Barcelona: Paneelwa maai vakansiegangers af, polisie stuit tweede aanval

Die Islamitiese Staat het verantwoordelikheid aanvaar vir die aanval in Barcelona waartydens 13 mense gedood is en ‘n honderd voetgangers beseer is toe ‘n wit paneelwa in ‘n skare niksvermoedende vakansiegangers ingery het.

Van die 100 of meer wat beseer is, ten minste 20 nasionaliteite getref. Frankryk se ministerie van buitelandse sake het gesê dat 26 van sy burgers tussen die beseerdes verkeer, en Spanje se El Pais-dagblad het berig dat drie van die dooies Duitse burgers was.

Joaquim Forn, Katalonië se polisiehoof, het gewaarsku: “Ongelukkig gaan die aantal sterftes waarskynlik styg.” ‘n Driejarige kind is ook tussen die slagoffers en 15 mense verkeer in ‘n ernstige toestand, berig El Pais.

Dit is die agste terreuraanval binne drie jaar in Europa waartydens ‘n voertuig as wapen gebruik word, en volg na die Nice-aanval in Julie 2016 wat 86 gedood het, die aanval in Berlyn oor Kersfees waartydens 12 mense omgekom  en 56 beseer is, asook ‘n vragmotor wat in die skare op die Westminster- en Londenbrûe ingeploeg het en onderskeidelik vier en agt mense doodgemaak het. In Stockholm is ‘n vragmotor gekaap om burgerlikes mee dood te ry, ‘n voorval waartydens vyf mense gesterf het en 14 ernstig beseer is.

Grusame videomateriaal vertoon lyke wat verstrooi lê oor Las Ramblas, ‘n gewilde straat vir toeriste. Die polisie soek steeds na die bestuurder van die voertuig. Hulle het ‘n foto vrygestel van Driss Oukabir, ‘n Morokkaan wat na bewering die paneelwa gehuur het wat in die aanval gebruik is.

‘n Skamele agt uur ná die djihadistiese aanval in Barcelona het die polisie vyf verdagtes doodgeskiet wat gepoog het om ‘n soortgelyke voertuigaanval in die kusdorpie Cambrils, 120 kilometer suid van Barcelona, te loods.

Die Spaanse polisie sê die terreuraanvalle in Barcelona en Cambrils kan verbind word nadat ‘n motor in voetgangers in Cambrils ingeploeg het. Die Katalaanse polisie het vroeg Vrydag ‘n klopjag in Cambrils uitgevoer waarin vier verdagtes gedood is, terwyl die vyfde wat beseer en in hegtenis geneem is, in aanhouding dood is. Burgerlike beskermingsinstansies het berig dat ses burgerlikes en een polisiebeampte tydens die operasie gewond is.

Die polisie het aanvanklik gesê dat een terroris nog op vrye voet mag verkeer, en dat die aanvallers moontlik selfmoordgordels dra, maar die vyfde aanvaller is insgelyks gedood, is later berig.

“Die beweerde terroriste was in ‘n Audi A3 en het blykbaar verskeie mense omgery voordat hulle ‘n polisiepatrollie teëgekom het en ‘n skietgeveg gevolg het,” sê ‘n woordvoerder vir die streeksregering van Katalonië. Een van die verdagtes het ‘n mes probeer gebruik.

Twee ontploffings Woensdagnag in die dorp Alcanar Platja, suid van Barcelona, word ook met die aanval verbind. Ten minste een persoon is dood en meer as 16 is beseer in wat aanvanklik ‘n “gasontploffing” genoem is, maar polisiebronne sê dat plofstof by die huis in voorbereiding was, volgens El Periodio, ‘n oggendblad in Barcelona, Katalonië.

Die persoon wat in Woensdag se dodelike ontploffing in die huis gedood is, is na wat berig word insgelyks ‘n Marokkaan. Butaangassilinders is in die omgewing van die huis gevind, berig die Spaanse media.

Die Katalaanse polisiehoof van die Mossos d’Esquadra [die polisiemag van Katalonië wat Spanje se Policia Nacional en Guardia Civil binne die outonome gebied van Katalonië vervang het], Josep Lluís Trapero het bevestig dat die ontploffing met die terreuraanvalle verband hou. Die kragtige ontploffing het nie net die gebou wat op Calla Martineca B. geleë is platgevee nie, maar het ook ‘n verdere ses omliggende eiendomme beskadig.

Volgens plaaslike bronne is die ineengestorte huis deur twee Marokkaanse broers bewoon, maar uit die oorskot wat gevind is, kon daar drie mense in die huis gewees het, het Mossos gesê.

‘n Man is doodgeskiet nadat hy twee polisiemanne later die aand by ‘n kontrolepunt aan die buitewyke van Barcelone omgery het, maar die Spaanse polisie kon nie bevestig of die skietery met die terreuraanvalle verband gehou het nie.

Spanje het nog nie sedert 2004 ‘n terreuraanval beleef nie, toe djihadiste bomme op voorstedelike treine in Madrid gestel het, waardeur 191 mense gedood en meer as 1 800 beseer is.

Volgens El Periodico het die CIA die Spaanse polisie twee maande gelede gewaarsku dat Las Ramblas ‘n potensiële teiken was. “Die CIA het reeds die Mossos d’Esquadra gewaarsku dat Barcelona ‘n terroristeteiken mag word… Hulle het die fokus op die Ramblas geplaas,” het El Periodio verklaar.

Verder, op sosiale netwerke, het ‘n Twitterrekening wat met die Islamitiese Staat verbind word net twee weke gelede, op 30 Julie, aangekondig dat ‘n aanval op Al Ándalus binnekort gaan plaasvind. “Ons gaan die kalifaat in Spanje toepas en ons gaan ons grond terugneem. Aanval binnekort op Al Andalus.”

Rekeninge op Twitter wat met die Islamitiese Staat verbind word, het die Barcelona-aanval geloof deur vorige verklarings en dreigemente teen Spane te publiseer, asook boodskappe soos “aan alle Spanjaarde, nou is dit tyd om te betaal vir alles wat julle regerings ons lande aangedoen het”.

In April 2015 het die Mossos binne die raamwerk van operasie Caronte ‘n terroriste-sel van Spaanse bekeerlinge tot Islam ontbloot en ontdek dat een van hul planne was om die handelsentrum van die Arenas, asook die sentrale polisiestasie aan te val.

Die VS-regering het in 2009 besluit om ‘n konsulaat in Barcelona te open as ‘n “spioenasiepunt waarin verskeie agentskappe deel met die opdrag om as ‘n antidjihadistiese inligtingsbasis in die westelike Middellandse See te dien,” meen El Periodico. Soos wat die toenmalige Amerikaanse ambassadeur in Spanje, Eduardo Aguirre, in ‘n verslag in 2007 wat deur Wikileaks bekendgemaak is, gesê het: “Die Spaanse en Amerikaanse owerhede het Katalonië geëien as die grootste Middellandse sentrum vir radikale Islamitiese bedrywighede.”

Die diplomaat het gesê: “Hoë wettige en onwettige immigrasie vanuit Noord-Afrika (Marokko, Tunisië, Algerië), asook vanuit Pakistan en Bangladesj maak van die streek ‘n magneet vir die rekrutering van terroriste.”

Die ondersoek na die aanval sal op die lewenstrajekte van die daders fokus, het die dagblad gesê en “die eerste ding om uit te vind, sal wees of dié individue as potensiële terroriste in Sirië gewerf is”.

Wêreldleiers het die aanval veroordeel. Die Russiese buitelandse diens het via Twitter gesê: “Ons dra ons innige simpatie aan die mense van Spanje oor, ons treur saam met u.” President Wladimir Poetin was een van die eerstes om Donderdag se aanval in Barcelona te veroordeel.

Hoekom het die polisie nie in Charlottesville ingegryp nie?

Die polisie en die Nasionale Wag het die deelnemers in Charlottesville, Virgina, met 2:1 oordonder by Unite the Right (UTR) opmars, maar hulle kon steeds nie die situasie beheer nie, met een persoon wat dood is en verskeie beseerdes.

Dit het gelyk asof die polisie die beheer oor die stad heeltemal verloor het. Die noodtoestand het beteken dat enige openbare byeenkoms de facto onwettig was, maar Antifa was steeds toegelaat om vryelik wapens te dra en mense aan te val. Dié chaos het uiteindelik direk gelei tot die voertuigvoorval wat ‘n vrou gedood het en meer as ‘n dosyn ander sleg beseer het.

“My gevolgtrekkings is dat die polisie dit wou hê,” het Pax Dickinson in die Daily Caller, 14 Augustus 2017, geskryf. “Dit is duidelik dat VSP (Virginia State Police) spesifieke bevele gehad het om ons uit die park in die suide te dryf, in die tande van gewelddadige gewapende Antifa-betogers,” het Dickinson gesê.

As deelnemer van die Unite The Right byeenkoms en geskeduleerde spreker, glo hy die Virginia-polisie het Saterdag ‘n gevaarlike situasie geskep, een wat heeltemal vermybaar was.

“Ons ken reeds die Demokrate, die media, die polisie, en die Universiteite wat verenig is teen ons. Hierdie poging om die regses se vrye spraak te beëindig en die regses vir al die geweld te blameer is beplan. Die linkses het hierdie taktiek voorheen tydens die Trump-veldtog gebruik. Linkses is uitstekend om professionele slagoffer te speel. Dit is hul gunsteling taktiek,” het Dickinson gesê.

Meervoudige ooggetuie-verslae dui daarop dat die polisie eintlik konfrontasies tussen UTR en Antifa afgedwing het deur die afsluiting van potensiële uitkomsroetes. Dit maak dit baie moeilik om te glo dat ‘n gewelddadige konfrontasie nie die doel was nie. Die goewerneur en burgemeester wou UTR se permit op een ​​of ander manier in die wiele ry.

Beide Oath Keeper en Grondwetbeskermer groepe het gesê die polisie het die Unite The Right groep doelbewus na die linkse betogers gedryf. Daar was geen buffersone tussen die groepe nie, ten spyte van die groot polisieteenwoordigheid. Die Nasionale Wag was al die oggend reeds op die toneel.

