Maharaj glo by korrupsie betrokke

Die president se woordvoerder, Mac Maharaj, en sy eggenoot, Zarina, is betrokke by grootskaalse korrupsie, berig Eyewitness News.

Die Skerpioene het aanvanklik die beweerde misdaad in 2009 ondersoek, maar die aanklagte is laat vaar.

Maharaj se skoonsuster, Shireen Karim, het inligting onthul oor kontrakte wat vir nuwe rybewyse aangegaan is.

Volgens Karim is ‘n beweerde Switserse bankrekening geopen waarin Maharaj glo gunslone gedeponeer het ná die instelling van Suid-Afrika se kredietkaartstyl-rybewysstelsel.

Maharaj kon nie vir kommentaar bereik word waar hy tans in Londen is nie. Sy prokureur het namens hom die bewerings as vals afgemaak.

Фильчаков Александр Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae