Gemengde reaksie op begroting

Die Automobiel Assosiasie het die aankondiging in die begrotingsrede verwelkom dat miljarde rand bewillig is vir instandhouding van paaie en openbare vervoer. ‘n Woordvoerder, Gary Ronald sê R1,5 miljard sal aan die provinsies gaan vir padinstandhouding en ‘n verdere R2,5 miljard sal aan munisipaliteite gegee word vir openbare vervoerstelsels en infrastruktuur. Hy sê egter hy is teleurgesteld dat die voorgestelde toltariewe in Gauteng nie in die begrotingsrede genoem is nie.

Die minister van Finansies – Pravin Gordhan – het ook nuwe maatreëls aangekondig om bedrog met regeringstenders uit te skakel. Hy het in sy begrotingsrede gesê dat meer as 50 ondersoeke tot gevolg gehad het dat 65 mense in hegtenis geneem is. Hy sê die Inkomstediens is besig om toe te slaan op belasting en doeane-oortredings. Dit sluit ‘n nuwe metode in waarop sigarette gemerk word, terwyl onwettige klere en tekstiel-invoere ook vasgevat word.

Vroeë aanduidings is dat finansiële markte Suid-Afrika  nie van staatskuld ontslae gaan raak nie, ná Gordhan ‘n groter as verwagte begrotingstekort voorspel het. Gordhan beraam ‘n begrotingstekort van 5,5% van die bruto binnelandse produk. Vóór die begrotingsrede het ekonome verwag dat die minister ‘n tekort van sowat 4,5% sal voorspel. Ekonome sê die markte is nie paniekerig nie weens die aanvaarbare vlakke van Suid-Afrika se skuld.

In reaksie op die begrotingsrede sê ‘n ekonoom van Investec, Brian Kantor Suid-Afrika moet op die private sektor steun om werk te skep. Hy sê die uitdagings wat die land in die gesig staar is dat die arbeidsmark te voorskriftelik in sy eise is. Kantor sê soveel soos Gordhan se toespraak op werkskepping gefokus het, sou dit verkieslik wees as daar aangedui is in watter sektore geleenthede geskep gaan word.

Bells on Fireлобановский александр компромат

Krokodille vreet eienaar op

‘n Man is deur krokodille opgevreet toe hy by ‘n Rustenburgse krokodilplaas in ‘n dam geval het, het die polisie in Noordwes Woensdagaand bekend gemaak.

“Die eienaar van die krokodilplaas was glo besig om ‘n waterpyp reg te maak toe hy in die dam geval het,” het lt. kol. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, gesê.

“Die slagoffer se werknemers was naby en het probeer om die krokodille met vleis weg te lok, maar dit was te laat,” het Mokgwabone bygevoeg.

Volgens Mokgwabone is dit nie duidelik hoeveel krokodille in die dam was toe die voorval gebeur het nie.

ресивер для компрессора этоЛобановский Харьков

Verkeerde demokrasie

Die VSA mag dalk net nie die soort demokrasie in die wêreld kry waarvoor hulle gewens het nie. Selfs op die tuisfront in die deelstaat Wisconsin is daar populistiese roeringe. Wisconsin is waar vakbonde die diepste ingegrawe is, maar dit lyk asof die Republikeine die taai unie-greep gaan loswikkel.

Populistiese winde van onrus wat oor die Midde-Ooste waai, kan egter Amerikaanse militêre afhanklikheid van Arabiese regimes knou. Die voorkeurtoegang tot vliegvelde en hawens van Kaïro tot Katar lyk skielik nie meer so vanselfsprekend nie.

Die VSA se dominante rol in die streek hang af van ‘n komplekse netwerk van ooreenkomste met vriendelike Arabiese lande wat toelaat dat Amerikaanse magte olieskeepsroetes in die Golf patrolleer, Islamitiese militantes in bedwang hou en ‘n wakende oog oor Iran verseker.

Ongeveer 27 000 Amerikaanse troepe is ontplooi op ‘n verskeidenheid van basisse en plekke in die Golf, tesame met ‘n gebiedsmag van 50 000 man in Irak en duisende meer aan boord van skepe, volgens ‘n Amerikaanse militêre amptenaar wat anoniem wil bly.

Groot vliegvelde in Katar en die Verenigde Arabiese Emirate, ‘n groot basis in Koeweit en die VSA-vloot se vyfdevloothoofkwartier in Bahrein, dien as belangrike punte om enige optrede van Iran binne ‘n kort tydjie met swaar Amerikaanse vuurkrag te kan neutraliseer.

In Bahrein is ongeveer 4 000 Amerikaners gestasioneer as deel van die Amerikaanse vloot se vyfdevloothoofkwartier.

Met ‘n vloot van vliegdekskepe, torpedojaers en amfibiese skepe tot sy beskikking, hou die vyfde vloot toesig oor ‘n gebied wat strek van die Rooi See, tot aan die Golf en die Arabiese See.

Die Pentagon het verlede week die bedreiging van die onrus in Bahrein en elders onderspeel, en meen die geweld het nie die vloothoofkwartier of ander basisse ontwrig nie.

Voormalige amptenare sê die vloot kan die bevelspos elders heen skuif as dit daarop aankom.

Geen enkele basis of ooreenkoms verteenwoordig ‘n achilleshiel op sy eie nie, maar as ‘n geheel is die netwerk ‘n belangrike spil vir Amerikaanse militêre mag, sê Dawid Aäron, ‘n voormalige diplomaat en ‘n senior navorser by die invloedryke Rand Corporation.

Op die spel hier is ‘n vermoë om Amerikaanse bondgenote te verseker hulle sal teen Iran beskerm word. Amerikaanse vlootskepe geniet byvoorbeeld topprioriteit in die Suezkanaal. Om sulke spesiale regte te verloor, sal die koste en tyd dramaties verhoog vir Amerikaanse troepe en sal hulle dus inboet aan militêre mobiliteit.

In 2003 het die Amerikaanse magte hulle teenwoordigheid in Saoedi-Arabië – te midde van die Irakinval – heelwat afgeskaal en lugbedrywighede na Katar en Oman verskuif.

Sommige basisse is steeds geheim, insluitende Al Dhafra in die Verenigde Arabiese Emirate, wat die Pentagon nie amptelik erken nie. Dit word  vir geheime sendings in Irak en Afghanistan gebruik.

запчасти насосЛобановский

Veiligheidsmagte gryp in om Zuma te beskerm

President Jacob Zuma is Dinsdag in die Ivoorkus deur ontstoke jeugdiges, ondersteuners van presidentskandidaat Alassane Ouattara, oorval.

Meer as twee dosyn pro-Ouattara jeugdiges het op Jacob Zuma se motor toegesak en Suid-Afrikaanse veiligheidsmagte moes ingryp om die president te beskerm. “Zuma, Zuma, vertel die waarheid,” het die jeugdiges geskree.

Zuma word gesien as ‘n ondersteuner van die ongewilde president Laurent Gbagbo wat die verkiesing teen Ouattara verloor het en nogtans weier om uit te tree as leier van dié Wes-Afrika-land.

Zuma is deel van ‘n raadgewende paneel wat lande soos Tsjad, Mauritanië en Tanzanië insluit. Ouattara word in dieselfde hotel waar die paneel vergader, deur Verenigde Nasies-troepe opgepas ‘n dag ná die vergadering met sy teenstander Gbagbo.

Gbagbo weier om af te stap ten spyte van VN-gesertifiseerde uitslae wat toon dat hy op 28 November die verkiesing prysgegee het. Intussen steur Gbagbo homself nie aan Westerse sanksies en internasionale isolasie wat die ekonomie vernietig nie. Hy het reeds die weermag aangewend om opstande te onderdruk.

Die Afrika-Unie erken amptelik Ouattara se oorwinning, maar is verdeel tussen die lande teen Gbagbo, veral in Wes-Afrika, en lande soos Suid-Afrika, wat Gbagbo ondersteun.

Sowat 300 mense is dood sedert die verkiesing en die onrus het kakaopryse tot die hoogste vlak in meer as drie dekades gedryf. Die Ivoorkus is die wêreld se grootste kakaoprodusent.

Burkina Faso se president Blaise Compaore, wat ook op die paneel dien saam met Zuma, het weggebly as gevolg van dreigemente teen hom.

Die kommersiële hoofstad Abidjan was meestal kalm Dinsdag, nadat inwoners groot ontploffings oornag gerapporteer het.

Geweervuur is later in die pro-Ouattara-voorstad van Abobo gehoor. Minstens ses mense wat probeer het om te protesteer teen Gbagbo is Maandag vermoor deur die veiligheidsmagte, het getuies gesê.

скульптурыАлександр Фильчаков

Oorwinning vir die padgebruiker

“Die Vryheidsfront Plus is tevrede met die aankondiging dat die tolhekstelsel tydelik opgeskort is totdat die tariewe-kwessie opgelos is. Hierdie stap is ‘n reuse oorwinning vir die padverbruiker asook vir die alreeds oorbelaste belastingbetaler,” het adv. Anton Alberts-parlementêre woordvoerder oor Vervoer vir die Vryheidsfront Plus gesê.

Dit blyk dat die besluit geneem is na ‘n ontmoeting tussen die Gautengse premier, Nomvula Mokonyane en die minister van vervoer, Sbu Ndebele.

“Die ANC is oneerlik en handhaaf dubbele standaarde. Die ANC-in-regering het presies geweet van die beplande tolheksisteem en kan nie nou kla dat die tariewe te hoog is nie. Die ANC se teenkanting teen die toltariewe het slegs gekom na hewige publieke protes teen die tariewe, daarom is die weerstand wat die premier van Gauteng, Nomvula Mokonyane, teen die tariewe bied bloot ‘n reaksie na aanleiding van die geweldige druk wat op haar regering toegepas word. Die druk moet nou verhoog word ten einde te sorg dat die uiteindelike tariewe by die VF Plus se voorgestelde 5c per kilometer uitkom,” het hy bygevoeg.

“Die VF Plus se aanlynpetisie teen die tolhektariewe het reeds 110 000 handtekeninge. Net twee weke gelede was die petisie op 50 000. Die tempo waarteen die petisie groei, is ”n aanduiding van die publiek se sterk teenkanting teen die regering se eensydige optrede met die tolhekstelsel,” is die mening van adv. Alberts.

Die VF Plus moedig steeds mense aan om die petisie te teken, want hoe meer steun ons kry hoe meer druk kan ons op die regering plaas ten einde te sorg dat die uiteindelike tarief billik is. Die VF Plus ondersoek tans ook moontlike regsaksie teen die regering om die hele tolhekstelsel onwettig te verklaar.

детский велосипедДанильченко Юрий прокурор

Wys Bheki en Gwen die deur

“Die Polisie kommissaris, genl. Bheki Cele en die minister van Openbare Werke, me. Gwen Mahlangu-Nkabinde, moet dadelik afgedank word. Dit is duidelik uit die verslag van die Openbare Beskermer dat die tenderprosedures nie korrek gevolg is nie, dat verskeie wetgewing oortree is en dat daar nie ‘n noodsaaklikheid bestaan vir die huur van die Sanlam Middestad-gebou vir R500 miljoen oor tien jaar nie.

Dit wil voorkom asof Cele in die voetspore van sy voorganger, Jackie Selebi, wil volg,” sê mnr. Pieter Groenewald wat die klag by die Openbare Beskermer ingedien het en hoofwoordvoerder van Polisie vir die Vryheidsfront Plus.

“As pres. Zuma ernstig is oor sy uitlatings dat korrupsie uitgeroei sal word, moet hy beide die kommissaris en minister afdank, want hy stel beide aan. Indien hy dit nie doen nie maak hy ‘n klug van skoon administrasie en bevorder korrupsie.

Veral die optrede van die minister van Openbare Werke om voort te gaan met die sluit van die huurkontrak, ten spyte van ‘n interne komitee en senior advokaat se advies om nie voort te gaan nie, skep die indruk van korrupsie.

Meer vrae ontstaan nou oor die afdanking van die vorige minister, Geoff Doidge, wat die proses gestop het in afwagting van die verslag van die Openbare Beskermer.

