VF+ vra DA om hul neus uit Afrikaners se sake te hou

Die VF Plus het die DA burgemeester van Midvaal, mnr Timothy Nast sterk gekritiseer nadat hy verlede week tydens ‘n ouervergadering by die Laerskool Hendrik Verwoerd in Meyerton, die ouers van die skool as burgemeester in ‘n toespraak oorreed het om die naam van die skool ter wille van politieke korrektheid te verander, aldus mnr Jaco Mulder, VF Plus LPW vir Gauteng.

Die hoof en beheerliggaam van die skool het die skoolgemeenskap in ‘n politieke verleentheid gedompel deur die ouergemeenskap op kort kennisgewing bloot te stel aan die eensydige partypolitieke boodskap van Nast, sonder om teenargumente op gelyke basis aan te hoor.

Die aksie is niks anders as ‘n voorverkiesingsfoefie, soortgelyk aan die verwydering van die borsbeeld van dr Verwoerd voor die Meyerton burgersentrum kort voor die munisipale verkiesing van 2011, om hul swart steunbasis te verstewig.

Die DA beheerde raad begin ook eersdaags met ‘n straatnaamsveranderingsproses om verder gestalte te gee aan die populistiese stemvee. Dit is tragies dat die DA die ANC sterk in sy Verwoerd-misleidingsveldtog en daardeur ‘n deel van die ware geskiedenis van Meyerton uitwis.

Die feit dat dr. Verwoerd die parlementêre verkiesing in 1958 as LV vir Heidelberg gewen het met Meyerton as deel van die kiesafdeling, in Januarie 1960 as eerste minister van Suid-Afrika tydens die parlementsopening aangekondig het dat ‘n volkstemming oor republiekwording gehou sou word en dat die eerste openbare geleentheid wat Verwoerd ná dié aankondiging gehad het juis in Meyerton deur sowat 80 000 mense bygewoon is, word deur die aksies van die DA misken.

Volgens mnr Corrie Pypers, VF Plus raadslid vir Midvaal is dit onbehoorlik dat die burgemeester van ‘n stadsraad, wat ‘n diensleweringsinstansie is, inmeng in sake soos die naam van ‘n skool.

topcargo отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae