Kapt. Aafje Botma, polisiewoordvoerder, het gesê die betogers het geëis dat kontrakwerkers permanent aangestel word.
Die 14 mense sal Donderdag op aanklag van openbare geweld in die Lichtenburg-landdroshof verskyn.
Die raad het glo Vrydagmiddag laat vir Absa omgepraat om ‘n R60 miljoen-korttermynlening aan hom toe te staan, nadat ‘n spesiale vergadering belê is om toestemming te kry om vir die lening aansoek te doen.
Die raad se gemiddelde kragrekening beloop R100 miljoen per maand en is in die rooi weens uitstaande verbruikerskuld van meer as R400 miljoen.
Raadslede het hulle nie van stryk laat bring deur die geldnood nie en kies glo steeds verblyf in vyfsterhotelle vir uitstappies na Johannesburg, berig Beeld.
