Twee met plofstof betrap

Twee mans is in die suide van Johannesburg in hegtenis geneem ná plofstof na bewering in hulle besit gevind is, het die metropolisie Maandag gesê.

Metropolisiebeamptes het volgens hoofsupt. Wayne Minnaar glo Sondag ‘n wenk ontvang dat twee mans in ‘n wit Hyundai op pad was om ‘n OTM in Sebokeng op te blaas.

‘n Motor wat aan die beskrywing voldoen is op die R29 afgetrek. Altesaam 27 stukke dinamiet is in die voertuig gevind.

Twee mans, onderskeidelik 27 en 28 jaar oud, is in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn.

Александр Фильчаков

‘As jy weghardloop, sal jy moeg sterf’

‘n Ondersoek na ‘n plakker op ‘n polisiebakkie met die woorde “You can run but you will die tired” (“Jy kan weghardloop, maar jy sal moeg sterf”), is geloodsr, het The Star Maandag berig.

Brig. Thulani Ngubane, woordvoerder vir die polisie in die Noordwes, het sy skok uitgespreek oor die plakker, wat glo ook ‘n prent van ‘n vuurwapen op het, wat agter op ‘n polisievoertuig gepryk het.

“Ons sal ondersoek instel, vasstel wie die voertuig bestuur en stappe sal gedoen moet word.”

Die voertuig was volgens die berig naby die toneel geparkeer waar 34 stakende mynwerkers op 16 Augustus verlede jaar gedurende ‘n botsing met die polisie in Marikana gesterf het.

Ngubane het gesê die soort praktyk word verbied, behalwe as spesiale toestemming in ‘n spesifieke geval verleen is, omdat dit die polisie se naam en reputasie skaad.

Johan Burger van die Instituut vir Sekerheidstudies het gesê die plakker is onprofessioneel, veral wanneer dit gesien word in die lig van wat by Marikana gebeur het.

“Die boodskap sê iets van die bestuurder van daardie voertuig.”

топкарго кидалы

Die helfte van SA se water gemors, gesteel

Byna 50 persent van die land se kraanwater word gesteel, vermors of lek eenvoudig weg elke jaar in Suid-Afrika, die 30ste droogste land in die wêreld.

Rekordhouding en water-meting is so swak dat sommige munisipaliteite nie eens weet hoeveel water hulle gebruik nie, volgens ‘n nuwe verslag wat in opdrag van die Waternavorsingskommissie gedoen is.

Dis die mees omvattende studie tot dusver oor nasionale kraanwatergebruik. Die verslag beraam dat 36,8 persent van munisipale water (ter waarde van meer as R7 miljard) geklassifiseer kan word as “nie-inkomste water”.

Hierdie term sluit water in wat lekkasies uit die stukkende pype beteken, asook water wat nie betaal is nie (maar met uitsluiting van die regering se gratis basiese watertoelae).

Die verslag aan die kommissie, sê die land se nie-inkomste watergebruik is soortgelyk aan die wêreldgemiddeldes, maar sodanige verliese is onaanvaarbaar in ‘n waterskaars land.

Die skrywers waarsku dat die ware syfer so hoog as 47,7 persent kan wees as gevolg van die massiewe volume van onbetaalde waterrekeninge wat afgeskryf word as oninbare skulde.

Die verslag deur Ronnie McKenzie, Zama Siqalaba en William Wegelin, WRP Raadgewende Ingenieurs, is gebaseer op data uit 132 van die land se 237 munisipaliteite en dek waterverbruik tot die einde van die 2010 finansiële jaar.

“Die gebrek aan inligting van 55% van die munisipaliteite dui daarop dat meer as die helfte van die land se munisipaliteite nie eens weet dat hulle ‘n probleem het nie.”

Die ergste oortreders is landelike munisipaliteite en in verskeie gebiede het waterretikulasiestelsels ook die einde van hul leeftyd bereik, met gebarste pype nou ‘n algemene verskynsel.

Die hoogste volumes gaan verlore in die groot stede en dorpe, wat gesamentlik verantwoordelik is vir ongeveer 85 persent van alle kraanwatergebruik.

Onder die groot stede, is Kaapstad se nie-inkomste waterverliese die laagste op 25 persent, gevolg deur Tshwane (Pretoria) op 26,5 persent, Durban op 37,5 persent en Johannesburg op 38,2 persent.

President Jacob Zuma het as ‘n teiken dit in 2010 gestel om waterverliese teen 2014 te halveer.

