Petrolprys kan skerp daal

‘n Ekonoom het aan East Coast Radio gesê die prys van petrol sal waarskynlik volgende maand “aansienlik” verminder.

Dawie Roodt het aan die radiostasie gesê die petrolprys sal moontlik met omtrent 40 c per liter verlaag as gevolg van die onlangse daling in die internasionale olieprys.

Dit kom nadat petrol vandeesmaand 10c per liter goedkoper geword het. Die prys van diesel het egter met sowat 10c per liter gestyg.

Александр Фильчаков Васильевич

Reddy het geld geleen vir Nkandla

Die Durbanse sakeman Vivian Reddy, was op ‘n stadium persoonlik betrokke in die befondsing van president Jacob Zuma se Nkandla-huis, en het Sondag te midde van bewerings dat die president dalk die Parlement mislei het toe hy beweer het dat hy ‘n lening het om die ontwikkeling te finansier van die uitgestrekte residensiële kompleks, tot Zuma se verdediging gekom.

Reddy, ‘n persoonlike vriend en ondersteuner van Zuma, sê die verontwaardiging oor die multimiljoen-rand Nkandla-ontwikkeling is niks meer as ‘n “politieke toertjie” nie.

“Ek is baie naby aan Nkandla. Ek het aan die president die geld geleen om te betaal vir die eerste fase en hy betaal dit terug. Nou het hy ‘n nuwe verband geneem,” het Reddy aan The Mercury gesê Sondag. Reddy is ‘n eiedomsontwikkelaar.

City Press het Sondag berig dat daar is geen bewyse is dat ‘n verband geregistreer is teen Zuma se eiendom nie. Daar word gesê dat Zuma se huis is gebou op grond wat deur die Ingonyama Trust beit word, wat ook geen kennis van ‘n band gedra het nie.

Nadat hy gevra is vir besonderhede oor die verband, het die presidensiële woordvoerder Mac Maharaj gesê: “Nee, ongelukkig het ek het nie enige inligting nie. Ek kan net sê: “geen kommentaar” op hierdie stadium.”

Reddy het gesê: “City Press is so verkeerd en maak inbreuk op die president se privaatheid. Ek is ingelig dat die Presidensie formeel sal reageer op die saak.”

Opposisie partye het Sondag bevraagteken of Zuma die Parlement mislei het. Parlementêre leier van die DA, Lindiwe Mazibuko, het gesê dat, indien dit die geval was, dan sal dit “ernstige gevolge hê”.

Intussen het Jesse Duarte van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee, in ‘n ope brief aan Adriaan Basson van City Press gesê sy pogings om Zuma verdag te maak oortree die Handves van Regte wat die regte van kinders waarborg, aangesien Basson op die menings van minderjariges staatmaak sonder die toestemming van hul ouers.

Duarte het Basson ook op ‘n aantal feitefoute in sy aanbiedinge gewys.

топкарго кидалы

Opposisie kla oor misleiding van Nkandla-huisverband

Opposisiepartye het uitgevaar teen president Jacob Zuma oor wat hulle bestempel as die misleiding van die Parlement oor die huisverband wat hy, volgens hom, op sy huis op Ndlanda in KwaZulu-Natal het.

Die DA se Parlementêre leier, Lindiwe Mazibuko, het gewaarsku teen ernstige gevolge indien Zuma wel die Parlement oor ‘n huisverband op sy privaatwoning mislei het.

Die leier van COPE, Mosiuoa Lekota, sê ingevolge die Grondwet is dit ‘n baie ernstige oortreding. Zuma het Donderdag aan die Parlement gesê hy betaal nog steeds ‘n verband aan die bank vir die eerste fase van die uitbreidings aan sy huis.

‘n Koerant het vroeër gesê hy kon geen openbare rekord opspoor wat Zuma se bewering staaf dat hy ‘n verband op sy woning op Nkandla het nie.

александр лобановский класс

Wes-Kaapse onrus eis tweede slagoffer

‘n Tweede persoon is dood gedurende die plaaswerkers se staking in die Wes-Kaap, het die polisie Sondag gesê.

