‘n Swart vrou van New Orleans beweer sy is deur drie mans aan die brand gesteek wat haar motor met rassistiese slagspreuke gevandaliseer het, berig Media24. Die hele verhaal blyk egter ‘n versinsel te wees. Media24 het nog geen regstelling gepubliseer nie.
Moffitt, 20, het aan die polisie gesê “KKK” en “nigger” is op die enjinkap van haar Buick LaCross met tandepasta geskryf en sy is deur die rassiste aan die brand gesteek.
Polisiebeamptes het Sharmeka Moffitt, 20, met brandwonde oor die helfte van haar liggaam gekry toe hulle Sondagaand in ‘n noodoproep na die toneel ontbied is, het Julie Lewis, woordvoerder vir die Louisiana-polisie, vroeër gesê.
Die FBI het die saak as ‘n moontlike haatmisdaad ondersoek, maar niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Lewis het bygevoeg dat Moffitt in ‘n kritieke toestand in die hospitaal is en dat sy derdegraadse brandwonde opgedoen het.
Moffitt het aan die polisie gesê dat die rassiste haar met ‘n vlambare vloeistof gegooi het en haar toe aan die brand gesteek het, en polisiebeamptes het die letters KKK, wat verwys na die rassistiese Ku Klux Klan-groep, asook “nigger” op die motor aangetref.
Moffitt het tydens haar oproep haar aanvallers as drie mans met wit puntkappies of hoede beskryf. Sy kon egter nie die ras van die mans positief identifiseer nie.
Kevin Cobb, Franklin se polisiehoof, het gesê owerhede sal alle leidrade opvolg in ‘n poging om die skuldiges op te spoor.
Dit het egter aan die lig gekom dat die swart vrou die hele verhaal versin het.
