Maatskaplike toelaes styg

Oor die volgende drie jaar sal nog ‘n miljoen Suid-Afrikaners op maatskaplike toelaes begin staatmaak vir ‘n inkomste, het Pravin Gordhan, die minister van finansies, gesê.

Gordhan het in sy mediumtermyn-begrotingsoorsig in die parlement gesê die aantal mense wat van maatskaplike toelaes afhanklik is, sal teen 2015/16 styg tot 17,3 miljoen. Tans ontvang 16,1 miljoen mense maatskaplike toelaes.

Toelaes vir kinderonderhoud sal volgens die minister se verslag die grootste styging toon en 12,2 miljoen ouers sal oor drie jaar op die staat se hulp aangewese wees om hulle kinders te ondersteun.

Die aantal pensioenarisse en oorlogsveterane, wat nou 2,8 miljoen mense is, sal tot net oor die 3 miljoen styg.

In dieselfde tydperk sal die aantal gestremdes wat van toelaes afhanklik is, tot 1,1 miljoen daal.

Gordhan het voor sy parlementsrede die media toegespreek en negatiewe kritiek veroordeel. Hy het gesê te veel mense, veral uit die buiteland, lewer kommentaar wat buite orde is en dra geen kennis oor ons situasie nie.

Gordhan sê Suid-Afrikaners en die internasionale beleggingsgemeenskap moet besef daar is nie ‘n “ramp op pad om ons te tref nie”.

“Ons het uitdagings maar daar is geen rede vir die oormatige pessimisme en negatiwiteit wat ons sien en hoor nie. Ons het al heelwat erger as dit oorleef.”

Фильчаков прокурор отзывы

Landbou verseker stabiliteit

“‘n Sterk landbousektor is noodsaaklik vir ekonomiese en politieke stabiliteit in Suid-Afrika. In hierdie verband vra ons regeringsleiers vir politieke en eknomiese sekerheid, spesifiek ten opsigte van die landboubedryf. Ons het ‘n omgewing nodig wat bevorderlik is vir gesonde publieke-privaat vennootskappe en wat die lewensvatbaarheid van beleggins bevorder. Publieke-privaat samewerking is die enigste wyse waardeur ons sal slaag. Daarom – te midde van reusagtige onsekerhede en ekonomiese onrus, is die bou van die nuwe Sasol Nitro Kalksteenammoniumnitraat-aanleg beduidend positief,” het Dr. Pieter Mulder, adjunk-minister vir Landbou, Bosbou en Visserye vandag by die opening van die aanleg by Saso Nitro in Sekunda gesê.

In net twintig jaar van nou, sal die wêreld se boere 50 persent meer moet produseer van wat tans geproduseer word. Die vraag wat ons almal konfronteer – op ‘n globale skaal – is hoe ons landbouproduksie verhoog op minder grond? Verhoging van voedselproduksie op ‘n volhoubare basis is die sentrale oorheersende en definiërende kwessie in landbou vandag. Tegnologie en navorsing sal ons toerus om verhoogde produksie te lewer met dieselfde hoeveelheid of verminderde insette. Hierin speel kunsmis ‘n vername rol in die verbetering van landbou uitsette. Hierdie aanleg plaas Sasol Nitro daarom in ‘n baie beter posisie om die langtermyn-verskaffing van ‘n wêreldklas produk aan die Suid-Afrikaanse landbou industrie vol te hou.

“Ons is in die midde van geweldige onsekerheid en ekonomiese onrus, nie net in die wêreld nie, maar ook in Suid-Afrika. Vir ekonomiese groei en vir die geleentheid om baie van ons probleme aan te spreek, het ons ekonomiese en politieke stabiliteit nodig. Landbou vorm deel van ‘n kritieke deel van ons land se sosio-ekonomiese en sosio-politieke stabiliteit. Met groter sekerheid met betrekking tot hierdie sektor en verantwoordelike regering in hierdie verband, sal ons suksesvolle kommersiële boere bekom en daardeur sal ons effektiewe landelike ontwikkeling verseker terwyl ons die uitdagings van voedsel onsekerheid en werkloosheid oorkom,” het dr. Mulder gesê.

[Die nuwe aanleg het ‘n kapasiteit van 400 000 ton per jaar en is teen ‘n ksote van net meer as R1 miljard opgerig. Uit hierdie bedrag is net meer as R830 miljoen bestee aan plaaslike aankope en diensverskaffers. Meer as 3 000 Suid-Afrikaners is deur plaaslike kontrakteurs in diens geneem en het aan die projek gewerk gedurende die oprigting van die nuwe aaleg in die afgelope 2 jaar.]

Фильчаков прокурор харьков

Smelt Afrikaanse skole saam

“Indien die samesmelting van skole in sekere gevalle die toekoms van Afrikaanse skole kan verseker, moet dit as uitweg oorweeg word”, sê mnr Jaco Mulder, VF Plus LPW vir Gauteng en leier van die party in die provinsie.

Dit volg nadat drie Afrikaanse laerskole in die Germiston-omgewing deur die departement van onderwys in kennis gestel is dat, weens die groot aanvraag na Engelse onderrig in die gebied, hul sal moet sluit. Dit sluit in Laerskole Elsburg, Elspark en Delville. Die beheerliggame van Laerskool Elspark en Delville het aangedui dat die moontlikheid oorweeg word om die twee skole saam te smelt, terwyl Laerskool Elspark dan voortaan net in Engels sal onderrig.

“Dit is altyd hartseer dat ‘n skool met ‘n jarelange gevestigde tradisie en erfenis in die slag moet bly, soos in die geval van Laerskool Elsburg. Ons leef egter in buitengewone tye waar pro-aktiewe optrede soos in die geval van Vereeniging, waar twee Afrikaanse skole in 2013 gaan saamsmelt om een super skool te vestig. Indien só ‘n stap Afrikaans as onderrigtaal kan red, verwelkom die VF Plus die ondersoek na haalbaarheid daarvan”.

Volgens Mulder is die VF Plus voortdurend met die LUR vir onderwys, Barbara Creecy, in kontak om te verseker dat die taalregte van skole gehandhaaf word. “Ons lewer inspraak by die department en help bemiddel”.

Die VF Plus veg reeds sedert die negentiger-jare vir die behoud van Afrikaans in skole toe die Party betrokke was by die samesmelting van twee Afrikaanse skole in Newcastle, Natal. “Die VF Plus veg onbeskaamd vir die behoud van Afrikaans in skole. Ons sal die betrokke Afrikaanse skole in die Oosrand bystaan in die samesmeltingsproses”, sê Mulder.

Фільчаков прокурор

Visserye se patrolliebote nie een op see

Die minister van Verdediging en Militêre Veterane, me. Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het erken dat nie een van die patrolliebote of navorsingskepe, wat aan die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye behoort, en nou deur die SA Vloot bedryf word, operasioneel is nie. Sy het geantwoord op ‘n vraag van Pieter Groenewald van die Vryheidsfront Plus in die parlement.

Volgens die antwoord van die minister is drie van die vier patrolliebote nie operasioneel nie weens onderhoud wat op die bote gedoen word. Die ander patrollieboot (Ruth First) word tans gebruik vir opleiding van bemanningslede en is ook nie operasioneel nie. Van die drie navorsingskepe is twee (Africana & Ellen Khuzwayo) nie operasioneel nie, ook weens onderhoud. Een navorsingskip (Algoa) is oorhandig aan die Departement van Omgewingsake en Oseanografiese Opmetings.