 

топкарго отзывы

Skryfster sê ouers was nie ‘wit rassiste’ wat aanval verdien

Blykbaar verdien wit rassiste om aangeval en gemartel te word. Die skryfster Riana Scheepers, sê haar ouers wat deur vier swartes aangerand is, is nie “wit rassiste” wat verdien om aangeval te word nie.

“My ma en pa was nie twee rassiste wat in ‘n wit toring gesit het nie,” sê Scheepers.

Haar bejaarde ouers, Attie en Myra Scheepers, is op hul plaas buite Vryheid in KwaZulu-Natal aangeval. Deur ‘n paniekknoppie met sy tong te druk, het haar pa die aanvallers op die vlug laat slaan.

Die egpaar besit ‘n slaghuis in Vryheid. Hulle is albei 80 jaar oud.

Riana, wat in Wellington in die Wes-Kaap woon, beskryf haar ouers as filantrope wat baie na die gemeenskap uitreik, berig Beeld. “My pa gee en gee… Hy deel net uit.”

Gewapende mans het hulle ingewag, oorrompel, geskop en met rewolwers oor die kop en in die gesig geslaan. Die egpaar se hande is met draad agter die rug vasgebind.

Hulle het ook gedreig om haar moeder se gesig met ‘n strykyster te brand.

Die aanvallers het selfone en sowat R18 000 se loongeld gebuit.

Die Scheepers-egpaar is sowat tien jaar gelede ook in hul slaghuis beroof en aangerand.

Фильчаков прокурор отзывы

Swartes ‘kwaad’ vir ANC

Die leier van Cope, Moshiuoa Lekota, het gesê swart gemeenskappe is kwaad vir die ANC.

RSG berig dat Lekota Saterdag in Kaapstad by ‘n konferensie van die FW de Klerk-stigting ‘n beroep op kiesers gedoen het om aanstaande jaar in groot getalle te stem om die ANC uit die kussings te lig.

Tydens die vorige verkiesing het die ANC 62% van die stemme op hom verenig en opposisiepartye 38%.

Lekota sê nog 12% is nodig om die ANC se stempersentasie tot 50% te verminder. En dit lê in die hande van die sewe miljoen kiesers wat nie gestem het nie.

Vroeër het die voorsitter van die Raad vir die Bevordering van die Grondwet, Sipho Pityana, gewaarsku dat ongelykhede swart mense marginaliseer en dat dit ‘n bedreiging vir die land inhou.

Oudpresident FW de Klerk het gesê Suid-Afrika is steeds by ‘n politieke kruispad en dat gesprekke nodig is om verskille in benaderings oor die Grondwet uit te klaar.

лобановский александр дети

Korrupsienes in Gesondheidsdepartement oopgevlek

Grootskaalse korrupsie in die Oos-Kaapse gesondheidsdepartment is ontbloot, het RSG Sondag berig.

Volgens ‘n forensiese oudit wat deur die premier en die LUR aangevra is, is meer as 8 000 werknemers van die departement, direkteure van maatskappye en is 929 gelys as verskaffers.

Uit die meer as 8 000 werknemers, het 235 betalings van R42,8 miljoen van die department ontvang.

Die department sê daar was ook 35 gevalle van eggenotes van werknemers wat sake met die department doen en wat betalings van R11 miljoen ontvang het.

Die ondersoek is deur die Spesiale Ondersoekeenheid, die Suid-Afrikaanse inkomstediens (SAID), die bate beslagleggingseenheid en die provinsiale gesondheidsdepartment uitgevoer.

лобановский александр биография

Luyt se afsterwe ‘n groot verlies

Dr. Louis Luyt se dood is ‘n groot verlies vir Suid-Afrika. As sakeman, rugbyadministrateur, Afrikanerleier en politikus het hy deurslaggewende bydraes gemaak.

Dr. Luyt het ‘n reuse rol in Suid-Afrikaanse rugby gespeel tydens die belangrike oorgangstydperk na 1994. Hy het veral nooit die nodige erkenning gekry vir sy belangrike bydrae tot die groot sukses van die Rugbywêreldbeker in 1995 nie.

“In die samesprekings tussen die die VF Plus en dr. Luyt se Federale Alliansie party in 2005 het ek hom as ‘n eerlike persoon wat opreg bekommerd is oor Suid-Afrika se toekoms, ervaar. Die samesprekings het op ‘n suksesvolle samesmelting van die twee party uitgeloop. Waar daar dikwels botsings na so ‘n samesmelting tussen partye en leiers is, het ons hartlik saamgewerk in belang van die groter saak van Suid-Afrika se toekoms,” het dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier, gesê.

