ANC begryp Palestynse ‘honger vir eie grondgebied’

Ekonomiese diplomasie kan een van die mees doeltreffende wapens van verandering vir die situasie in Palestina wees, sê die adjunk-minister van Internasionale Betrekkinge, Marius Fransman.

Fransman het gesê Palestyne en hul ondersteuners, geïnspireer deur die ekonomiese boikot teen apartheid-Suid-Afrika, het vir jare probeer om sukses te behaal.

“Die ministerie van handel en nywerheid het onlangs, Mei 2012, ‘n strategie om ekonomiese druk op Israel uit te oefen, vrygestel,” het hy gesê ‘n verklaring.

Hierdie kennisgewing vereis van handelaars in Suid-Afrika produkte wat ​​uit die Palestynse gebiede kom, nie as produkte van Israel te merk nie.

“Verbruikers in Suid-Afrika moet nie mislei word nie.”

Fransman het gesê die Suid-Afrikaanse regering erken die staat van Israel, net binne die grense afgebaken deur die Verenigde Nasies (VN) in 1948.

“Sulke afgebakende grense van Israel deur die VN sluit nie die Palestynse gebiede wat beset is na 1967 in nie.”

Hy het gesê dat hoewel die inisiatief deur diegene wat simpatiseer met Israel veroordeel word, is daar progressiewe Israeliese magte wat dié inisiatief deur die Suid-Afrikaanse regering steun.

“Dit kan as die nodige aansporing dien om die Israeliese maatskappye in die besette gebiede uit te druk om terug te keer na Israel.”

Fransman het dr Neve Gordon aangehaal, die skrywer van die boek “Israel se besetting” en politieke wetenskaplike van Ben-Gurion Universiteit in Berséba, Israel.

Fransman het gesê as die Verenigde Koninkryk en Denemarke die voorbeeld volg, sal ander lande waarskynlik ook aansluit, wat dit moontlik sal maak vir internasionale burgerlike samelewing om te help om ‘n einde aan Israel se besetting te maak.

“Ons is daartoe verbind om te soek na ‘n vreedsame oplossing vir die Palestynse kwessie. Ons kan egter nie onbewus bly van die honger van die Palestynse mense nie … honger vir vrede, honger vir geregtigheid en honger vir die land van hul geboorte want daar is miljoene wat al lankwag om terug te keer na Palestina,” sê Fransman.

лобановский класс харьков

Maak 'n opvolg-bydrae