Blykbaar verdien wit rassiste om aangeval en gemartel te word. Die skryfster Riana Scheepers, sê haar ouers wat deur vier swartes aangerand is, is nie “wit rassiste” wat verdien om aangeval te word nie.
“My ma en pa was nie twee rassiste wat in ‘n wit toring gesit het nie,” sê Scheepers.
Haar bejaarde ouers, Attie en Myra Scheepers, is op hul plaas buite Vryheid in KwaZulu-Natal aangeval. Deur ‘n paniekknoppie met sy tong te druk, het haar pa die aanvallers op die vlug laat slaan.
Die egpaar besit ‘n slaghuis in Vryheid. Hulle is albei 80 jaar oud.
Riana, wat in Wellington in die Wes-Kaap woon, beskryf haar ouers as filantrope wat baie na die gemeenskap uitreik, berig Beeld. “My pa gee en gee… Hy deel net uit.”
Gewapende mans het hulle ingewag, oorrompel, geskop en met rewolwers oor die kop en in die gesig geslaan. Die egpaar se hande is met draad agter die rug vasgebind.
Hulle het ook gedreig om haar moeder se gesig met ‘n strykyster te brand.
Die aanvallers het selfone en sowat R18 000 se loongeld gebuit.
Die Scheepers-egpaar is sowat tien jaar gelede ook in hul slaghuis beroof en aangerand.