Die Vryheidsfront Plus sal na behoorlike bestudering van die verslag besluit of strafregtelike klagtes ingedien sal word,” sê Groenewald.

africaЛобановский Харьков

Aardbewing skud NZ

Talle sterftes word in Nieu-Seeland gevrees nadat ‘n aardbewing wat 6.3 op die Richterskaal geregistreer het, Christchurch getref het.

Geboue het ineengestort en voertuie is onder puin begrawe nadat die aardbewing Dinsdag die stad geskud het.

Berigte oor slagoffers en skade is nog skraps. Volgens die polisie is daar verskeie ongevalle. Premier John Key sê detail oor die sterftes kan nog nie bevestig word nie.

Verskeie geboue is erg beskadig en talle mense is vasgekeer.

Ooggetuies sê die aardbewing het Christchurch se ikoniese katedraal verwoes.

деревянные бани проектыДанильченко Харьков

ANC wil ‘Skiet-die-boer’ behoue sien

Die ANC sal aansoek om verlof doen sodat die party kan toetree tot die haatspraaksaak teen die president van die ANC-Jeugliga, Julius Malema.

Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het Maandag gesê dié aansoek sal Dinsdag in die Hooggeregshof in Johannesburg aangehoor word.

“Ja, ons tree tussenbeide, omdat liedere van bevryding nie ‘n Malema-kwessie is nie,” het Mantashe gesê.

“Die liedere is die hart van waarvoor ons [die ANC]gestaan het en waarvoor ons baklei het. Dit sal wees om ons erfenis te onteer. Ons kan nie maak of dit ‘n Malema-kwessie is nie – die liedere is ouer as hy.”

Afriforum het Maandag gesê hulle is verras deur die ANC se besluit om aansoek te doen om verlof om tussenbeide te tree.

“Dit is skokkend dat die ANC dieselfde week waarin hoëprofiel-plaasmoorde wyd woede ontlok het, kies om hul stukke ter ondersteuning van dié haat-liedjie in te dien,” het die organisasie se prokureur, Willie Spies, in ‘n verklaring gesê.

Volgens Spies het Mantashe in sy beëdigde verklaring aangevoer die omstrede liedjie “Dubula iBhunu” (Skiet die boer) is ‘n “ANC-lied” wat deel uitmaak van die “geskiedenis van die bevryding van Suid-Afrika van Apartheid”.

Mense is gefrustreerd met die ANC-regering se onvermoë om gewelddadige misdaad, en veral plaasmoorde, aan te spreek, het Spies gesê.

Die ANC het hierop geantwoord met ‘n pleit om “haat-liedjies” uit die struggle-era as deel van hul erfenis en eiendom te beskerm.

“Met haat-liedjies as ‘erfenis’ is dit geen verrassing dat die ANC se enigste nalatenskap anargie, wanadministrasie, korrupsie en geweld is nie,” het Spies gesê.

Die saak hou verband met Malema se herhaaldelike gebruik van die term “Skiet die boer”.

тамбов пеногенераторы,Фильчаков прокуратура харьков

ANC teen tolhekke in Gauteng

Die ANC in Gauteng wil die kontroversiële tolhekstelsel wat vir dié provinsie beoog word, met partyleiers op nasionale vlak bespreek.

Voorsitter van die ANC in Gauteng, David Makhura, sê die party is teen die “onredelike hoë kostes” van die voorgestelde fooie gekant.

Die tolhekstelsel, wat Sanral in Junie wil loods, sal 42 elektroniese tolhekke op die N1, N3, N12, N17, R21, en R24 hê.

Makhura meen talle mense sal nie meer Gauteng besoek nie omdat daar alreeds nie ‘n bekostigbare vervoerstelsel is nie en die tolhekke dit nog duurder gaan maak.

Hy sê alhoewel die provinsiale regering ingelig is oor die besluit om die tender aan ‘n Oostenrykse maatskappy toe te staan, is nie die provinsie, die ANC of die provinsiale wetgewer geraadpleeg nie.

Hy sê die 66c/km wat die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap beoog om te vra is “onredelik hoog”.

 

интерьерФильчаков прокурор харьков