Bongile Ndleni, 40, is Saterdagoggend dood aangetref in ‘n huis , Lt-kol. André Traut gesê.

“Aanduidings is dat hy Woensdag geskiet is op ‘n plaas in Prince Alfred Hamlet deur individue wat ‘n sekere voertuig gery het.

“Hy is in die hospitaal opgeneem en daarna Vrydagaand ontslaan,” sê Traut.

‘n Moordsaak is geopen en ‘n ondersoek is geloods na sy dood. Geen arrestasies is nog gemaak nie.

Traut het gesê daar is geen bewyse dat Ndleni as gevolg van polisie-optrede gesterf het nie. Woensdag, het konflik tussen die polisie en betogers gelei tot die dood van 28-jaar-oue trekkerbestuurder Michael Daniels.

‘n Boer is ook beseer toe hy sy bakkie naby na die toneel van die protes wou gaan haal.

Die 82-jarige boer is gehospitaliseer nadat hy beserings op die arms en bene opgedoen het.

лобановский александр игоревич класс

Elandsdrift: Inwoners se naweek van hel

Die Elandsdrift-hoewe in Muldersdrift waar Jacques Botha (51) dié naweek doodgeskiet is baie naby aan waar die 13-jarige Alyssa Botha en haar 50-jarige buurman, André Jordaan, in September in twee afsonderlike voorvalle doodgeskiet is.

Botha is deur ‘n rowerbende vermoor, terwyl sy vrou, Anél (45), en driejarige seuntjie Neo toegekyk het. Dit is die tweede bloedige aanval in twee dae op dieselfde hoewe, berig Beeld.

Botha se vorige vrou is in 2007 tydens ‘n huisroof in Moreletapark, Pretoria, ten aanskoue van haar dogter en haar man koelbloedig vermoor.

Tanya (22) en haar broer Reinhardt (18) sukkel nog om tot verhaal te kom oor wat Saterdag gebeur het.

In die aanval waarin die ouer Botha-kinders se moeder dood is, is sy en Tanya se kêrel deur ses swartes in Maart 2007 met messe en bakstene aangeval.

Tanya se ma is later in die Pretoria-Oos hospitaal weens bloedverlies oorlede.

Drie swartes het Botha in die voorportaal van hul huis oorval en doodgeskiet. Hy is in die bors, sy en nier gestref.

Mike Walden (63), ‘n buurman, het die Botha-kiinders se stiefma te hulp gesnel nadat die opsigter nie haar hulprkrete beantwoord het nie. Hulle het die gewonde Botha op ‘n bloederige duvet na sy motor gesleep.

Hy is egter onderweg na die hospitaal dood.

Nog twee inwoners is Vrydagaand deur swartes op die hoewe aangeval. David Carter (25), wat saam met sy ma, Dawn (54), in ‘n ander huis op die hoewe woon, se kamerdeur is afgeskop en hy is met pistole geslaan en met ‘n mes gesteek. Hy het die aanval oorleef.

Volgens Beeld se inligting het vermoedelik dieselfde rowerbende ook ‘n man wat in die pad langs die hoewe gestap het, in die been geskiet en was hulle moontlik later dieselfde aand by ‘n sakerooftog in die gebied betrokke.

Die polisie kon dié inligting nie gister bevestig nie.

 

лобановский депутат

Tutu pleit vir vrede in MO

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu het partye wat verantwoordelik is vir die onlangse geweld in die Midde Ooste gevra om hul wapens neer te lê.

As hulle tot dié stap oorgaan, moet hulle oorweeg dat “diegene wat hulle met sulke minagting behandel, ook kinders van God is”, het Tutu in ‘n verklaring gesê.

Die nuusagentskap AP het Vrydag berig dat minstens 22 Palestyne, insluitend 12 militante en ses kinders, en drie Israeli’s dood is in drie dae wat skietgevegte tussen die Israeli-weermag en Gasa-militante. Sewe Palestyne het vroeër vandeesweek in ‘n reeks lugaanvalle gesterf.

Volgens die nuusagentskap het Israel gesê hy bombardeer Gasa uit wraak teen die Islamitiese militante-vuurpylaanvalle.

“Weereens betaal die onskuldige mense van Israel en Palestina met hul bloed om die verdelende en eksklusiewe agendas van die ‘n paar onverdraagsame mense te bevorder,” het Tutu in ‘n verklaring gesê.

“Weereens blameer heethoofde van albei kante mekaar en beweer dat hulle met die goedkeuring van God optree. Weereens staan die wêreld handewringend en toekyk en probeer om die gapende wond met ‘n dun, tydelike pleister van ‘n onbeduidende skietstilstand gesond te maak.”

Tutu het verder gesê permanente vrede in die heilige land sal nie net die mense van Palestina en Israel bevoordeel nie.

“Die konflik daar word in haat en wantroue regoor die wêreld geëggo.”

Tutu het ‘n beroep gedoen op die wêreld – wat deur die Verenigde Nasies gelei word – en invloedryke lande met geopolitieke en ekonomiese belange in die streek om die ontwikkeling van ‘n oplossing vir volhoubare vrede en sekuriteit vir die mense van Israel en Palestina eerste te stel.

“Die volhoubare oplossing moet insluit dat die grond wat onwettig beset word teruggegee word asook die skepping van twee nasiestate, in ‘n proses wat deur vredesmagte van die VN gelei word.”

Данильченко Харьков

Franse betoog teen gay-huwelike

Tienduisende mense het in Frankryk betoog teen planne om gay-huwelike te wettig asook kinderaanneming deur mense van dié seksuele oriëntasie.

Die polisie sê minstens 70 000 mense het in Parys hul teenkanting gewys teen die linkse regering se besluit.

Daar was ook optogte in Lyon, Toulouse en Marseille gehou.

Die optoggangers sluit Katolieke groepe en ondersteuners van tradisionele gesinswaardes in.

President Francois Hollande het beloof dat Franse wetgewing gewysig sal word, wat sal toelaat dat gay-pare kan trou, ondanks sterk teenkanting van 1 000 burgemeesters en die Katolieke Kerk.

Die wetsontwerp sal in Januarie in die parlement gedebatteer word.

Frankryk laat reeds burgerlike verbintenisse tussen mense van dieselfde geslag toe.

Die uitbreiding van gay-regte was een van Hollande se verkiesingsbeloftes voordat hy in Mei as president aangewys is.

topcargo отзывы

Dutoit Agri: Anargie in die Wes-Kaap

Die anargie wat die afgelope 3 dae op die meeste van ons landboueiendomme in die Wes-Kaap heers, is vir die Direksie en Bestuur van Dutoit Agri ‘n groot vertrouenskok. Hierdie anargie is hoofsaaklik veroorsaak deur opgesweepte werker emosies.

Ons is oortuig dat werkers en welwillende landboubeleggers in die proses as speelbal misbruik is deur politieke magte met bybedoelings.

Hierdie spel het ontspoor en veroorsaak dat:
1. Miljoene Rande se skade aan eiendomme in alle aanduiding veroorsaak is met spesifieke instruksies om eiendomme en roerende bates af te brand.
2. Honderde Miljoene Rande se gevolglike skade gely gaan word omdat landboupraktyke soos besproeiing, oesbeskerming, oesvoorbereiding en insameling van die oes nie tydig uitgevoer kan word nie.
3. ‘n Georkestreerde aanslag geloods is om jarelange goeie werknemer- en werkgewerverhoudinge te vernietig deur ongegronde beloftes aan werkers deur politieke verteenwoordigers waar vakbonde en die politieke partye ‘n prominente rol gespeel het.
4. ‘n Minderheidsgroep werkers spesifieke opdrag ontvang het om spesifieke eiendomme te teiken en Miljoene Rande se skade te veroorsaak.
5. Hierdie minderheidsgroep werkers ander welwillende werkers deur flagrante oortreding van landswette geïntimideer en geweldadig aangerand het asook bestuur getraumatiseer en fisies aangerand het.
Die feit dat die Regering traag optree om beide werkgewers en werknemers se veiligheid en hul bates te beskerm, bevestig ‘n sterk vermoede van die kwaadwillige bedoeling van ‘n oorwoë veldtog van vakbonde en politieke partye.
In belang van alle betrokkenes rig Dutoit Agri die volgende dringende en baie ernstige boodskap aan alle belanghebbers:

