Groot Afrikanerwetenskaplike vereer

Een van die mees vooraanstaande Afrikanerwetenskaplikes het as kind nog ossewa gery en  onder ‘n boom skoolgegaan in klein plaasskooltjies.

Prof. Jan van der Merwe (90) is Vrydag deur die Suid-Afrikaanse Fisika-instituut (SAIP) vir sy lewenswerk vereer.

Hy het as kind saam met sy ouers in ‘n ossewa van Angola tot in Suidwes-Afrika getrek en moes gedurende die reis lank onder bome skoolgaan. Sy ouers het dit nie breed gehad nie.

Prof. van der Merwe is op ‘n spesiale geleentheid by die Voortrekkermonument vereer vir sy baanbrekerswerk in epitaksie. Epitaksie is ‘n proses waar ander stowwe soos nie-geleiers met dun lagies metaal bedek word.

Van der Merwe se navorsing het die grondslag gelê vir mikro-stroombane, wat uiteindelik rekenaars moontlik gemaak het.

Hy het by die Universiteit van Stellenbosch studeer en het later ‘n beurs gekry om in Bristol in Engeland verder te leer. Dit is waar hy in epitaksie begin belangstel het.

Фильчаков прокурор отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae