Al wat gesteel is in die jongste plaasaanval, is ‘n goedkoop selfoon.
‘n Melkboer is Dinsdagaand geskiet nadat sy aanvallers ‘n yslike boomstomp deur sy slaapkamer gegooi het, berig Beeld. Drie swart mans het die boer daarna oorval.
Hibbe van der Veen is tans in die waakeenheid van die Wilgers-hospitaal in Pretoria nadat hy geskiet is op sy plaas buite Bronkhorstspruit.
Die slagoffer is ‘n Nederlander van geboorte wat in 1974 na Suid-Afrika gekom.
Sy seun, Rudolf van der Veen (43), sê sy pa het ‘n plaasaanval gevrees omdat boere sagte teikens is.
