandag 20 September in die hospitaal opgeneem as gevolg van ‘n akute toestand van gangreen in sy regteronderbeen.

Hy is Dinsdag 21 September daarvoor geopereer en dooie weefsel van 8cm x 6cm (omtrent se groot soos ‘n man se vuis) is uit sy been verwyder.  Hy is daarna met binne-aarse antibiotika behandel om die gangreen te probeer stop.  Die wond is oopgelaat om te dreineer en die wonddekkings word gereeld gewissel in ‘n poging om die wond steriel te hou.

Die been is tans nog geswel en die kursus antibiotika is voltooi.  Die swelling dui daarop dat die stryd teen die gangreen nog nie gewen is nie.  Mnr Derby-Lewis is op ‘n tweede en sterker kursus antibiotika geplaas om die gangreen te keer.

Hy is egter in ‘n erge verwaarloosde en mishandelde toestand uit die gevangenis opgeneem en dit is nog nie seker of sy been gered kan word nie.  As die gangreen nie vinnig verbeter nie, sal sy regteronderbeen afgesit moet word om verspreiding van die gangreen na die res van sy liggaam te voorkom.

Hoë bloeddruk

In die kliniese ondersoek van mnr Clive Derby-Lewis by sy eerste opname in die hospitaal, het dit geblyk dat sy bloeddruk lewensgevaarlik hoog is (172/140).  Die medici het begin om medikasie te verskaf om sy bloeddruk onder beheer te bring.  Volgens Coertze, is “sy bloeddruk tans onder beheer, maar sal heel waarskynlik weer onstabiel raak, sodra hy terugkeer tronk toe en die goeie mediese behandeling wat hy tans ontvang, ontbeer”.

Kanker

By opname het die dokters ‘n verspreide velkanker aan Clive se regtervoorkop bemerk.  Die kanker strek van die haarlyn by sy regterslaap tot by die oogbank en dek ongeveer ‘n area van 5cm X 5cm.  Volgens die sjirurg, dokter Durand, se medeling aan Clive, neem velkanker ‘n geruime tyd om so groot te word en dui dit daarop dat dit reeds oor ‘n lang periode (twee jaar of langer) presenteer het.  Die kanker is so diep dat dit spontaan bloei.  Biopsies van die velkanker het bevestig dat dit wel aggressiewe velkanker is wat dringend behandel moet word.

Verdere bloedtoetse wat op mnr Derby-Lewis gedoen is, dui daarop dat hy waarskynlik ook prostaatkanker kan hê.  ‘n Uroloog se dienste gaan betrek word om hierdie diagnose te bevestig.

Behandeling

Dr. Durand het Clive meegedeel dat sy toestand die gevolg is van growwe nalatigheid en mishandeling van Clive.  Hy is van mening dat enige mediese praktisyn sonder moeite die diagnose van verskeie siekte-toestande waaraan Clive ly, kon maak.

Marius Coertze, Clive se prokureur, sê dat “Korrektiewe Dienste duidelik bewus was van sy kroniese en akute mediese toestand, maar dit waarskynlik  verwyg en verwaarloos het, in die hoop dat Clive aan sogenaamde ‘natuurlike oorsake’ sal sterf. Korrektiewe Dienste se klandestiene en onmenslike verwaarlosing van Clive sou dan maklik onder die mat ingevee kon word.”

Mishandeling

Die departement van Korrektiewe Dienste se skokkende mishandeling van Clive, ‘n 74-jarige bejaarde man, duur steeds voort, selfs binne-in die hospitaal, volgens mnr Marius Coertze. Tydens die operasie van sy been, het Clive se twee bewaarders daarop aangedring om rondom die operasietafel te staan in die teater, terwyl die operasie uitgevoer word. Dit het die werk van die dokters belemmer en was ‘n oorlas.

Eers nadat Marius Coertze, Clive se prokuereur,  gedreig het om die bewaarders vir minagting van die hof te laat vervolg, het hulle ingestem om buite die deur van die teater te wag en deur die venster die operasie dop te hou.  Die span dokters het erg beswaar gemaak oor hierdie insident in die teater.  Dit belemmer die dokters se werk en veroorsaak ‘n risiko van infeksie en die verspreiding van kieme in die teater.  As ‘n reël word geen persone wat nie deel van die teaterspan vorm in die teater toegelaat nie.

Die tronkbewaarders het mnr Derby-Lewis aan sy hospitaalbed vasgeketting. Hy kan glad nie opstaan en rondbeweeg nie. Dit is noodsaaklik dat ‘n pasiënt post-operatief voldoende beweging kry om bloedklonte te vermy.  Bloedklonte wat nou ontstaan, kan trombose in die been of hart of embolisme in die long veroorsaak.  Ten einde hierdie trauma  en selfs dood te voorkom, word hy nou behandel met bloedverdunnende middels. Dit is die gevolg van Korrektiewe Dienste se houding om ‘n 74-jarige bejaarde man aan sy hospitaalbed vas te ketting.

Dokters is geskok dat die tronkpersoneel onbeskaamd en openlik, terwyl mnr Derby-Lewis onder mediese behandeling is, poog om sy gesondheid te benadeel deur die dokters te verhinder om hom te behandel en in stryd met die medici se opdragte op te tree.  Een bewaarder wou selfs vir dokter Durand verhinder om Clive op die oggend van 24 September te ondersoek omdat hy sê hy ken nie die dokter nie en weet nie of hy in die kamer toegelaat mag word nie.

Volgens Marius Coertze is die nuutste voorval van Korrektiewe Dienste se onmenslike houding teenoor Clive Derby-Lewis dat mev Gaye Deby-Lewis nie toegelaat word om hom te besoek nie. Sy is slegs een besoek aan mnr Deby-Lewis vergun.  Sy het hom gister besoek.  Sy word gedwing om telkens meer as ‘n uur te wag vir ‘n skriftelike toestemming om hom te besoek.  So ‘n skriftelike toestemming is slegs vir een besoek van 45 minute geldig.  Dan moet sy die volgende dag weer na die tronk toe gaan vir ‘n nuwe toestemming.  Die Pretoria-Sentraalgevangenis se administrasie is gesluit vir die lang naweek, met die gevolg dat niemand hom gedurende die naweek sou kon besoek nie.

Die tronk het ook aan hom vorms verskaf om te teken.  Hy sê dit kom daarop neer dat hy persoonlik vir die bewaarders wat hom oppas se vergoeding moet betaal.  Mnr Coertze kon hom nie  adviseer oor die regsimplikasies van die vorm nie, aangesien hy toegang tot mnr Derby-Lewis geweier word.

запчасти насосЛобановский Харьков

Sasco se dreigende beheer by UP

“Dit is kommerwekkend dat SASCO vir die eerste keer by die Universiteit van Pretoria ’n meerderheid setels in die Studenteparlement het. Die hoeveelheid setels wat ’n organisasie in die Studenteparlement het, bepaal wie in beheer is en nie die hoeveelheid stemme wat ’n organisasie gekry het nie,” het Wouter Wessels, VF Plus Jeugwoordvoerder gesê.

Tydens die afgelope Studenteparlementsverkiesing aan die Universiteit van Pretoria (UP) het SASCO (ANC) in totaal 22 setels gewen, die VF+TAS 14, AfriForum 17, die DA 5 en Cope 2. Die VF+TAS het vir 13 jaar opeenvolgend hierdie verkiesing gewen en studente se belange verteenwoordig.

Wessels het bygevoeg dat dit ’n tragedie is dat SASCO effektief die meerheid setels gekry het as gevolg van die feit dat AfriForum, wat vir die eerste keer deelgeneem het, en ander organisasies die setels verdeel het.

Die Studenteraad by die UP word volgens ’n ingewikkelde proses saamgestel. Tydens die afgelope verkiesing is daar vir kandidate in setels per fakulteit gestem asook vir organisasies.  Die organisasies het proporsioneel setels verkry wat te same met die ander setels (kandidate) die Studenteparlement vorm. Die Studenteparlement verkies dan die Studenteraad.  Die hoeveelheid setels in die Studenteparlement is dus deurslaggewend in hierdie verkiesingstelsel.

SASCO het by ander instellings soos die Universiteit van die Vrystaat bewys dat hul slegs ’n sekere deel van die studentebevolking se belange verteenwoordig en dat hul Studenterade se effektiwiteit belemmer.

“Dit is van kardinale belang dat Afrikaans aan tersiêre instellings beskerm moet word. Die enigste manier om dit na die Studenteraadsverkiesing by die UP te verseker, is wanneer organisasies wat dieselfde belange verteenwoordig, soos VF+Tas en Afriforum, saamwerk. Daarom sal die VF Plus so ’n koalisie steun om sodoende studente teen SASCO se diskriminasie te beskerm,” het Wessels gesê.

play 21 forлобановский александр дети

Statebondspele verder in chaos gedompel

Die statebondspele in Indië is in verdere chaos gedompel nadat die dak van die gewigoptel-arena ineengestort het, berig Sky News.

Nadat twee Taiwanse toeriste vroeër buite ‘n moskee in Delhi geskiet is, het vrees vir die atlete se veiligheid begin oplaai.

Ongeveer 30 mense is beseer toe ‘n voetbrug buite die Jawaharlal Nehru-stadion, waar die openingseremonie sal plaasvind, Dinsdag inmekaargeval het.

Skotland se atlete sal nie na Indië reis nie omdat atlete vir hul veiligheid vrees.

Wallis sal teen Donderdagaand laat weet of hulle die Spele ondersteun.

Mike Fennel, hoof van die Statebondspele, het aangekondig dat hy oppad is na Nieu-Delhi vir ‘n noodvergadering om die krisis te bespreek

Baie geboue is nog nie klaar nie, twee strukture het nou reeds ineengestort en die atleetdorp is steeds skokkend vuil en verwaarloos.

Die Suid-Afrikaanse Olimpiese liggaam, Saskok, het intussen die hulp van die Nasionale Intelligensie-agentskap (NIA) ingeroep om die veiligheid van Suid-Afrikaanse atlete tydens aanstaande maand se Statebondspele in Nieu-Delhi te verseker.

Patience Shikwambana, die chef de mission van die Suid-Afrikaanse span, het gister gesê die span sal steeds Sondag na Indië reis.

Die Spele begin op 3 Oktober.

The Times of India berig dat slegs 18 van die 34 woonstelblokke in die atlete-dorp voltooi is.

Die hoof van die Statebondspele-federasie, Mike Hooper, het die atlete-dorp op ‘n nuuskonferensie as “vuil” en “onbewoonbaar” beskryf.

Meer as 7 000 atlete en beamptes word vir die Spele verwag.

сауны подАлександр Фильчаков прокурор

Solidariteit stel ultimatum aan Absa

Die Solidariteit Beweging, wat Solidariteit, AfriForum, Helpende Hand en verskeie ander instellings insluit, het vandag in ʼn ope brief aan ABSA ʼn ultimatum gestel dat die vakbond sy rekeninge by die bank gaan sluit en sy lede gaan aanmoedig om dieselfde te doen indien Absa nie om verskoning vra en onderneem om nie weer op politieke vlak by sport in te meng nie.

Dit volg op ʼn SMS wat deur AfriForum bekend gemaak is waarin Absa se adjunk uitvoerende hoof, Louis von Zeuner, by Oregan Hoskins van die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (SARU) kla oor die min swart spelers in die Cheetah-, Lions- en Bulls- rugbyspanne. Die SMS het rugbaar geraak nadat Absa in ʼn vergadering met AfriForum asook in die media ontken het dat hulle druk plaas op Saru oor rasseteikens.

Volgens die ope brief aan die uitvoerende hoof van Absa, Maria Ramos, het sowat 65%, oftewel 100 000, van die lede van die Solidariteit Beweging Absa-rekeninge, met ʼn jaarlikse omset van R18 miljard wat deur Absa vloei. Dit sluit huisverbande en ander rekeninge uit. Benewens die Solidariteit-lede is daar derduisende ondersteuners wat ook aangemoedig sal word om hulle rekeninge te sluit. AfriForum het reeds meer as 30 000 reaksies gekry vandat hy sy veldtog teen Absa afgeskop het.

“Ons is bitter teleurgesteld oor die wanvoorstellings wat aan ons tydens ʼn gesprek met Absa gemaak is. Ons het vandag tydens ʼn vergadering van die uitvoerende komitee van die Solidariteit Beweging besluit om die veldtog wat deur AfriForum begin is, te eskaleer na die volle Solidariteit Beweging en sy ondersteuners. Benewens die sluit van rekeninge sal ons verskeie ander aksies teen Absa loods,” volgens Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit.

“Die reaksie teen Absa is ongekend en die bank behoort behoorlik selfondersoek te doen oor hoekom sy tradisionele magsbasis so aggressief teen hom draai. Die rugbyvoorval is waarskynlik net die uitlaatklep van onderliggende frustrasies teen Absa. Ons het verskeie briewe van mense ontvang waarin hulle oor die gebrek aan Afrikaans in Absa kla,” voeg Buys by.

Solidariteit se uitvoerende hoof, Flip Buys, sê in die skrywe aan Ramos oor die beplande sluit van rekeninge dat “aangesien dit ʼn drastiese stap is, bied ons eers aan Absa die geleentheid om die saak reg te stel deur:

* In die openbaar om verskoning te vra vir die SMS waarin Absa aandring dat die rassesamestelling van Curriebekerspanne moet verander;
* Skriftelik te onderneem dat Absa voortaan nie op politieke vlak sal inmeng in die rassesamestelling van rugby- of ander sportspanne nie; en
* ʼn Proses van oorlegpleging met die Solidariteit Beweging te onderneem, sodat ander knelpunte, soos die posisie van Afrikaans in Absa, bespreek kan word.”

Die Solidariteit Beweging wag nou op ʼn reaksie van ABSA.

купить лего звездные войныАлександр Фильчаков прокурор

SA se renosterstropery grusaam in Nederland aan die kaak gestel

Die afgryslike omvang van renosterstropery in Suid-Afrika het nou ‘n ellelange artikel in die Nederlandse koerant, Trouw, opgelewer.

Volgens die artikel byt daar nou elke 32 uur ‘n renoster in Suid-Afrika in die stof. By die artikel is ‘n grusame foto geplaas van ‘n renoster wat doodgeskiet is, en waarvan die neushoring in die kas afgesaag is.

Die artikel vertel in detail hoe sindikate selfs met helikopters toeslaan. Die artikel is klaarblyklik geskryf voor die jongste deurbrake om ‘n vermeende sindikaat aan die pen te laat ry.

Volgens Trouw kan ‘n “neushoorn” tot 100 000 Euro’s in die ooste haal.

Die volledige artikel kan gelees word by:

http://www.trouw.nl/groen/nieuws/article3217549.ece/Neushoorns_slachtoffer_van_triades.html

игрушки my little ponyФильчаков прокурор харькова

Behou Nelspruit se naam!

Die Vryheidsfront Plus ondersteun die landwye veldtog om die naam van Mbombela terug na Nelspruit te laat verander.

Adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor Finansies, het in ‘n verklaring gesê dat die party die Besigheidskamer van Nelspruit se protesaksie om Nelspruit se naam terug te laat verander van Mbombela af na Nelspruit, steun. Volgens mediaberigte het 23 000 mense reeds aangedui dat hulle hierdie aksie ondersteun.

“Die party beskou naamsverandering in ‘n ernstige lig en sal voortgaan met sy gesprekke met die ANC-regering om ‘n werkbare oplossing te vind vir naamsveranderinge,” het adv. Alberts gesê.

“Die regering faal in alle opsigte om dienste te lewer en skram weg van die werklike nood op plaaslike vlak. Naamsveranderinge dien as politieke oplossings vir swak dienslewering, maar is tot niemand se voordeel nie. Daarbenewens het hierdie verandering van Nelspruit se naam na die van Mbombela op ‘n onreëlmatige manier geskied,” was adv. Alberts se mening.

Plaaslike besighede moet ook uitermatige groot finansiële kostes aangaan om die naamsverandering in hul besighede se bemarking- en ander materiaal aan te bring. Hierdie uitgawes is onnodig aangesien die naamsverandering slegs deur politieke oorwegings meegebring is.

рейтинг большой теннислобановский депутат

Absa moet begin eerlik raak

ABSA verwar tans rugby-ondersteuners en ABSA-kliënte met hulle verwarrende uitsprake oor rassekwotas in rugby. ‘n Bank se taak is eerder om te help met die ontwikkeling van opkomende sportmanne as om te probeer voorskryf hoe sportspanne gekies moet word.

Mnr. Louis von Zeuner van ABSA het vandag tydens ‘n onderhoud op RSG nie ontken dat hy ‘n sms aan mnr. Oregan Hoskin, president van SARU, gestuur het waarin hy vrae vra oor die min swart spelers in Curriebeker-spanne nie. Dit blyk dus dat mnr. Von Zeuner, namens ABSA, rugby-ondersteuners mislei het toe hy dit gestel het dat ABSA nie ten gunste van kwotas in rugby is nie. In plaas van meriete het die hoofborg van rugby in Suid-Afrika nou op subtiele en indirekte manier aangedring op ras as kriteria vir plasing in ‘n rugbyspan.

Die VF Plus was gister (20 September 2010) in gesprek met mnr. Von Zeuner en ABSA oor hierdie saak en beplan om dit met ‘n verdere gesprek op te volg. In hierdie verdere gesprekke sal die VF Plus duidelikheid oor ABSA se standpunt wil kry. Tydens die gesprek sal die VF Plus terselfdertyd ook graag wil weet wat die bydra van ABSA is ten opsigte van die bevordering van wit jongmense wat deur regstellende aksie geraak word asook wat die bank doen vir die bekamping van armoede – veral ook onder wit mense.

Die VF Plus is ten gunste van die ontwikkeling van spelers sodat hulle op gelyke voet en op meriete op die hoogste vlak kan meeding. Kwotas en spelers wat nie op meriete vir Curriebeker- en Springbokspanne gekies word nie is egter onaanvaarbaar. Die aandeelhouers en kliënte van ABSA behoort die bestuur te konfronteer oor hierdie standpunte. Dit is onaanvaarbaar dat ‘n maatskappy soos ABSA na sestien jaar steeds vasgevang is in polities-korrekte denkrigtings wat meriete in sport misken.

Die VF Plus glo dat ABSA eerlik moet wees met die ondersteuners van rugby oor die bank se standpunte ten opsigte van kleurkwotas in rugby. Dan kan kliënte en ondersteuners self besluit wat hulle houding teenoor die bank moet wees.

линейный светильникАлександр Фильчаков прокурор

Swart leering skop witte bewusteloos

Die Volksblad berig dat ‘n graadnegeleerling van die Orionskool in Welkom deur ‘n swart medeleerling bewusteloos geskop is terwyl hy op die grond lê. ‘n Klag van aanranding is by die polisie gelê. Die slagoffer is Norman Fourie (16)wat glo deur die 18-jarige swarte gevloek is, alvorens ‘n bakleiery uitgebreek het.

‘n Medeleerling het die video-opname (hierbo) met sy selfoon gemaak. Norman het harsingskudding opgedoen en kon agterna nie onthou dat sy pa vier jaar gelede dood is nie. Volgens sy ma, mev. Elsie Fourie, “kan hy niks van die aanranding onthou nie. Sy pa is al vier jaar dood, maar hy kan dit nie onthou nie. Hy het Maandag, nadat hy ná die aanranding sy bewussyn herwin het, gehuil en sy pa gesoek.”

Mev. Fourie het ook die skoolpersoneel kwalik geneem omdat hulle niks gedoen het om haar seun te help nie. Sy sê: “Volgens ooggetuies het die skoolhoof, mnr. Hennie Burger, gesien wat gebeur, maar het dit nie gekeer nie. Volgens die ooggetuies het die ander seun, wat in gr. 8 is maar glo reeds 18 jaar oud is, my seun aanhou vloek. Norman het hom gevra om op te hou, waarna die aanranding plaasgevind het.” Ooggetuies beweer ook dat daar ‘n mes of ander skerp voorwerp betrokke was en Norman het ‘n sny en krapmerke aan sy rug, nek en elmboë.

Op die video kan gesien word hoe die swart leerlinge die aanrander aanpor om Norman verder te skop en te slaan. Norman is uiteindelik deur maats in sy bewustelose toestand van die toneel weggesleep.

интернет магазинданильченко юрий брониславович прокурор

Geen werksetiek lei tot munisipale verval

“Die gebrek aan werksetiek en die blatante ignorering van statutêre voorskrifte deur munisipale amptenare is die grootste enkele rede vir die onaanvaarbare toestand waarin munisipaliteite in die Vrystaat hulle tans bevind,” het Abrie Oosthuizen, LPW en Vrystaatse leier van die Vryheidsfront Plus gesê.

“Die Ouditeur-generaal se algemene verslag oor die uitkoms van die ouditering van munisipaliteite en munisipale entiteite in die Vrystaat, wat nou in die Vrystaatse Wetgewer ter tafel gelê is, toon aan dat geen munisipaliteit of entiteit in die Vrystaat ‘n skoon oudit verslag kon kry nie. Dit is ‘n klad op die Vrystaat se naam,” volgens Oosthuizen.

Die toestand van 16 van die 23 munisipaliteite in die Vrystaat waaroor verslag gedoen is, was so swak dat die Ouditeur-generaal nie in staat was om ‘n ouditmening te gee nie. Dit beteken dat 70% van die munisipaliteite in die Vrystaat in hierdie totaal onaanvaarbare toestand verkeer. Oor twee munisipaliteite is uiters ongunstige ouditmenings uitgespreek en was hulle net gelukkig om nie ook ‘n weerhouding van mening op die hals te haal nie. ‘n Verdere twee munisipaliteite het ‘n gekwalifiseerde ouditmening gekry en twee ander munisipaliteite het ‘n finansiële ongekwalifiseerde verslag gekry, maar die Ouditeur-generaal moes ander sake in die verslag uitlig en kwalifiseer.

Die tendens wat van die grootste oorsake vir die swak oudit uitkoms is, substansiële verliese (R47 miljoen), ongemagtigde uitgawes (R742 miljoen), vrugtelose en verspilde kostes (R57 miljoen), onreëlmatige uitgawes (R665 miljoen) en die beskikbaarheid van stawende dokumente. Dit maak die toestand nog meer onaanvaarbaar en sorgwekkend. Alhoewel nie een munisipaliteit onder spandeer het nie, is ‘n bedrag van R453 miljoen, wat as oordragbetalings aan ses munisipaliteite betaal is vir behuising-, water- en elektrisiteitsvoorsiening en gemeenskapfasiliteite nie spandeer nie.

In 96% van die gevalle het munisipaliteite nie die bepalings van die Munisipale Finansiële Bestuurswet nagekom nie. In 91% van die gevalle is die bepalings van die Munisipale Strukture Wet en in 55% van die gevalle die voorsiening regulasies nie nagekom nie.

Van die 23 munisipaliteite wat ontleed is, het 21 (91%) van konsultante gebruik gemaak om hulle finansiële bestuur te hanteer. In slegs 3 (14%) van hierdie munisipaliteite was daar ‘n geringe verbetering in die oudit-uitkoms.

By meeste munisipaliteite word voorraad- en batebeheer uiters gebrekkig toegepas, daaglikse rekonsiliasies tussen kontant en kwitansies vind nie plaas nie, maandelikse bankrekonsiliasies word nie gedoen nie en liassering van stawende dokumente is nie ‘n prioriteit nie.

Terwyl munisipale bestuurders en senior amptenare by munisipaliteite astronomiese salarisse verdien, is die finansiële bestuur by bykans elke munisipaliteit in die Vrystaat in ‘n chaotiese toestand. Die Vryheidsfront Plus wys reeds ‘n geruime tyd daarop dat die haglike finansiële bestuur by munisipaliteite die direkte oorsaak vir swak dienslewering is.

“Die haglike toestande waarin munisipaliteite in die Vrystaat gedompel is, het ‘n punt bereik waar dit aan kriminaliteit grens, aangesien dit neerkom op diefstal van die belasting- en dienste-betalers se geld,” het Oosthuizen gesê.

осушитель воздуха ценалобановский александр игоревич класс