Die stad se voormalige top-polisiebeampte sowel as wetstoepassingsdeskundiges was baie krities oor die manier waarop die polisie in Charlottesville gereageer het. Hulle het gesê dat hulle nie die geweld behoorlik beheer het nie.

Die voormalige Charlottesville-polisielid Timothy Longo het gesê hy is “geskok” dat die polisie nie die straat geblokkeer het waar ‘n motor Saterdag in ‘n groep betogers geploeg het nie. Die 32-jarige Heather Heyer is dood en verskeie ander beseer.

Joseph Giacalone, ‘n professor by die John Jay Kollege van Kriminele Geregtigheid en ‘n voormalige polisiesersant van New York City, het gesê daar moes ‘n buffersone tussen die twee groepe geskep gewees het. Longo het gesê dat hy van die polisie verwag het om buffers te skep.

“As jy ‘n groep aan die een kant het en ‘n ander groep wat teen hulle protesteer, moet jy jouself in die middel van hulle sit,” het Giacalone verduidelik.

Die huidige Virginia-polisiehoof het gister aan Associated Press gesê hy voel “heeltemal spyt” oor geweld wat die naweek uitgebreek het toe Antifa met wit nasionaliste gebots het.

“Soos die wêreld gekyk het na pandemonium in Charlottesville… het beamptes op die kantlyn gestaan,” het AP gesê. “Ek het absoluut spyt,” het die hoof van Al Thomas op ‘n nuuskonferensie gesê. “Dit was ‘n tragiese, tragiese naweek.”

“Ons het gehoop vir ‘n vreedsame betoging,” het Thomas gesê. “Geleidelik het die skaregrootte toegeneem met aggressiwiteit en vyandigheid van die deelnemers teenoor mekaar.”

Maar ooggetuies het gesê Thomas se weergawe dat sy amptenare “dun gesprei” was en “vinnige aanpassings aan hul strategieë gemaak het” is pure nonsens.

Konserwatiewe groepe het kalm geloop, maar hulle is doelbewus in klein groepe verdeel en uiteindelik reguit in die geweld gedryf terwyl die polisie gestaan ​​het en toekyk.

Die UTR-demonstrante is aangeval met kettings, stokke, rotse, verfbolletjies, vuiste en pepersproei, maar die Charlottesville-Demokratiese “leierskap” en media is blind vir Antifa se gewelddadige optrede.

Virginia goew. Terry McAuliffe het gesê dat hy sy administrasie sal vra om ‘n “uitgebreide oorsig” te doen van hoe die polisie voorberei het en gereageer het op saamtrekke, te midde van oproepe vir ‘n onafhanklike ondersoek om vas te stel of linkse politiek ‘n rol gespeel het.

Die voormalige Republikeinse goewerneur van Virginia, Jim Gilmore, het gister gesê die publiek moet “weet” as die staat en die stad die nodige voorsorgmaatreëls tref om die botsings te vermy en as die polisie aangesê is om nie op te tree nie.

In ‘n onderhoud met Secrets het Gilmore McAuliffe se oproep vir ‘n interne ondersoek afgemaak is ‘n oefening om sy verantwoordelikheid in die doofpot te steek. In plaas daarvan het hy gesê ‘n onafhanklike groep moet die ondersoek lei, omdat die goewerneur se kantoor nie betrokke behoort te wees nie.

“Dit moet ‘n onafhanklike oorsig wees. Ons moet weet wat die goewerneur gedoen het, hoe hy deelgeneem het, of hy deel was van die vergaderings, of hy of die sekretaris van openbare veiligheid in die vergadering was, waar dit gehou is, was dit in Richmond of Charlottesville, watter beplanning is gedoen, en watter beperkinge was daar op die polisie geplaas,” het Gilmore, ‘n voormalige prokureur-generaal van Virginia, gesê.

Gilmore het bygevoeg: “Terwyl ons die polisie ondersteun, ons weet hulle doen ‘n goeie werk, ons weet nie watter bevel hulle gedurende die Charlottesville-onluste gekry het nie.”

Gilmore het ook gesê daar is ‘n berig dat die polisie gevra is om opsy te staan ​​en passief te wees. Dit dui op ‘n duidelike politieke motief om die situasie te laat eskaleer. Hy het bygevoeg: “Hulle het nie ‘n plan gehad om hierdie groepe te skei nie.

In ‘n televisieverklaring het Saterdag McAuliffe “wit haatgroepe” vir die geweld blameer, maar hy het later van deuntjie verander en die ACLU blameer wat hof toe is sodat die protes in Charlottesville gehou mag word.

Grace Mugabe ‘steeds in SA’ ná aanranding op model

Grace Mugabe, eggenote van Robert Mugabe van Zimbabwe, bevind haar volgens bronne steeds in Suid-Afrika. Haar ligging word egter geheim gehou aangesien sy steeds deur die SA Polisie gesoek word om op ‘n klag van aanranding te verskyn. Sy sou gistermiddag in die Randburgse Landdroshof verskyn het, maar het nie opgedaag nie.

Die klag hou verband met ‘n voorval wat in die Sandtonse hotelkamer van een van haar twee seuns plaasgevind het. Sy het na bewering ‘n Suid-Afrikaanse model, Gabriella Engels, met ‘n elektriese verlengkoord geslaan sodat Engels se voorkop oopgekloof is en begin bloei het. Engels het agterna ‘n klag van aanranding aanhangig gemaak en het tydens ‘n onderhoud met RSG gesê dat haar “loopbaan as model nou geruïneer is omdat my voorkop ‘n letsel opgedoen het”.

Gabriella Engels sê dat “geen vlak van intimidasie sal versaak dat ek die aanrandingsaak teen Mugabe sal terugtrek nie”. Die 20-jarige Engelse sê verder dat sy daarvan bewus is dat Grace Mugabe oor ‘n geskiedenis van beweerde aanrandings beskik en haar in ‘n geregshof wil konfronteer.

In 2009 het ‘n fotograaf in Hong Kong beweer dat hy herhaaldelik deur Grace Mugabe met die vuis geslaan is.

 

 

Geskokte Spaanse vakansiegangers kyk hoe Afrika-migrante aan land kom

‘n Boot vol Afrika-migrante het op ‘n strand in Spanje geland en vinnig weer verdwyn tussen die vakansiegangers.

Carlos Sanz het aan The Telegraph vertel hoedat die groep “ongedokumenteerde” immigrante verdwyn het voordat die polisie kon arriveer. Volgens ‘n verslag van El Confidencial, het hulle na ‘n klein dennebos naby die Faro de Camarinal-vuurtoring gehardloop.

Op sosiale media wys beelde van Woensdag 9 Augustus hoe ‘n rubberbootjie vol swartes op die gewilde toeriste-strand in die suide van Spanje land. Vakansiegangers kyk geskok toe terwyl die swart migrante skarrel om die strand te bereik.

Volgens data van die Hongaarse sekuriteitshoof György Bakondi het byna 10 000 migrante in die eerste ses maande van 2017 Spanje binnegekom – ‘n beduidende toename van die vorige syfers.

Op die strand naby die dorp het ‘n Daily Mail-verslaggewer binne drie honderd meter van mekaar, drie verlate bote ontdek wat vermoedelik deur migrante gebruik is.

Jose Maraver, hoof van die Maritieme Reddingsentrum, het aan die Telegraph gesê dat ‘n tweede boot op Donderdag op ‘n ander strand in die gebied geland het, terwyl twee vaartuie gered moes word. “Daar is elke dag bote, elke dag is daar ‘n migrasie,” het Maraver gesê. “Die situasie word baie ingewikkeld.”

Die aantal immigrante wat die provinsie Malaga in die eerste ses maande van 2017 bereik het, is al amper die getal vir die hele vorige jaar.

Spanje het reeds vanjaar meer swart aankomelinge gekry as in die hele 2016, het die Internasionale Organisasie vir Migrasie verlede Donderdag bevestig. Volgens die IOM is byna 8 200 migrante aangeteken. “Dit is moontlik dat Spanje hierdie jaar beter sal presteer as Griekeland,” het Joel Millman, ‘n woordvoerder van die IOM, aan AFP gesê. “As dit so is, is dit ‘n groot verandering.”

‘n Bron het aan die Daily Mail gesê: “Omtrent 40 immigrante het aangekom,” Woensdag, maar net “nege van diegene wat dit tot by die strand gemaak het, is opgespoor”. Die owerhede weet nie wat gebeur het met die res van die Afrika-klandestienes nie.

Ceuta, ‘n Spaanse enklaaf in Marokko, het intussen ‘n styging van 230 persent in aankomste in die afgelope weke beleef. Sowat 700 swartes het voor verlede Donderdag probeer deurbreek, maar is deur Marokkaanse polisie teruggedruk, het amptenare gesê.

‘n Vroeër poging van ongeveer 1 000 migrante, gewapen met stokke en tuisgemaakte spiese, is deur beamptes van beide lande teruggedryf.

Maar verskeie pogings deur die migrante was wel suksesvol. Volgens El Pais het die regering se afgevaardigde in Ceuta, Nicolás Fernández Curucull, ‘n doenepersoneellid se ernstige beserings op die “gewelddadige houding” van die migrante wat die agente oorweldig het, geblameer.

In totaal het meer as 100 migrante deur die hek gebreek nadat ‘n Spaanse grens-agent se been afgeskop is. Hordes swartes het daarin geslaag om deur die grensheining te kom en die Rooi Kruis het aan Reuters gesê dat 186 mense gedurende die nag in Ceuta kon binnekom.

Sedert die Europese Unie ingestem het om die Turkse regering te betaal om die Oos-Middellandse See-vloei van ongeveer 885 000 migrante via Griekeland te stuit, het Italië ‘n merkbare toename beleef. Maar die Italiaanse owerhede het besluit om die smokkelaars te stop.

El Pais het Donderdag gewaarsku dat “Spanje nie alleen as voog van die suide van Europa kan optree nie” omdat dit “duidelik is dat die migrasiedruk na die weste van die Middellandse See verskuif het”. Die Spaanse koerant het Brussel aangemoedig om so gou moontlik in te gryp.

Maar Penny Lawrence, adjunk-uitvoerende hoof van Oxfam GB, het gesê veilige roetes vir Afrika-migrante na Europa moet voorsien word. “Uitkontraktering van die polisiëring van ons grense na Libië is nie die oplossing nie,” het sy bygevoeg.

Charlottesville, VSA: #UniteTheRight se byeenkoms eindig in chaos ná AntiFa-betoging

Een van die grootste regse byeenkomste in die meer onlangse Amerikaanse geskiedenis, die Unite the Right-byeenkoms in Charlottesville, Virginië, moes afgelas word nadat die goewerneur van dié Amerikaanse deelstaat ‘n noodtoestand afgekondig het. Die byeenkoms is gereël om beswaar te maak teen die verwydering van ‘n standbeeld ter ere van genl. Robert E. Lee, die legendariese Suidelike generaal wat as ‘n soort Christiaan de Wet of Koos de la Rey in die Suide van Amerika vereer word.

Michael Signer

Die linkse stadsraad van Charlottesville onder die burgemeester, Michael Signer, het ‘n besluit geneem om die standbeeld van die generaal te verwyder aangesien hulle dit as ‘n “simbool van rassisme” beskou.

In weerwil van ‘n hofbevel wat aan die organiseerders, mnre. Jason Kessler en Richard Spencer, deur ‘n Amerikaanse regter toegestaan is en waarin die byeenkoms kragtens die Eerste Wysiging aan die Amerikaanse grondwet toegelaat is om voort te gaan, het die deelstaat en die munispaliteit besluit om ‘n stokkie daarvoor te steek.

In ‘n twiet het dr. Dan Roodt van PRAAG hom só uitgelaat oor die nuus dat die byeenkoms afgestel word:

Die byeenkoms het gisteraand begin met ‘n nagmars op die kampus van die Universiteit van Virginië wat deur sowat 500 “altregse” (alternatief-regse) betogers bygewoon is. Fakkels oftewel “tiki-fakkels” is tydens die nagmars deur die betogers gedra. Die toneel is vanuit die lug met behulp van ‘n hommeltuig verfilm.

Tydens die nagmars het ‘n twintigtal linkse betogers opgedaag maar alles het nog redelik vreedsaam verloop. ‘n Transgeslagbetoger, “Emily” Gorcenski, het in ‘n selfoonvideo histeries die feit bekla dat daar so min anti-regse of AntiFa-betogers was.

Teen dié tyd het die #UniteTheRight- asook #Charlottesville-hutsmerke reeds op bo-aan die Amerikaanse Twitter se hutsmerkneigings begin registreer en is honderde linkses aangespoor om die volgende oggend die toesprake deur regse leiers te gaan ontwrig.

Teen tienuur Saterdagoggend wou die polisie nie die toesprake deur o.a. Richard Spencer van die National Policy Institute, Nathan Damigo van Identity Europa, die Sweed Daniel Friberg van Arktos, “Baked Alaska” en verskeie ander altregse figure toelaat nie, ondanks die hofbevel van die vorige dag. Die organiseerder, Jason Kessler, het sy misnoeë met dié stand van sake op ‘n direkte Periscope-uitsending te kenne gegee.

Kort hierna het die polisie egter aangekondig dat die byeenkoms summier as ‘n “onwettige byeenkoms” beskou word en is alle altregse betogers aangesê om die Robert E. Lee-park in die stadsentrum van Charlottesville te verlaat. Linkse AntiFa-betogers is egter deur die polisie toegelaat om verder te betoog, sodat die hele stadsentrum deur hulle oorgeneem is. Regse betogers is verhoed om hul voertuie uit parkeerruimtes te verwyder, sodat humeure opgevlam het en ‘n motoris probeer het om deur die linkse skare te ry.

Volgens die hospitaal is een persoon tydens dié voorval dood en negentien beseer. Ten minste een getuie beweer dat van die AntiFa-betogers die grys Ford Mustang (eintlik ‘n Dodge Challenger) met klippe bestook het alvorens die bestuurder in die skare vasgery het.

Mnr. Richard Spencer, wat op ‘n stadium hardhandig deur die polisie in hegtenis geneem is toe hy met die vergadering wou voortgaan, het hulle in ‘n twiet geblameer vir die geweld wat agterna uitgebreek het.

Die hoofstroommedia in die VSA het deurlopend oor die gebeure in Charlottesville berig en sowel mnr. as mev. Trump het in twiets daarop kommentaar gelewer.

Mnr. Nathan Damigo van Identity Europa het die volgende videokommentaar op Twitter gelewer, onder die opskrif: “Tyranny in Charlottesville.”

Google dank ingenieur af omdat hy geslagsverskille raaksien

Nadat Google vir James Damore, skrywer van ‘n manifes waarin ‘n feitelike, wetenskaplike benadering tot die beweerde “geslagsgaping” by tegnologie verdedig word, afgedank het, het vele Google-werknemers sy mening ondersteun.

Damore se manifes van tien bladsye lank druis in teen die heersende linkse en “progressiewe” narratiewe by die maatskappy. Die voormalige Google-ingenieur staan by sy sienings en sê dat die maatskappy poog om sy reputasie skade te berokken.

Damore, wat Maandag deur die soekenjinreus afgedank is, het sy menings Woensdag in gesprek met Bloomberg TV verdedig, waartydens hy aangevoer het dat die biologie vroue verhoed om ewe goed as mans in die tegnologienywerheid te vaar en het die maatskappy vir sy “links-neigende vooroordele” gekritiseer.

Damore sê hy het reeds  ‘n maand gelede sy memorandum gedeel, maar niemand “hoër op het ooit na my toe gekom en gesê, ‘Moenie so iets doen nie,’ in weerwil daarvan dat vele mense daarna gekyk het,”het Damore aan Bloomberg gesê. “Dit was eers toe dit viraal begin versprei dat senior bestuur begin het om my te hoon en my uiteindelik af te dank.”

Hy het ‘n klag by die Nasionale Arbeidsverhoudingeraad in die VSA aanhangig gemaak waarin hy aanvoer dat Google se senior bestuur “wanvoorstellings van my maak en my hoon ten einde my griewe in die doofpot te stook”.

Damore voer aan dat biologiese verskille veroorsaak dat vroue onderverteenwoordig is in die tegnologiebedryf  en nie weens vooroordeel of diskriminasie nie. Hy benadruk verder dat “die verspreiding van voorkeure en vermoëns van mans en vroue ten dele om biologiese redes verskil en dat dié verskille mag verklaar waarom ons nie ‘n ewe verteenwoordiging van vroue in tegnologie en leierskap sien nie”.

“Daar was ‘n gesamentlike poging deur die senior bestuur om ‘n baie duidelike sein uit te stuur dat dít waarmee ek besig is skadelik en verkeerd is en nie Google verteenwoordig nie,” verduidelik Damore. “Dit sou op loopbaanselfmoord neerkom vir enige uitvoerende amptenare of direkteure om my te ondersteun.”

Ondanks Siliconvalleimaatskappye  wat hoog opgee oor “personeeldiversiteit” in ‘n bedryf wat deur blanke mans oorheers word, het die geslagsbalans nie verbeter nie. Maatskappye soos Google, Facebook en Microsoft maak gereeld “diversiteitsverslae” bekend waarin dié toestand duidelik is.

Maandag, op dieselfde dag waarop Damore deur Google afgedank is omdat hy “maatskappyreëls verbreek het”, het die maatskappy se hoofuitvoerendebeampte, Sundar Pichai, paradoksaal genoeg verklaar dat dit “nie OK” is vir werknemers om te voel dat hulle nie “veilig hul menings mag uitspreek nie (veral diegene met ‘n minderheidstandpunt)”.

In sy internetmemorandum met die opskrif “Google’s Ideological Echo Chamber – How bias clouds our thinking about diversity and inclusion”, argumenteer die ingenieur dat geslagsverskille “nie bloot sosiaal gekonstrueer word nie”.

Die skrywer sê dat dié beleid op ideologie gegrond is en nie op rasionaliteit nie en noem verskeie wetenskaplike studies waarin bevind is dat mans en vroue (as kategorieë, nie as spesifieke individue nie) vanuit verskeie maatskaplike gesigspunte ongelyk is.

Hy voer insgelyks aan dat kulturele vooroordeel alleen nie die gaping kan verklaar nie, en dit maak nie sin om na gelyke groepsverteenwoordiging in alle beroepe te streef nie. Google se beleid, wys hy inderdaad uit, is gegrond op onbewese ideologie, nie op die wetenskap nie.

In weerwil van al die praatjies oor inklusiwiteit en diversiteit, is die werklikheid dat as jy nie blank of Asies is nie, het jy slegs ‘n vyf persent kans om lid van Google se leierskapspan te word. En terwyl 31 persent van Google se werknemers vroue is, is slegs 20 persent van die maatskappy se tegniese werknemers vroulik.

As dit by rekenaar- en wiskundige beroepe kom, toon die syfers duidelik dat vroue en mans nie gelyk verteenwoordig is nie. In 1960 het vroue 27 persent van sulke betrekkings beklee, en dertig jaar later is hulle 35 persent.

In 2013 het die aantal vroue in rekenaar- en wiskundige beroepe tot 26 persent teruggesak, en duidelik nie omdat minder vroue universiteit toe gaan nie.

‘n Ondersoek deur die Amerikaanse onderwysdepartement het aangetoon dat meer vroue as mans universiteit toe gaan en grade behaal, maar mans en vroue oefen verskillende keuses uit. ‘n Onlangse studie deur die Georgetownse Universiteit het aangetoon dat 80 persent van petroleumingenieursgraduandi mans is. So ook byna 70 persent van diegene wat wiskunde rekenaarwetenskap as hoofvakke neem.

Studente aan Georgia Universiteit kan nou hul eie punte kies

Studente aan Georgia University kan nou hul eie punte kies vir ‘n aanlyn studiekursus omdat “emosionele reaksies op stresvolle situasies diepgaande gevolge kan hê vir alle betrokkenes”.

Leerplanne vir twee van dr Richard Watson se besigheidskursusse, sal dus nie ‘n eksamen by die Universiteit van Georgië vereis nie.

Watson het ‘n “stresverminderingsbeleid” aangeneem wat studente sal toelaat om hul eie punte te kies as hulle “onnodig benadeel” word deur diegene wat hulle eksamineer het.

Studente wat “onnodig word deur ‘n punt vir enige assesseerbare materiaal of die algehele kursus onder druk voel, kan ‘n e-pos stuur aan die instrukteur wat aandui watter punt hulle dink toepaslik is en dit sal so verander word.

“As jy in ‘n groepsbyeenkoms voel, word jy onder druk geplaas deur jou groep se dinamika, moet jy die vergadering dadelik verlaat en geen verduideliking aan die lede van die groep bied nie,” voeg die beleidspunte by. Sulke studente kan hul verdere groepwerk “stop”. Die toekenning van die graad is “heeltemal gebaseer op nie-groepwerk”.

Net so, as dit gaan om “toetse en eksamens” vir Watson se kursusse in “Data Bestuur” en “Energie Informatika”, sal dit net “oopboek en oop notas” wees en “ontwerp om lae vlak bemeestering van die kursusmateriaal te assesseer”.

Ten slotte, vir in-klas aanbiedings, sal “slegs positiewe kommentaar” toegelaat word, terwyl “kommentaar wat ontwerp is om toekomstige aanbiedings te verbeter, per e-pos gekommunikeer sal word”.

Watson erken tog “terwyl hierdie beleid die ontwikkeling van groepvaardighede en bemeestering van die klasmateriaal kan belemmer,” is hierdie uitkomste uiteindelik ‘n student se verantwoordelikheid.

Watson is ‘n “Regents Professor” aan die universiteit, ‘n titel “toegeken deur die Raad van Regente aan werklike uitblinkers in die fakulteit”.

In Kalifornië, nie meer ‘n wit staat nie, is die gradeplegtigheid slegs vir 19 persent in Cal State se student ‘n werklikheid. Om dit op te los, het Kalifornië verklaar dat nuwelinge nie meer wiskunde- en Engelse plasingstoetse moet aflê nie.

Die doel van hierdie idiotiese eksperiment is om die gradeplegtigheid se deelnemers tot 40 persent te verhoog. Op die oomblik word plasingstoetse aan eerstejaars gegee om te bepaal of hulle in staat is om in Engels en wiskundig die werklading en inhoud van die kollegekursus te hanteer.

Indien nie, word hulle in remediërende klasse geplaas wat geld kos en eintlik nie tot die graad bydra nie. Onder die nuwe stelsel sal kolleges nou vryheid hê om geletterdheids- en gesyferdheidsvlakke te bepaal ten einde die gradetoekenningsuitkoms te verbeter, iets wat remediërende klasse nie tot nog toe kon produseer nie.

Ongelukkig sal meer studente in die kollege inskryf as hulle nie ‘n basiese vaardigheidstoets moet slaag nie. Maar sal hulle uiteindelik gradueer?

Man dood, vrou ernstig na gewapende aanvalle te Muldersdrift

Gewapende aanvalle op blanke kleinhoewebewoners in Muldersdrift duur voort. Oor die afgelope naweek is ‘n blanke man doodgeskiet en ‘n blanke vrou swaar gewond in twee afsonderlike voorvalle.

Volgens konstabel Lucky Matome van die Suid-Afrikaanse Polisiediens is ‘n eenheid omstreeks 20:30 Saterdagaand na ‘n kleinhoewe in Muldersdrift se Rietfonteingebied ontbied. Daar aangekom, het hulle die vrou in ‘n plas bloed aangetref.

“Die voorlopige ondersoek dui daarop dat die vrou tydens ‘n huisroof in die rug geskiet is,”  het konstabel Matome gesê. “Dit is nie duidelik hoeveel verdagtes by die hartelose misdaad betrokke was nie.” Enkele waardevolle items is as vermis aangemeld, waaronder selfone, ‘n tuisteaterstel en ‘n onbekende bedrag kontant.

Matome het voorts gesê: “Daar kon nie veel inligting by die slagoffer verkry word nie, aangesien sy in ‘n ernstige toestand was. Sy is vir dringende mediese behandeling na ‘n hospitaal gehaas.

‘n Saak van poging tot moorde en huisroof word tans ondersoek.

Die vorige oggend, Vrydag, het ‘n blanke man in dieselfde omgewing gesterf terwyl hy hom teen ‘n gewapende aanval probeer verdedig het. Die man het skuins voor ses in die oggend onraad bemerk en sy huis verlaat om ondersoek in te stel. Hierna het die aanvallers op hom losgebrand en het hy teruggeskiet, maar is noodlottig in sy bolyf gewond.

Volgens Matome is die polisie “bekommerd” oor die toename in aanvalle op kleinhoewebewoners in Muldersdrift.

Lede van die publiek met inligting kan die Muldersdrift-polisie skakel by 011 952 4600 of die Wesrand-trio-taakspan by 079 496 6288.

Adjunkminister van hoër onderwys slaan vrou toe sy hom ‘n ‘moffie’ noem

Suid-Afrika se adjunkminister van hoër onderwys, Mduduzi Manana, het na bewering Sondagoggend omstreeks halfdrie ‘n vrou begin aanrand omdat hulle eers in ‘n politieke argument betrokke geraak het en sy hom daarna ‘n “moffie” (stibane) genoem het. Die voorval het in die nagklub Cubana in die Cedar Square-winkelsentrum te Fourways, Johannesburg, plaasgevind.

‘n Video van die voorval is agterna op sosiale media, waaronder Twitter, geplaas van waar PRAAG dit afgelaai het.

Die slagoffer van die adjunkminister en sy vriende het agterna gesê: “Hulle het my geskop en geslaan en aan my hare getrek… My niggie Thando is ook geklap, hulle het haar hare getrek. My vriendin is rondgegooi toe sy probeer het om my te kom help.”

Die vrou het agterna ook foto’s aanlyn geplaas wat op Twitter gedeel is.

Sy het agterna ook ‘n klag van aanranding teen Manana by die Douglasdale-polisiestasie aanhangig gemaak (sien dokument hier onder). Volgens haar het die nagklub se “uitsmyters net rondgestaan en kyk terwyl die aanranding plaasgevind het”.

In haar verklaring sê sy dat hulle by ‘n tafel naby die minister gesit het toe “ons in ‘n politieke debat betrokke raak, en hy wou ‘n toespraak maak teenoor almal wat daar was, waaronder sy personeel”.

‘n Vriendin van haar, Thando, het begin om ‘n selfoonvideo van die toespraak te maak toe sy gevra is om op te hou. Hierna het Manana woedend geraak, gevra wie hulle is, asook die veiligheidspersoneel by die kroeg gevra om haar en haar vriende te verwyder.

Mduduzi Manana. Hy is ‘n ‘moffie’ (stibane) genoem.

Met dié dat hulle wegloop, het een van haar vriende na die minister toe gedraai en vir hom gesê: “Maar jy is ‘n moffie (stibane).”

Toe sy buite die kroegarea kom, met haar vriende steeds binne, is sy na bewering geslaan. Toe sy val, is sy ook geskop. ‘n Werknemer van die SAUK wat ook teenwoordig was, het op verskeie radiostasies bevestig dat Manana “op die vrou se lyf en kop getrap het”.

Die vrou sê ook dat Manana “my hare gertrek het sodat my pruik van my kop afgekom het”.

Die vrou sê die uitsmyters wat haar en haar vriendin tot by hul motor vergesel het, het aan hulle gesê “om die plek te verlaat aangesien Mduduzi gevaarlik is en oor ‘n vuurwapen beskik”.

Die minister van polisie, Fikile Mbalula, het bevestig dat ‘n saak van aanranding by die Douglasdale-polisiestasie naby die klub aangemeld is.

Volgens Mbalula ontken Manana enige betrokkenheid, hoewel daar opnames op sosiale media bestaan waarin hy blyk skuld te erken.

Op sy persoonlike Twitter, het die adjunkminister gesê dat hy nie “bewerings ontken nie” en ook “nie trots” is nie. Desnieteenstaande meen hy dat die video-opname van die gebeure “vals” is.

New York Times bekommerd oor ‘regse gevaar’ op YouTube

Die linkse Amerikaanse koerant, The New York Times, het gister berig oor die “regse gevaar” wat op YouTube dreig. Volgens die koerant is “YouTube die gasheer vir net ‘n enkele oorheersende inheemse politieke gemeenskap: die YouTube-regses”. Dit volg op die aankondiging deur Paul Joseph Watson, ‘n bekende YouTuber-meningspreker, wat vandeesweek een miljoen intekenaars op dié medium bereik het.

Die New York Times beskou Paul Joseph Watson, Stefan Molyneux en Lauren Southern as die leidende figure in die “regse oorheersing” op YouTube. Stefan Molyneux het onlangs ‘n onderhoud van meer as ‘n uur lank met dr. Dan Roodt van PRAAG gevoer, maar die video is nog nie aanlyn gepubliseer nie.

Die koerant verwys ook na ‘n YouTube-videomaker genaamd Black Pigeon Speaks wat as ‘n “harde regse” gesien word en daarom verteenwoordigend van die ongewenstheid van patriotiese of konserwatiewe meningsprekers op YouTube. Daar word ook ‘n vergelyking getref tussen YouTube en geselsradio, wat in die VSA deur die regtervleuel oorheers word terwyl die linkses die hoofstroommedia, Hollywood en TV monopoliseer.

Vir die New York Times is alles wat regs is ook “verregs”, wat die einste Paul Joseph Watson laat twiet het: “‘Verregs’ = enigiemand regs van Stalin.”