ANC begryp Palestynse ‘honger vir eie grondgebied’

Ekonomiese diplomasie kan een van die mees doeltreffende wapens van verandering vir die situasie in Palestina wees, sê die adjunk-minister van Internasionale Betrekkinge, Marius Fransman.

Fransman het gesê Palestyne en hul ondersteuners, geïnspireer deur die ekonomiese boikot teen apartheid-Suid-Afrika, het vir jare probeer om sukses te behaal.

“Die ministerie van handel en nywerheid het onlangs, Mei 2012, ‘n strategie om ekonomiese druk op Israel uit te oefen, vrygestel,” het hy gesê ‘n verklaring.

Hierdie kennisgewing vereis van handelaars in Suid-Afrika produkte wat ​​uit die Palestynse gebiede kom, nie as produkte van Israel te merk nie.

“Verbruikers in Suid-Afrika moet nie mislei word nie.”

Fransman het gesê die Suid-Afrikaanse regering erken die staat van Israel, net binne die grense afgebaken deur die Verenigde Nasies (VN) in 1948.

“Sulke afgebakende grense van Israel deur die VN sluit nie die Palestynse gebiede wat beset is na 1967 in nie.”

Hy het gesê dat hoewel die inisiatief deur diegene wat simpatiseer met Israel veroordeel word, is daar progressiewe Israeliese magte wat dié inisiatief deur die Suid-Afrikaanse regering steun.

“Dit kan as die nodige aansporing dien om die Israeliese maatskappye in die besette gebiede uit te druk om terug te keer na Israel.”

Fransman het dr Neve Gordon aangehaal, die skrywer van die boek “Israel se besetting” en politieke wetenskaplike van Ben-Gurion Universiteit in Berséba, Israel.

Fransman het gesê as die Verenigde Koninkryk en Denemarke die voorbeeld volg, sal ander lande waarskynlik ook aansluit, wat dit moontlik sal maak vir internasionale burgerlike samelewing om te help om ‘n einde aan Israel se besetting te maak.

“Ons is daartoe verbind om te soek na ‘n vreedsame oplossing vir die Palestynse kwessie. Ons kan egter nie onbewus bly van die honger van die Palestynse mense nie … honger vir vrede, honger vir geregtigheid en honger vir die land van hul geboorte want daar is miljoene wat al lankwag om terug te keer na Palestina,” sê Fransman.

лобановский класс харьков

Nederlander jongste plaasaanval-slagoffer

Al wat gesteel is in die jongste plaasaanval, is ‘n goedkoop selfoon.

‘n Melkboer is Dinsdagaand geskiet nadat sy aanvallers ‘n yslike boomstomp deur sy slaapkamer gegooi het, berig Beeld. Drie swart mans het die boer daarna oorval.

Hibbe van der Veen is tans in die waakeenheid van die Wilgers-hospitaal in Pretoria nadat hy geskiet is op sy plaas buite Bronkhorstspruit.

Die slagoffer is ‘n Nederlander van geboorte wat in 1974 na Suid-Afrika gekom.

Sy seun, Rudolf van der Veen (43), sê sy pa het ‘n plaasaanval gevrees omdat boere sagte teikens is.

 

Лобановский

Vermeende Delmas-moordenaars kry borg

Drie swart mans wat daarvan aangekla word dat hulle ‘n vyf maande oue baba en sy dagmoeder vermoor het, het elkeen borgtog van R1 000 gekry.

Hul aansoek om borgtog is Dinsdag in die Delmas-landdroshof goedgekeur.

Sers. Gerald Sedibe sê die mans sal op 17 Augustus weer in die hof verskyn.

Fernandos Maritse (27), Enock Mbele (44) en Lazarus Mabhena (54) word daarvan beskuldig dat hulle Magrietha de Goede (66) en klein Wiehan Botes in Mei verwurg het.

Sedibe sê die polisie is nog op soek na ‘n vierde man, wat vermoedelik oor nog inligting ivm die saak beskik.

Александр Фильчаков Васильевич

Afrikaans deel van Nederlandse verkiesing

Ten minste lees die Nederlanders deesdae weer van Afrikaans, ‘n dogtertaal wat aan die agterspeen suig in die Dietse wêreld.

Danksy die PVV, die party van Geert Wilders, is Afrikaans deel van die komende verkiesing.

Die opskrif in die Volkskrant lui: Verkiezingsprogramma’s over cultuur: ‘steun aan het Afrikaans’.

