Vir die eerste keer in jare was hierdie webwerf vir ongeveer 36 uur buite werking, nadat ‘n Indonesiese kraker ons stelsel binnegedring en sekere lêers uitgewis en ander verander het.
Ons het deurnag gewerk om ‘n rugsteun van ons 90 000 lêers te maak en het die webwerf so pas weer herstel. In die toekoms sal ons egter ons sekuriteit opskerp om te sorg dat dit nie weer gebeur nie, asook na ‘n nuwe stelsel oorskakel wat dit nog veiliger sal maak, benewens die ekstra funksionaliteit waarna ons op soek is.
Ons bedank al ons getroue lesers en ondersteuners vir hul geduld tydens die afgelope 36 uur.