“Weens die onvermoë en onbeholpenheid van die minister van Landbou, Bosbou en Visserye, me. Tina Joemat-Petterson, oor die kontrak van Smit Amandla Marine, wat hierdie bote bedryf en die patrollering van die kuswaters gedoen het, is dit nou duidelik dat ons kuswaters vanaf Maart 2012 nie gepatrolleer is nie. Stropery van ons marinebronne kon ongehinderd plaasvind. Dat onderhoud op al die bote en skepe terselfdertyd gedoen moet word, is bewys dat hulle in ‘n swak toestand was. Smit Amandla Marine is miljoene rande betaal om hierdie bote te bedryf en om die instandhouding daarvan te doen. Minister Joemat-Petterson se department het verseker nie behoorlike bestuur en beheer oor die kontrak aan Smit Amandla Marine uitgeoefen nie en getuig van onbevoegdheid,” sê mnr. Pieter Groenewald, die VF Plus se hoofwoordvoerder oor Verdediging en Militêre Veterane.

Die VF Plus sal verdere vrae aan die minister van Verdediging stel oor die aard en onkoste verbonde aan die onderhoud op die bote en minister Joemat-Petterson sal moet verduidelik waarom sy nie voortydig opgetree het om die staat teen addisionele uitgawes te beskerm nie.

данильченко юрій броніславович компромат

Skoolkinders loop deur onder rowers

Nie net Kempies en Impala se leerlinge loop deur nie, maar ook dié van Sir Pierre en Rhodesfield. Skoolkinders word steeds elke week van selfone, geld en selfs fietse beroof.

Dit het aan die lig gekom nadat ‘n leerling (13) van Laerskool Impala verlede week Dinsdag deurgeloop het.

Die seun se ma sê haar seun was omstreeks 2nm alleen aan die voorkant van die skool in Van Riebeeckweg met sy tas en sportsak.

Terwyl hy ‘n BBM vir haar getik het, het ‘n man, skraal gebou en ongeveer 1,65m lank, die foon uit die kind se hande geruk en weggehardloop. Dit is later teruggevind.

Die kind is nie aangerand of seergemaak nie, maar is erg getraumatiseerd.

“Hy loop met baie angs en vrees rond en is ook benoud en op sy senuwees,” het sy gesê.

Mnr Theo Gouws, skoolhoof van Impala, het bevestig die seun was buite die skoolhek op pad na sy naskool-tannie, wat hom met enkele minute voor die skool gemis het.

Hy sê die skool het vir die veiligheid van kinders ‘n wag-‘n-bietjie veiligheidsarea aan die binnekant van die skoolterrein by die enigste hek wat na skool oop is, opgerig.

Hulle veiligheidswag sit daar totdat die kinders opgelaai word.

Mnr Roelof Burger, skoolhoof van Hoërskool Kemptonpark, sê kinders van sy skool word weekliks beroof, selfs as hulle in groepe loop. Hulle word meestal van selfone, geld en selfs fietse beroof.

Kaptein Jethro Mthali, woordvoerder van Kemptonpark SAPD, het gesê dit is nie net skoolkinders van hierdie twee skole wat beroof word nie. Rhodesfield en Sir Pierre se kinders loop veral deur in Pretoriaweg, want die rowers “verdwyn” na die stasies.

Mtshali het gesê die skoolkinders word amper altyd met messe aangehou. Die skuldiges is meestal jong mans wat agter die skoolkinders se “gadgets” en selfone aan is.
Tot dusver is die kinders net met messe gedreig en nie gesteek nie.

Mtshali het gewaarsku dat enigiemand wat in die straat loop, hul fone en kosbaarhede moet wegsteek.

лобановский класс харьков

Drie ouers?

Nederlandse kinders sal binnekort in staat wees om drie of meer moeders of vaders te hê na die regering gesê het ouerskapregte vir die 25.000 Nederlandse kinders in gay gesinne behoort verskans te word.

“Die ministerie van justisie gaan om ondersoek in te stel om te kyk wat die moontlikhede is vir die erkenning van drie ouers of meer per gesin,” het woordvoerder Wiebe Alkema aan AFP gesê Woensdag.

Die linkse Groen Party, maar ook die liberale VVD en die PvdA partye wat verlede maand se parlementêre verkiesing gewen het, het die verslag versoek met ‘n oog op die wysiging van ‘n lesbiese kinderopvoedingswetsontwerp wat tans voor die parlement dien.

Nederland was die eerste land gay huwelike gewettig het in 2001. Maar sê Groen-LP Liesbeth van Tongeren, dit is ook noodsaaklik om die regte van nie-biologiese ouers, insluitende stiefouers te erken.

“Tans is ouerskap in die oë van die wet byna altyd die gevolg van biologiese ouerskap,” sê haar party in ‘n verklaring en “dit verteenwoordig nie die diversiteit van die families in die Nederlande nie.”

“Dikwels, speel die vader van ‘n kind met lesbiese ouers ook ‘n rol in die lewe van die kind,” het sy gesê.

“Hoe om as ‘n gesin te lewe is belangriker as ‘n biologiese verbintenis,” het Van Tongeren bygevoeg. “Die wetsontwerp moet in ag neem wat die beste is vir almal wat betrokke is.”

Daar is tans geen wetlike erkenning in Nederland vir ‘n kind van spermskenkers wat betrokke wil wees in die lewe van hulle kind nie.

Intussen het Amerikaanse wetenskaplikes embrio’s gekweek uit die gene van drie ouers; ‘n man en twee vroue. Hulle het gebruik gemaak van ‘n gewaagde tegniek wat in die toekoms gebruik kan word ter voorkoming van die oordra van oorerflike siektes.

Volgens die navorsers aan die universiteit vir Gesondheidswetenskappe in Oregon is die embrio’s nie bedoel om daadwerklik kinders te laat groei nie. Dit is selfs nie seker of die omstrede tegniek ooit regtig gebruik sal word nie.

Dit is volgens die navorsers nie die bedoeling om in die toekoms ‘n kind te kan verwek met die uiterlike kenmerke van drie ouers nie. Dit gaan daaroor dat sekere gene met afwykings vervang kan word deur gesonde gene. Die tweede moeder gee nog minder as 1 persent van haar gene aan die embrio.

 

Данильченко Юрий Харьков

Staalreus vas vir besoedeling

Beeld berig dat die Groen Skerpioene op ArcelorMittal se aanleg in Vanderbijlpark toegeslaan het weens erge lugbesoedeling wat daarop dui dat hulle hul lisensievoorwaardes oortree.

Tsepiso Shuenyane, woordvoerder van die Gautengse departement van landbou en landelike ontwikkeling, het bevestig dat dié departement se wetstoepassers Maandag op die aanleg toegeslaan het.

Die departement het Arce­lorMittal gewaarsku dat hy die Wet op Luggehalte oortree asook dat hy sy lisensievoorwaardes nie nakom nie deur die lug in die gebied te vervuil.

‘n Lugbesoedelingsbeampte van die Sedibeng-distriksmunisipaliteit het van Februarie tot Mei verskeie keer klagtes ontvang dat die maatskappy die lug besoedel en oortree.

Volgens Shuenyane het Sedibeng se lugbesoedelingsbeampte eers met die bestuur gepraat en hulle daarop gewys. ArcelorMittal het die vermanings verontagsaam en daar is toe is besluit om met administratiewe stappe teen die nywerheidsreus te begin.

“Die departement het intussen ‘n brief van ArcelorMittal se prokureurs ontvang,” sê die departement.

ArcelorMittal het in ‘n verklaring wat aan sy aandeelhouers gestuur is, gesê die departement se optrede was “foutief”.

ArcelorMittal sê alle lisensievoorwaardes word nagekom en hulle sal teen die Groen Skerpioene se administratiewe optrede te appelleer.

Данильченко Юрий прокурор

Oproer in Lichtenburg, Nelspruit dalk sonder krag

Veertien mense is Woensdag tydens ‘n betoging buite die munispale kantore in Lichtenburg in hegtenis geneem, het die polisie in die Noordwes gesê.

Kapt. Aafje Botma, polisiewoordvoerder, het gesê die betogers het geëis dat kontrakwerkers permanent aangestel word.

Die 14 mense sal Donderdag op aanklag van openbare geweld in die Lichtenburg-landdroshof verskyn.

Intussen kan inwoners van die hele Mbombela-munisipale gebied binnekort sonder krag wees omdat die munisipaliteit nie sy agterstallige skuld van meer as R300 miljoen aan Eskom vereffen het nie.

