KwaZulu-Natalse skole ondersoek instel oor hoe kondome aan leerlinge verskaf kan word en hoe gewillige toetse vir MIV/Vigs gefasiliteer sal word.
The Mercury berig Senzo Mchunu, LUR van onderwys, sê dit is ‘n kwessie van “hoe”, eerder as “sal ons of sal ons nie.”
Hy is bekommerd ook die huidige toestand in die provinsie se skole, waar 10 595 leerlinge in 2011 swanger geraak het. Dwelms en drank word ook na die klaskamers geneem.
Volgens hom moet ouers en beheerliggame MIV en vigs bespreek.
“Ons hoef nie meer skaam te wees om te aanvaar dat kinders op ‘n jong ouderdom seksueel aktief is nie,” het hy gesê.
Die departement gaan fokus op skole waar swangerskappe algemeen is.
