Drie swart mans wat daarvan aangekla word dat hulle ‘n vyf maande oue baba en sy dagmoeder vermoor het, het elkeen borgtog van R1 000 gekry.
Hul aansoek om borgtog is Dinsdag in die Delmas-landdroshof goedgekeur.
Sers. Gerald Sedibe sê die mans sal op 17 Augustus weer in die hof verskyn.
Fernandos Maritse (27), Enock Mbele (44) en Lazarus Mabhena (54) word daarvan beskuldig dat hulle Magrietha de Goede (66) en klein Wiehan Botes in Mei verwurg het.
Sedibe sê die polisie is nog op soek na ‘n vierde man, wat vermoedelik oor nog inligting ivm die saak beskik.