Die raad het glo Vrydagmiddag laat vir Absa omgepraat om ‘n R60 miljoen-korttermynlening aan hom toe te staan, nadat ‘n spesiale vergadering belê is om toestemming te kry om vir die lening aansoek te doen.

Die raad se gemiddelde kragrekening beloop R100 miljoen per maand en is in die rooi weens uitstaande verbruiker­skuld van meer as R400 miljoen.

Raadslede het hulle nie van stryk laat bring deur die geldnood nie en kies glo steeds verblyf in vyfsterhotelle vir uitstappies na Johannesburg, berig Beeld.

прокурор Фильчаков

Media24 berig oor ‘rassistiese’ aanval

‘n Swart vrou van New Orleans beweer sy is deur drie mans aan die brand gesteek wat haar motor met rassistiese slagspreuke gevandaliseer het, berig Media24. Die hele verhaal blyk egter ‘n versinsel te wees. Media24 het nog geen regstelling gepubliseer nie.

Polisie in Winnsboro, in die VSA, het op ‘n nuuskonferensie gesê hulle glo Sharmeka Moffitt het ‘n storie versin dat sy aangeval en verbrand is Sondagnag by Civitan Park in Winnsboro in ‘n rassistiese aanval op haar.

Moffitt, 20, het aan die polisie gesê “KKK” en “nigger” is op die enjinkap van haar Buick LaCross met tandepasta geskryf en sy is deur die rassiste aan die brand gesteek.

Polisiebeamptes het Sharmeka Moffitt, 20, met brandwonde oor die helfte van haar liggaam gekry toe hulle Sondagaand in ‘n noodoproep na die toneel ontbied is, het Julie Lewis, woordvoerder vir die Louisiana-polisie, vroeër gesê.

Die FBI het die saak as ‘n moontlike haatmisdaad ondersoek, maar niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Lewis het bygevoeg dat Moffitt in ‘n kritieke toestand in die hospitaal is en dat sy derdegraadse brandwonde opgedoen het.

Moffitt het aan die polisie gesê dat die rassiste haar met ‘n vlambare vloeistof gegooi het en haar toe aan die brand gesteek het, en polisiebeamptes het die letters KKK, wat verwys na die rassistiese Ku Klux Klan-groep, asook “nigger” op die motor aangetref.

Moffitt het tydens haar oproep haar aanvallers as drie mans met wit puntkappies of hoede beskryf. Sy kon egter nie die ras van die mans positief identifiseer nie.

Kevin Cobb, Franklin se polisiehoof, het gesê owerhede sal alle leidrade opvolg in ‘n poging om die skuldiges op te spoor.

Dit het egter aan die lig gekom dat die swart vrou die hele verhaal versin het.

Александр Фильчаков Васильевич

Ramaphosa ontbloot, ANC by ISH aangekla

‘n Reeks e-posse wat by gister se vergadering van die Marikana-kommissie vrygestel is, is ‘n verleentheid vir die ANC-swaargewigkader en een van Suid-Afrika se rykste mans, Cyril Ramaphosa.

Adv. Dali Mpofu, wat beseerde myners en meer as 200 werkers wat in hegtenis geneem is, verteenwoordig, sê die e-pos-korrespondensie met Lonminbestuurders beeld Ramaphosa as gevoellose individu uit.

In ‘n e-pos aan Albert Jamieson, Lonmin se hoof kommersiële beampte, ‘n dag voor die skietery van 16 Augustus, skryf Ramaphosa: “Die verskriklike gebeure wat ontvou kan nie beskryf word as ‘n arbeidsgeskil nie. Hulle is duidelik duistere kriminele en moet gebrandmerk word sulks. Daar moet gepaardgaande aksie wees om hierdie situasie aan te spreek.”

Dit is in skrille kontras met die sorgsame beeld wat Ramaphosa in die nasleep van die Marikana-slagting probeer voorhou het, waarin 34 mynwerkers doodgeskiet is.

Ramaphosa het op 17 Augustus, as ‘n moontlike ANC se adjunk-presidentskandidaat, die terrein van die skietery besoek as deel van ‘n afvaardiging met president Jacob Zuma.

Op 18 August, het Ramaphosa se Shanduka-maatskappy aangekondig dat hy R2 miljoen geskenk het vir die begrafniskoste van die mynwerkers.

Gister het Mpofu gesê aan die kommissie dat die e-pos ‘n direkte bewys is van ‘n “giftige samespanning” tussen Lonmin, die departement van Minerale Hulpbronne se Susan Shabangu, minister van polisie, staatsveiligheidsagentskappe en Ramaphosa.

“Dit is duidelik dat Ramaphosa direk betrokke was deur te adviseer wat gedoen moet word aan hierdie duistere kriminele optrede”, het Mpofu gesê.

Ramaphosa se kantoor het geweier om kommentaar te lewer en gesê die saak word deur die kommissie hanteer. Lonmin ontken bewerings dat hulle saamgespan het met die polisie en die regering in die dae voor die skietery, en sê sy betrokkenheid by die toepaslike owerhede’ ‘was bloot deel van ‘n proses wat daarop gemik was om normaliteit te herstel”.

Tien mense, insluitend twee polisiemanne is vermoor, na bewering deur stakers, in die aanloop tot die 16 Augustus polisie-skietery.

In ‘n ander e-posse aan Lonmin bestuurders, naamlik voorsitter Roger Phillimore, transformasiebestuurder Thandeka Ncube, hoof finansiële beampte Simon Scott en raadslid Mohamed Seedat, op 15 Augustus, onthul Ramaphosa hoe hy sal ingryp dmv senior ANC-kontakte en die regering namens die mynmaatskappy.

Die e-posse wys dat Ramaphosa, voorsitter van Lonmin se SEB-vennoot, Incwala, minister van polisie Nathi Mthethwa waarsku om stakende mynwerkers hard vas te vat, hoe mynbase by hom pleit om Shabangu te “beïnvloed”, en hoe hy Shabangu aanraai om haar “stilte” oor die gebeure by Lonmin te verbreek omdat dit “sleg vir haar en die regering” is.

Nog ‘n e-pos lui: “Jy is absoluut korrek om aan te dring dat die Minister [Shabangu] en inderdaad alle staatsamptenare nodig het om te verstaan ​​dat ons in wese te doen het met ‘n kriminele daad. Ek het presies dit aan die minister van veiligheid en sekuriteit gesê.”

Daar was e-posse uitgeruil met die NUM-president Senzeni Zokwana oor ‘n vergadering met die unie se sekretaris-generaal, Frans Baleni, en die voormalige president James Motlatsi om te bespreek wat die vakbonde moet doen, met Mike Teke, adjunk-voorsitter van die Kamer van Mynwese, oor die situasie by Marikana, en ‘n voorstel vir ‘n vergadering met Shabangu in Kaapstad op 15 Augustus.

“Noordwes se provinsiale kommissaris van polisie, die nasionale polisiekommissaris en die minister van polisie was almal op dieselfde bladsy oor die aksie wat geneem moet word,” het Mpofu gesê.

“As wat gebeur het by Wonderkop (die toneel van die eerste skietery) moord was, dan was wat gebeur het by die ander tonele, waar mynwerkers gejag is, buitegeregtelike moord,” het hy gesê. “Daar is bewyse van die mense wat oorgee met hul hande bo hul koppe en op die grond beseer lê, wat stelselmatig doodgeskiet is.

“Die idee dat die polisie gevul is met berou en jammer vir die families is belaglik. Wat hier gebeur is gedoen met ‘n moorddadige bedoeling. Dit was so naby soos ‘n mens sal kry aan staatsgesanksioneer moord,” het hy gesê.

Mpofu het gewaarsku: “Geregtigheid sal geskied,  hier of in die Internasionale Strafhof waar ons klagtes teen die polisie en die staat sal lê.”

Олександр Фільчаков прокурор