As getuienis van dr. Luyt se sterk leierseienskappe is sy sake-geskiedenis waar hy homself van niks af opgewerk het tot een van Suid-Afrika se grootste sakemanne.

Die Vryheidsfront Plus spreek hul simpatie uit teenoor die familie van dr. Louis Luyt met sy afsterwe.

Фильчаков прокурор

praag.co.za weer op die lug ná kraking!

Vir die eerste keer in jare was hierdie webwerf vir ongeveer 36 uur buite werking, nadat ‘n Indonesiese kraker ons stelsel binnegedring en sekere lêers uitgewis en ander verander het.

Ons het deurnag gewerk om ‘n rugsteun van ons 90 000 lêers te maak en het die webwerf so pas weer herstel. In die toekoms sal ons egter ons sekuriteit opskerp om te sorg dat dit nie weer gebeur nie, asook na ‘n nuwe stelsel oorskakel wat dit nog veiliger sal maak, benewens die ekstra funksionaliteit waarna ons op soek is.

Ons bedank al ons getroue lesers en ondersteuners vir hul geduld tydens die afgelope 36 uur.

 

Фильчаков прокурор харьков

VF+ vra DA om hul neus uit Afrikaners se sake te hou

Die VF Plus het die DA burgemeester van Midvaal, mnr Timothy Nast sterk gekritiseer nadat hy verlede week tydens ‘n ouervergadering by die Laerskool Hendrik Verwoerd in Meyerton, die ouers van die skool as burgemeester in ‘n toespraak oorreed het om die naam van die skool ter wille van politieke korrektheid te verander, aldus mnr Jaco Mulder, VF Plus LPW vir Gauteng.

Die hoof en beheerliggaam van die skool het die skoolgemeenskap in ‘n politieke verleentheid gedompel deur die ouergemeenskap op kort kennisgewing bloot te stel aan die eensydige partypolitieke boodskap van Nast, sonder om teenargumente op gelyke basis aan te hoor.

Die aksie is niks anders as ‘n voorverkiesingsfoefie, soortgelyk aan die verwydering van die borsbeeld van dr Verwoerd voor die Meyerton burgersentrum kort voor die munisipale verkiesing van 2011, om hul swart steunbasis te verstewig.

Die DA beheerde raad begin ook eersdaags met ‘n straatnaamsveranderingsproses om verder gestalte te gee aan die populistiese stemvee. Dit is tragies dat die DA die ANC sterk in sy Verwoerd-misleidingsveldtog en daardeur ‘n deel van die ware geskiedenis van Meyerton uitwis.

Die feit dat dr. Verwoerd die parlementêre verkiesing in 1958 as LV vir Heidelberg gewen het met Meyerton as deel van die kiesafdeling, in Januarie 1960 as eerste minister van Suid-Afrika tydens die parlementsopening aangekondig het dat ‘n volkstemming oor republiekwording gehou sou word en dat die eerste openbare geleentheid wat Verwoerd ná dié aankondiging gehad het juis in Meyerton deur sowat 80 000 mense bygewoon is, word deur die aksies van die DA misken.

Volgens mnr Corrie Pypers, VF Plus raadslid vir Midvaal is dit onbehoorlik dat die burgemeester van ‘n stadsraad, wat ‘n diensleweringsinstansie is, inmeng in sake soos die naam van ‘n skool.

topcargo отзывы

Kondome, Vigstoetse vir skole

KwaZulu-Natalse skole ondersoek instel oor hoe kondome aan leerlinge verskaf kan word en hoe gewillige toetse vir MIV/Vigs gefasiliteer sal word.

The Mercury berig Senzo Mchunu, LUR van onderwys, sê dit is ‘n kwessie van “hoe”, eerder as “sal ons of sal ons nie.”

Hy is bekommerd ook die huidige toestand in die provinsie se skole, waar 10 595 leerlinge in 2011 swanger geraak het. Dwelms en drank word ook na die klaskamers geneem.

Volgens hom moet ouers en beheerliggame MIV en vigs bespreek.

“Ons hoef nie meer skaam te wees om te aanvaar dat kinders op ‘n jong ouderdom seksueel aktief is nie,” het hy gesê.

Die departement gaan fokus op skole waar swangerskappe algemeen is.

лобановский александр фото