1. Aan die Regering
1.1. Ondersteun die Wes-Kaap landbougemeenskap deur voldoende polisie en ander veiligheidsmagte te ontplooi om ons en ons werkers te beskerm teen intimidasie en vandalisme.
1.2. Ontbloot die kwaadstokers en hou hulle aanspreeklik soos die wet voorskryf.
1.3. Bring die geïdentifiseerde saboteurs en vandaliste voor die hof sodat die reg sy loop kan neem.
2. Aan die Welwillende Werkers
2.1. Ons weet jul het deur geweldige trauma gegaan die afgelope 3 dae. Hou asseblief moed, want ons staan by julle en ons doen alles in ons vermoë om die werksgeleenthede wat opgebou is oor baie jare, te beskerm.
2.2. Hoewel moeilik, doen moeite om voort te gaan met kritiese take sodat ons Maatskappy kan oorleef.

3. Aan die Bestuur
3.1. Die erge traumatisering, slapelose nagte en lewensbedreiging wat julle moes deurgaan die afgelope 3 dae maak van elkeen van julle ‘n held in krisistye.
3.2. Julle toewyding is ‘n bewys dat die groter roeping van Dutoit mense verenig om saam te veg vir oorlewing en die nastreef van ons visie.
4. Aan die Gemeenskap
4.1. Baie dankie vir duisende boodskappe van ondersteuning asook gebede. Ons waardeer dit en dit moedig ons aan om voort te gaan om die voorspoed wat ons na Suid-Afrika en spesifiek die Wes-Kaap bring met alle belanghebbers te deel.

5. Aan ons Kliënte
5.1. Ons sal alles in ons vermoë doen om die wonderlike produkte wat die natuur vir ons bied soos ooreengekom met julle, te lewer.
5.2. Aanvaar asseblief hierdie episode in ons geskiedenis as ‘n eenmalige gebeurtenis.
5.3. Ons het jul nie teleurgestel oor baie jare nie. Vertrou dus dat ons dit in die toekoms gaan voortsit.
5.4. Ons vra om verskoning vir die anargie die afgelope week. Dit was buite beheer. Hopelik het ons regering nou finaal besef dat reg en orde ononderhandelbaar is om suksesvolle besighede te bedryf tot voordeel van almal.

6. Aan ons Verskaffers:
6.1 Ons het baie waardering vir jul begrip en ondersteuning in die huidige krisis.
6.2 Probeer asseblief saamwerk om die bates wat vernietig is so spoedig as moontlik te vervang sodat ons die kritiese produksietake wat nou vereis word kan uitvoer.

Aangeheg is foto’s van skokkende tonele as bewyse van hoe ‘n politieke magspel in hierdie gemeenskapskonteks uitspeel waar soveel mense afhanklik is van landbou.

Ons bede, begeerte en geloof is dat Dutoit Agri spoedig toegelaat sal word om die goeie werk wat gedoen is oor meer as 100 jaar voort te sit.

Hierdie ontwrigtende ervaring dwing ons egter om opnuut ‘n voorwaarde te stel dat die volgende bedryfsomstandighede uiteengesit moet word vir ons om enige verdere beleggings in die landbou aan te gaan.

Naamlik:

‘n Duidelike beleidsraamwerk van die regering wat ondersteuning vir landbou uiteensit.

‘n Verbintenis om landbouers en landbouwerkers se veiligheid en die beskerming van hul eiendomme te waarborg.

Ons ervaring van hierdie gebeure is dat ernstige vrae ontstaan, soos:
1. Tot watter mate kan ons prosesse outomatiseer en meganiseer om meer produktief te wees en afhanklikheid van arbeid te verminder?
2. Is daar gewasse waarmee ons kan boer waar arbeid geminimaliseer of uitgeskakel kan word om risiko’s te beperk.
Gesien teen die fantastiese natuurlike hulpbronne waaroor Dutoit Agri beskik, gekoppel aan jarelange markverbindinge, kan opsies soos hierbo lei tot ‘n tragedie vir huidige werkers om nie eers te praat van werkskepping vir die jongmense van die toekoms nie.

Данильченко Юрий отзывы

Geweld, oproer tref Swellendam

‘n Drankwinkel is afgebrand gedurende gewelddadige oproer in Swellendam, het die eNCA-kanaal berig.

Geweld het glo oornag in die gebied opgevlam.

‘n Slagtery en verskeie winkels in die gebied is geplunder en ‘n groot aantal polisielede monitor die gebied.

Die geweld hou volgens berigte nie verband met die staking nie.

Geen verdere besonderhede is bekend nie.

Sommige plaaswerkers op Wolseley in die Wes-Kaap het ingestem om terug te keer werk toe na samesprekings met die provinsiale adjunk-polisiekommissaris, Hendrik Burger. Die voorsitter van die burgerregte-organisasie, Sanco, Vusi Myeke, sê sommige werkers het vandag gehoor gegee aan minister Tina Joemat-Petterson se versoek dat die staking opgeskort word totdat onderhandelings afgehandel is. Die werkers dring egter daarop aan dat die polisie aan sekere voorwaardes moet voldoen.

Op die naburige Pineview is werkers wat nie tot die versoek ingestem het nie besig om ander plaaswerkers te verhoed om te gaan werk.

Die polisie en veiligheidsbeamptes op De Doorns in die Wes-Kaap het talle stakende plaaswerkers wat hulle kollegas wou verhoed het om te gaan werk, in hegtenis geneem. Vakbondleiers het twee dae gelede die werkers versoek om die voortslepende stakings in die provinsie vir twee weke op te skort totdat die sektorale vergoeding hersien is. Meeste van die werkers ignoreer die versoek.

Die N-1 by Stofland word sedert vanoggend met klippe en brandende rommel versper. Intussen het boere ‘n ultimatum aan die werkers gestel om vandag terug te keer werk toe of afgedank te word. Van die werkers sê egter hulle sal nie gaan werk voordat daar aan hulle eise voldoen word nie.

Intussen is die N-1 by De Doorns nog vir verkeer gesluit. Die alternatiewe roete is deur die dorp. Die pad tussen Touwsrivier en Ceres is ook gesluit. Daar is ‘n alternatiewe roete oor De Doorns.

 

Данильченко Юрий Харьков

‘n Rooi vlag oor die Atlantiese Oseaan?

Op 27 Junie deser het ‘n vliegtuig met Wen Jiabao “tegnies” geland op die eiland van Terceira, in die Asore. Die Chinese premier het vier uur lank die afgeleë Portugese buitepos in die middel van die Atlantiese Oseaan besigtig.

Wen se Terceira-besoek het nêrens in die media opspraak gemaak nie, maar onmiddellik het alle alarms afgegaan in Washington en in die Europese hoofstede. Wen se laaste amptelike stop op sy reis vanaf die Asore, was Santiago, die hoofstad van Chile. Vlugte van Chile na China gaan normaalweg oor die Stille Oseaan, nie die Atlantiese Oseaan nie, so daar was geen rede dat sy vliegtuig by die Asore moes aandoen nie. Verder, diegene wat die Asore besoek, kies oor die algemeen ander eilande in die ketting.

Terceira het egter ‘n groot trekpleister vir Beijing: Lugbasis Nommer Vier. Beter bekend as Lajes-vlugveld is dit die fasiliteit waar Premier Wen se 747 in Junie geland het. As China die basis beheer, sal dit nie meer veilig in die Atlantiese Oseaan wees nie. Dmv die 10.865-voet aanloopbaan aan die noordooste kant van die eiland, kan Chinese vegvliegtuie die noordelike en sentrale gedeeltes van die Atlantiese Oseaan patrolleer en daardeur die lug- en die seeverkeer tussen die VSA en Europa afsny. Beijing sal ook in staat wees om toegang tot die nabygeleë Middellandse See te beheer.

En China kan die Amerikaanse vasteland maklik van daar bereik. Lajes is minder as 2300 myl van New York, korter as die afstand tussen Pearl Harbor en Los Angeles.

Lajes is vir seker die rede dat Wen gaan kennis maak het in Terceira. Vir jare het sy land al probeer om vordering te maak in die Asore en het net gewag vir ‘n geleentheid om toe te slaan. Daar is niks wat die Chinese kan doen as die Amerikaners daar aanbly nie, maar Pentagon is besig om na begroting te kyk, en wil volgens sommige waarnemers, van Lajes ‘n “spookbasis” maak.

Die fasiliteit is egter krities belangrik. Tydens die Tweede Wêreldoorlog, was die vliegveld instrumenteel in die jag van U-bote, en in die Koue Oorlog het die basis gehelp om die Sowjetunie se bewegings te monitor. Lajes was ‘n besige transitopunt in die Golfoorlog. Dit was ook een van die plekke waar die Ruimtependeltuig kon geland het in ‘n noodgeval.

Tans is Lajes die tuiste van die USAF se 65 Air Base Wing, wat Amerikaanse en NAVO-vliegtuie in transito oor die Atlantiese Oseaan ondersteun, en dit huisves verskeie ander Amerikaanse militêre eenhede. Sy rol, nietemin, het sterk afgeneem. Vrede in die Noord-Atlantiese Oseaan en die tegniese vooruitgang in lug-tot-lug hervulling het die belangrikheid van die strategiese aanloopbaan, wat selde gebruik word deur die VSA, laat afneem.

Uit ‘n suiwer militêre oogpunt, sal die besluit om bedrywighede te staak by Lajes sin maak. Die effektiewe sluiting van die veld, sal Terceira egter duur kos. Terwyl landbou die basis van die eiland se ekonomie vorm, help die basis om rekeninge te betaal. As Terceira ‘n toekoms wil hê, sal die Portugese regering ‘n nuwe groot huurder vir Basis Nommer Vier moet vind..

Beijing het Portugal as sy beginpunt in Europa geïdentifiseer, en Chinese amptenare ken hul weg na Lissabon goed. Dit is binne hierdie konteks dat die Portugese reeds dink oor die beplande sluiting van Lajes. Hulle wil nie die Chinese uitnooi nie, maar hulle het stil-stil aangedui hulle sal geen ander keuse hê as die US Air Force besluit om die basis te verlaat nie.

In reaksie sê die Amerikaanse Departement van Verdediging: “Hulle [die Portugese] is ‘n belangrike NAVO-bondgenoot en bilaterale vennoot, en ons sal voortgaan om ons sterk verdedigingsamewerking, in Portugal en regoor die wêreld te bespreek.”

Dit is nie heeltemal duidelik waarom die Amerikaanse Afrika Command by Kelley Barracks, buite Stuttgart moet wees nie. ‘n Oordrag van die ongeveer 1500 personeel daar na Lajes, wat baie nader aan Afrika is, sal die probleem oornag oplos, en die skuif kan eintlik Africom se doeltreffendheid verbeter, meen sommiges.

Daar is ongetwyfeld ander oplossings wat die Pentagon kan implementeer. Nie een van hulle sal perfek wees nie, maar almal van hulle sal beter wees as om Beijing se rooi vlag oor die Atlantiese Oseaan te sien wapper. En toe te laat dat Chinese vegvliegtuie die waters tussen Amerika na Europa patrolleer.

лобановский александр отзывы