Фільчаков прокурор

Groot Afrikanerwetenskaplike vereer

Een van die mees vooraanstaande Afrikanerwetenskaplikes het as kind nog ossewa gery en  onder ‘n boom skoolgegaan in klein plaasskooltjies.

Prof. Jan van der Merwe (90) is Vrydag deur die Suid-Afrikaanse Fisika-instituut (SAIP) vir sy lewenswerk vereer.

Hy het as kind saam met sy ouers in ‘n ossewa van Angola tot in Suidwes-Afrika getrek en moes gedurende die reis lank onder bome skoolgaan. Sy ouers het dit nie breed gehad nie.

Prof. van der Merwe is op ‘n spesiale geleentheid by die Voortrekkermonument vereer vir sy baanbrekerswerk in epitaksie. Epitaksie is ‘n proses waar ander stowwe soos nie-geleiers met dun lagies metaal bedek word.

Van der Merwe se navorsing het die grondslag gelê vir mikro-stroombane, wat uiteindelik rekenaars moontlik gemaak het.

Hy het by die Universiteit van Stellenbosch studeer en het later ‘n beurs gekry om in Bristol in Engeland verder te leer. Dit is waar hy in epitaksie begin belangstel het.

Фильчаков прокурор отзывы

Gautrein bars kougomkouers se borrel

Twee swart susters is glo ure lank deur Gautrein-sekuriteitswagte aangehou en met R700 beboet omdat hulle kougom gekou het, berig The Star.

Die voorval het Vrydag plaasgevind.

Pontso Pakkies en Lebo Sibisi het nie geweet dat kougom nie toegelaat word op die trein nie. Terwyl hulle vir die trein gewag het, het ‘n sekuriteitswag hulle genader en gesê hulle moet van die kougom ontslae raak, het Pakkies gesê.

Nadat hulle met die sekuriteitswag gepraat het, het hulle die kougom in papier gedraai en in hul handsakke gesit omdat daar nie ‘n aslik naby was nie.

Toe die trein by die stasie intrek, het een van die sekuriteitsbestuurders aan hulle gesê hulle mag nie in die trein klim nie.

“Hy het gesê ons het geweier om die kougom weg te gooi en dat hy ons gaan beboet,” het Pakkies gesê.

Die susters is aangehou in ‘n kamer waar daar geen selfoonontvangs is nie. Die sekuriteitswagte het ook geweier dat hulle hul familie kontak of toilet toe gaan.

Hulle is vrygelaat nadat hulle ‘n boete van R700 betaal het.

Bombela-konsortium, wat die trein bedryf, het gesê die reëls op sy treine is van die hoogste standaarde.

Kelebogile Machaka, woordvoerder, het gesê passasiers word nie toegelaat om op die trein te eet of drink nie.

“Om kougom van teëls, stoffering en matte in die trein te verwyder, is nie net duur nie, maar in sommige gevalle kan dit ander passasiers, wat per ongeluk daarop trap of sit, verontrief.”

прокурор Фильчаков

Nuwe Batman: Die slegte wit man

Dis ‘n moddergooiery in die VSA tussen Romney en Obama wat in die komende maande gaan verhewig. Hollywood se jongste mega-fliek Batman: The Dark Knight Rises, gaan ook nie aan ‘n paar volblertse ontkom nie.

Die DC Comics se wit karakter Bane is die slegte ou in die jongste Batman-avontuur. Bane klink natuurlik soos Bain, Bain Capital, die maatskappy waarvoor Romney gewerk het en wat ‘n sentrale tema by die Demokrate teen hulle opposisie is.

Republikeine dink daarom die homofoon is nie toevallig nie. Batman word in die fliek weer tot op die punt van uitputting gedruk deur die kwade en Bane is uiteindelik die booswig wat Batman se rug breek.

Bane se oorwinning lei dan tot chaos, anargie en wetteloosheid. Wat die Demokrate betref, is hulle opponente “17 kwaai wit mans” wat die land wil oorkoop.

En wie het gesê die Amerikaanse verkiesing gaan nie oor ras nie?

topcargo отзывы сотрудников

Klok lui vir Manuel-, Barclays-, Absa-geveg

Trevor Manuel, die Minister in die presidensie verantwoordelik vir die Nasionale Beplanningskommissie, is woedend oor Terry Crawford-Browne se voorstel dat hy vir meineed en geldwassery in verband met die wapentransaksie ondersoek moet word.

Die aktivis het aan die lig gebring in sy voorlegging aan ‘n regterlike kommissie van ondersoek na die wapentransaksie verlede maand, dat hy versoek het dat Manuel, wat toe minister van finansies was, ondersoek word.

President Jacob Zuma het die Seriti-kommissie verlede jaar aangestel na Crawford-Browne die regering na die Grondwethof oor die aangeleentheid geneem het.

“My voorlegging aan die Seriti-kommissie vra ‘n ondersoek van die klagte teen… die minister… van meineed in verband met die wapentransaksie, en van geldwassery,” het hy gesê.

Manuel het Maandag stoom afgeblaas teen Crawford-Browne, en gesê sy eise is “leeg” en sonder “enige ankers in die werklikheid”.

“Dit is moeilik om die gevolgtrekking dat Crawford-Browne duiwels jaag, of dat hy in ‘n parallelle heelal woon waarin hy ander wil insuig, te vermy,” het Manuel gesê.

Die twee se geveg binne en buite die hof oor die wapentransaksie kom al ‘n lang pad.

“Crawford-Browne het beter dinge om te doen as om die obsessies van sy denkbeeldige vriende te geniet. Niks goeds kan kom hiervan nie,” het Manuel gesê.

Crawford-Browne het ook ‘n beroep op Zuma gedoen om ‘n kommissie van ondersoek na Barclays Bank se verkryging van Absa in 2005 aan te stel in die nasleep van die LIBOR-skandaal.

Hy het ook Barclays aan die wapentransaksie gekoppel.

Manuel se vrou, Maria Ramos, was hoof van Absa, wat deur Barclays besit word.

“Dit is van kardinale belang gegewe die entoesiastiese goedkeuring deur die Minister in 2005 toe Barclays Bank Absa met ‘n 55,5%-aandeelhouding oorgeneem het. Watter dreigemente het Barclays Bank, oor “verteenwoordiging, verbond- en standaardklousules” gemaak? Die oorname is met ‘n groot trompetgeskal as ‘n stem van vertroue in Suid-Afrika gedoen.”

Ramos is aangehaal in die Sunday Times waar sy sê sy is nie bekommerd dat Absa se beeld deur sy assosiasie met die beleërde Barclays besmet sal word nie. Sy het aan die koerant gesê die Absa-handelsmerk is baie sterk in Suid-Afrika.

Crawford-Browne se eise teen Manuel beteken die openbare geveg het maar begin.

лобановский харьков

Twee vas na plaasaanval

Twee mans is in hegtenis geneem ná ‘n rooftog en verkragting op ‘n plaas buite Ladismith in die Klein Karoo, het die Wes-Kaapse polisie gesê.

Kapt. Bernadine Steyn sê die huis se inwoners het geslaap toe twee mans Vrydag deur ‘n slaapkamervenster toegang tot die woning gekry het.

Die verdagtes het die 43-jarige man aangerand en vadoeke gebruik om hom en sy vrou vas te bind.

Steyn sê een van die mans het die 46-jarige vrou verkrag. Ondersoeke het tot die inhegtenisnemings gelei, volgens Steyn.

Die twee mans sal binnekort in die Ladismith-landdroshof verskyn.

topcargo

‘ANC vandaliseer Afrikaans’

Koos van der Merwe, hoofsweep van die Inkatha-vryheidsparty (IVP), het die ANC daarvan beskuldig dat die regering Afrikaans vandaliseer.

“Die ANC hou aan met sy kulturele vandalisering van Afrikaans,” het Van der Merwe in ‘n verklaring gesê.

“Die nuutste blatante voorbeeld is dat die regering ses vol blaaie se advertensies vir vakante poste in Rapport van Sondag, 15 Julie 2012 geplaas het; alles net in Engels.”

Van der Merwe sê hy wil weet hoekom Engels in ‘n Afrikaanse koerant gebruik is.

Hy wil ook weet of die advertensies, wat net in Engels beskikbaar is, “daarop gemik is om voornemende Afrikaanse kandidate te elimineer.”

“Dit word by die dag duideliker dat die ANC Afrikaans en die Afrikanerkultuur vandaliseer,” het Van der Merwe gesê.

“Dit gebeur nie net met ons taal nie, maar ook met ons Afrikaanse skole wat in Engelse skole verander word.”

Korrespondensie deur staatsdepartemente word amper eksklusief in Engels uitgevoer. Skaars 1% van hofverslae is nou in Afrikaans, terwyl dit in die verlede byna 50% was, het hy bygevoeg.

Die ANC kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Фільчаков Олександр Васильович