Korrupsienes in Gesondheidsdepartement oopgevlek

Grootskaalse korrupsie in die Oos-Kaapse gesondheidsdepartment is ontbloot, het RSG Sondag berig.

Volgens ‘n forensiese oudit wat deur die premier en die LUR aangevra is, is meer as 8 000 werknemers van die departement, direkteure van maatskappye en is 929 gelys as verskaffers.

Uit die meer as 8 000 werknemers, het 235 betalings van R42,8 miljoen van die department ontvang.

Die department sê daar was ook 35 gevalle van eggenotes van werknemers wat sake met die department doen en wat betalings van R11 miljoen ontvang het.

Die ondersoek is deur die Spesiale Ondersoekeenheid, die Suid-Afrikaanse inkomstediens (SAID), die bate beslagleggingseenheid en die provinsiale gesondheidsdepartment uitgevoer.

лобановский александр биография

Maak 'n opvolg-bydrae