Swartes ‘kwaad’ vir ANC

Die leier van Cope, Moshiuoa Lekota, het gesê swart gemeenskappe is kwaad vir die ANC.

RSG berig dat Lekota Saterdag in Kaapstad by ‘n konferensie van die FW de Klerk-stigting ‘n beroep op kiesers gedoen het om aanstaande jaar in groot getalle te stem om die ANC uit die kussings te lig.

Tydens die vorige verkiesing het die ANC 62% van die stemme op hom verenig en opposisiepartye 38%.

Lekota sê nog 12% is nodig om die ANC se stempersentasie tot 50% te verminder. En dit lê in die hande van die sewe miljoen kiesers wat nie gestem het nie.

Vroeër het die voorsitter van die Raad vir die Bevordering van die Grondwet, Sipho Pityana, gewaarsku dat ongelykhede swart mense marginaliseer en dat dit ‘n bedreiging vir die land inhou.

Oudpresident FW de Klerk het gesê Suid-Afrika is steeds by ‘n politieke kruispad en dat gesprekke nodig is om verskille in benaderings oor die Grondwet uit te klaar.

лобановский александр дети

Maak 'n opvolg-bydrae