Twee mans is in die suide van Johannesburg in hegtenis geneem ná plofstof na bewering in hulle besit gevind is, het die metropolisie Maandag gesê.
Metropolisiebeamptes het volgens hoofsupt. Wayne Minnaar glo Sondag ‘n wenk ontvang dat twee mans in ‘n wit Hyundai op pad was om ‘n OTM in Sebokeng op te blaas.
‘n Motor wat aan die beskrywing voldoen is op die R29 afgetrek. Altesaam 27 stukke dinamiet is in die voertuig gevind.
Twee mans, onderskeidelik 27 en 28 jaar oud, is in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn.
