EU plaas pro-Mugabe-joernaliste op swartlys

Die Europese Unie sê ses joernaliste van Zimbabwe se staatsmedia is op ‘n swartlys geplaas omdat hulle haat in hul beriggewing aanhits.

Aldo Dell’Ariccia, EU-ambassadeur, het Woensdag gesê die joernaliste se werk kan as “aanhitsing tot haat” beskou word.

Die joernaliste, wat President Robert Mugabe sterk ondersteun, tel onder sowat 200 individue, wat met Mugabe se party verbind word, wat moontlike bank- en reissanksies deur die EU, Amerika en Brittanje in die gesig staar. Die sanksies sal ingestel word uit protes teen jare van menseregteoortredings deur dié land.

Mugabe het vir verkiesings vanjaar gevra om ‘n einde te bring aan ‘n wankelrige koalisie met die voormalige opposisie. Onafhanklike mediagroepe sê daar was sedertdien ‘n toename in aanhitsende beriggewing deur pro-Mugabe-publikasies, wat op hul beurt politieke geweld gepredik het.

сауны проектыДанильченко Юрий Брониславович

NG Kerk bekommerd oor ANC se godsdiensuitspraak

Die NG Kerk het Woensdag hul kommer uitgespreek oor opmerkings van ‘n pastoor wat gesê het die ANC, Cosatu en die SAKP is die heilige Drie-eenheid en Jesus was ‘n kommunis.

“Terwyl ons ons eie geskiedenis in hierdie opsig in ag neem, asook dieselfde foute wat ons in die verlede gemaak het, let ons as die NG Kerk met ‘n groeiende sin van bekommernis op onlangse openbare opmerkings deur geestelikes en politieke figure, wat aanspraak maak op God se ondersteuning van hul politieke party,” het Ben du Toit, woordvoerder, in ‘n verklaring gesê.

“Die mees onlangse só ‘n voorval, waarin ‘n pastoor president Zuma gesalf en Romeine 13 op ‘n onverantwoordelike manier ingespan het om kiesers te dwing om die ANC te ondersteun, oorskry werklik die grense van verantwoordelike teologie, die verantwoordelike gebruik van die Bybel en die verantwoordelike werf van ondersteuning vir die betrokke politieke party.”

Die Burger het Maandag berig ‘n pastoor, wat by ‘n werkersdag-saamtrek in Athlone, Kaapstad, gepraat het, het gesê “Jesus was ‘n kommunis”, “God het pres. Jacob Zuma as staatshoof gesalf” en die ANC, Cosatu en die SAKP is die “heilige Drie-eenheid”.

Zuma was by dié saamtrek teenwoordig.

Die NG Kerk het ‘n beroep op Zuma en ander politieke leiers gedoen om die “opportunistiese gebruik van geloof te ontmoedig” en hulself van dié praktyke te distansieër.

“As politieke leiers nie in die openbaar hul teenkanting teen hierdie praktyke in die opbou tot die plaaslike verkiesings aankondig nie, sal die NG Kerk geen ander keuse hê as om sy kommunikasiestrukture so effektief moontlik te gebruik om kiesers aan te raai om politieke partye te ondersteun wat nié geloof vir eie gewin misbruik nie.”

Dut Toit het gesê om “God vir ‘n politieke doel en agenda toe te eien” druis in teen die integriteit van die Christelike geloof en van God self.

“Ons doen ‘n beroep op President Zuma om ware leierskap te toon deur met ons hande te vat in die bewaking teen die misbruik van God se naam op hierdie manier.”

Zuma het al in die verlede onder skoot gekom vir sy gebruik van geloof in politieke toesprake. Hy het onlangs gesê ‘n stem vir die ANC is om die hemel te kies, terwyl ‘n stem vir die opposisie daaraan gelyk is om die “hel” te kies.

Dié opmerking is wyd deur opposisiepartye, kerkgroepe en ander liggame gekritiseer. Sommige het die opmerkings as “lasterlik” beskryf.

ігри для дєвачєкФільчаков прокурор

Biobrandstof, die tyd is nou

Met die prys van olie en brandstof wat steeds hoër word en kommersiële boere wat steeds meer sukkel om winsgewend te boer, is dit tyd dat Suid-Afrika nou ernstig ‘n eie biobrandstofbedryf oorweeg,” het dr. Pieter Mulder, adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye tydens die Landboubegrotingspos-debat in die Parlement gesê.

Die vrees dat biobrandstof die pryse van voedsel sal laat styg, is ongegrond volgens dr. Mulder. Die stygende oliepryse het tans ‘n ernstiger invloed en laat alle pryse styg.

Die huidige afhanklikheid van buitelandse invoere vir veral stapelvoedsel kan noodlottige risiko’s op die lang termyn vir Suid-Afrika inhou. Daarom behoort ons in Suid-Afrika te strewe na voedselsekerheid uit eie bronne. Biobrandstof uit ons surplus mielies en of suiker kan grootliks hiermee help,” volgens Mulder.

“Wat gebeur byvoorbeeld as buitelandse pryse skielik buitensporig styg en daar intussen, vanweë die invoere van graan, nie meer Suid-Afrikaanse graanboere oor is om binnelands te produseer nie?” het dr. Mulder gevra.

Dr. Mulder het ook gesê dat in die lig van die steeds hoër wordende produksiekoste van wyn, dit belangrik is dat met die minister van Finansies in gesprek getree word om die belasting daarop te verlig.

of thronesДанильченко Юрий отзывы

PRAAG uiters bekommerd oor SA persvryheid

Ter geleentheid van Wêreldpersvryheiddag wat vandag gevier word, het PRAAG sy “uiterste kommer oor Suid-Afrikaanse persvryheid” uitgespreek. Die leier van die Pro-Afrikaanse Aksiegroep, dr. Dan Roodt, het in Johannesburg verklaar: “Ope debat en om dissidente menings uit te spreek, word toenemend in Suid-Afrika aan bande gelê. Die regerende party beheer die SAUK terwyl die toenemende monopolie van Naspers oor veral die Afrikaanse media tot ‘n afname in gehalte en ‘n toename in onverdraagsaamheid gelei het.”

Kunstenaars, skrywers en rubriekskrywers word óf stilgemaak óf belaster, dikwels deur smerige stories oor hul privaat lewens of ongegronde beskuldigings dat hulle “rassiste” is. “Dit wissel van die rubriekskrywer David Bullard tot die sanger Steve Hofmeyr wat deur groot dele van die media verguis is omdat hulle nie deel uitmaak van die kabaal wat ‘die groot saamstem’ in ons land fabriseer nie,” het Roodt gesê. “Die totalitêre gees is springlewendig in Suid-Afrika en word bestendig deur sowel die onbeskaamde kommuniste in die heersende ANC/SAKP as die voormalige sikofante van apartheid, soos Naspers. Paradoksaal genoeg, is dit vandag veel moeiliker om gepubliseer of gehoor te word as wat dit onder die voormalige Nasionale Party-regering was. Indien dit nie vir die internet was nie. sou ons beswaarlik enige media-diversiteit in Suid-Afrika gehad het.”

Roodt het ‘n beroep op “skrywers, sangers, joernaliste en meningsvormers gedoen om sterk standpunt ten gunste van spraakvryheid in te neem. Ons behoort die Suid-Afrikaanse grondwet en alle wettige middele te gebruik om die kruipende eenpartystaat te beveg, asook die monopolistiese, uitsluitende taktiek van die privaatsektor. Regslui behoort ook ‘n bydrae te lewer om persvryheid in die Grondwethof te verdedig en om klagtes teen die mediamonopolie by die Mededingingsraad aanhangig te maak.”

Die leier van PRAAG het hulde gebring aan die digter en filosoof N.P. van Wyk Louw wat in vele opsigte die vader van die “oop gesprek” in Suid-Afrika was. “Reeds tydens die veertigerjare het Van Wyk Louw begryp hoe broos spraakvryheid in dié land is, gegewe ons etniese en rasse-diversiteit. Sy opvatting van die ‘oop gesprek’ het die grondslag vir verdraagsaamheid en intellektuele ondersoek in Suid-Afrika gelê. Dis ‘n verskriklike skande dat die jaarlikse Van Wyk Louw-gedenklesing ook deur regeringsideoloë aan die universiteit van Johannesburg gekaap is. Dit verteenwoordig ‘n bespotting van sy erfenis.”

укладка ламината расценки на работуОлександр Фільчаков прокурор

Mineraleregte – Staat hét onteien

Die Christen-Demokratiese Party (CDP) het die uitspraak in die Hooggeregshof dat die staat wel mineraleregte onteien het, verwelkom.

“Hierdie onteiening is al as die grootste diefstal in die land se geskiedenis beskryf – dit het Suid-Afrika naby aan Zimbabwe se grondgrypbeleid gebring – en tog het die regering bly vasskop dat dit nie onteiening was nie,” sê ds. Theunis Botha, leier van die CDP.

“Ons vertrou dat die regering dié uitspraak sal respekteer, en nie verder belastingbetalersgeld sal mors deur te appelleer nie.”

купить химия для ремонта шинОлександр Васильович Фільчаков

Switserland bevries ongewilde leiers se bates

Switzerland het die ekwivalent van R6,3 miljard se fondse wat aan ongewilde Noord-Afrikaanse leiers behoort, bevries.

Micheline Calmy-Rey, die Switserse minister van buitelandse sake, het die syfer bekend gemaak tydens ‘n konferensie in Tunisië. Sy is op ‘n drie dae lange besoek aan dié land, het Lars Knuchel, ‘n woordvoerder vir die departement, gesê.

Die meeste van die geld behoort aan Hosni Mubarak, die voormalige president van Egipte, en sy vennote, het Knuchel gesê.

Verder behoort $360 miljoen aan Muammar Gaddafi, die Libiese leier, en $60 miljoen behoort aan Zine El Abidine Ben Ali, die voormalige president van Tunisië.

Switserland het Ben Ali en Mubarak se fondse bevries kort ná hulle regerings in Januarie en in Februarie onderskeidelik omvergewerp is.

потолочные светильники ценаданильченко юрій Харків

ET se verhoor moontlik weer uitgestel

Die Eugene Terre’Blanche-moordverhoor wat na verwagting Dinsdagoggend sou begin, kan weer uitgestel word.

Terre’Blanche is verlede jaar na bewering deur twee werkers op sy plaas aan die buitewyke van Ventersdorp in die Noordwes doodgeslaan.

Die verhoor sou oor twee weke plaasvind, maar regsverteenwoordigers sê die verhoor kan dalk nie Dinsdag soos verwag is, begin nie, omdat Puna Moroko , regsverteenwoordiger van Chris Mahlangu, hom aan die saak onttrek het.

Mahlangu gaan nou deur regshulp verteenwoordig word. Die nuwe span het die dossier eers verlede Donderdag vir die eerste keer onder oë gehad.

Die verhoor word in camera aangehoor, maar die media sal toegelaat word om die verrigtinge op kringtelevisie te volg.

кухню купить украинаДанильченко Юрий прокурор

VSA weet al lankal van Bin Laden: Wikileaks

Die Verenigde State het waarskynlik teen reeds 2008 geweet van Osama bin Laden se skuilplek in Abbottabad, het die webwerf Wikileaks Maandag op grond van ‘n aanhaling uit ‘n Amerikaanse dokument beweer.

Die dokument het notas bevat oor die ondervraging van ‘n Libiër, Abu al-Libi, wat by die Guantanamobaai-sentrum in Kuba aangehou is, waarin hy gesê het dat hy in 2003 as ‘n boodskapper van Bin Laden aangestel is, en dat hy vanuit Abbottabad sou werk.

“Die aangehoudene het in Julie 2003 ‘n brief van (Osama bin Laden’s) se koerier, Maulawi Abd al-Khaliq Jan, ontvang, waarin hy versoek word om verantwoordelikheid te neem vir die insameling van donasies, die tref van reisreëlings en die verspreiding van fondse vir families in Pakistan.

“(Osama bin Laden) het gesê die aangehoudene sal die amptelike boodskapper tussen (Osama bin Laden) en andere in Pakistan wees. In die helfte van 2003, het die aangehoudene met sy familie na Abbottabad (Pakistan) getrek en tussen Abbottabad en Peshawar gewerk.”

Wikileaks het die verwysing op Twitter uitgestuur. Wikileaks het onderneem om sowat 250 000 Amerikaanse diplomatiese boodskappe met verdrag te lek.

free games bonusдепутат лобановский

Bin Laden is dood

Die Al-Kaïda-leier Osama bin Laden is dood, het die Amerikaanse president, Barack Obama, Maandag aangekondig. Dit is ná byna 10 jaar van die terreuraanvalle op 11 September 2001 wat teen die VSA geloods is.

Bin Laden was in ‘n dubbelverdiepinghuis digby die Pakistanse militêre akademie in die dorpie Abbottabad, naby Islamabad, toe vier Amerikaanse helikopters vroeg Maandag toegeslaan het.

Een helikopter het neergestort nadat sy wagte losgebrand het op die aanvallers. Volgens Amerikaanse amptenare is geen Amerikaners in die aanval beseer nie.

In New York waar Bin Laden se makkers die World Trade Centre op 11 September 2001 aangeval het, het groot groepe mense na Ground Zero, soos dit sedertdien bekend staan, gestroom en feesgevier oor die nuus.

Familie van die meer as 2 700 mense wat dood is, brandweermanne en polisie wat met noodreddingswerk en opruiming na die 9/11-aanval gehelp het, het die strate ingevaar nadat die nuus bekend gemaak is.

Mense het ook na die Withuis, waar pres. Barack Obama die nuus ampelik aangekondig het, gestroom.

Oral het landsvlaggies gewapper en is die Amerikaanse landstem gesing.

“New Yorkers het amper tien jaar lank op die nuus gewag,” het New York se burgemeester, mnr. Michael Bloomberg, gesê en die polisiehoof Raymond Kelly het dit as ‘n “welkome mylpaal” beskryf.

Intussen is die foto van Bin Laden se lyk wat op die internet versprei word nadat dit blykbaar op ‘n Pakistanse TV-uitsending vertoon is, as ‘n vervalsing uitgewys. Die gesig van die dooie man is volgens kenners gedokter om soos Bin Laden te lyk.

Moslemkenners het die Amerikaanse weergawe van gebeure in twyfel getrek.

Volgens senior Pentagon-amptenare, het die VSA “verskeie metodes” gebruik om hulle teiken positief te identifiseer.

Hulle beweer dat die DNA wat hulle geneem het genoeg getuienis verskaf met 99,9 akkuraatheid, hoewel hulle nie onmiddellik wou sê waar of hoe die toets gedoen is nie.

President Barack Obama het geen besonderhede oor die identifikasieproses verskaf nie.

Amerikaanse amptenare het ook gesê Bin Laden is geïdentifiseer deur middel van “gesigsherkenning,” ‘n verwysing na tegnologie vir unieke gesigseienskappe, maar dit is nie duidelik presies hoe die SEAL-troepe dit aangewend het nie.

Bin Laden is aan boord van die USS Carl Vinson-vliegdekskip ter see begrawe, het Amerikaanse militêre en intelligensie-amptenare gesê.

Hy is gewas, toegedraai in ‘n wit laken, “in die see” gelaat, binne 24 uur van sy dood. Hy is begrawe in die Noord-Arabiese See.

Terwyl sommige beweer dat Bin Laden ‘n seebegrafnis gehad het sodat ondersteuners nie ‘n heiligdom vir hom kan skep nie, het Amerikaanse amptenare gesê daar is geen land wat bereid was om sy liggaam te neem nie.

Maar Moslem-geestelikes sê Bin Laden se begrafnis was ‘n skending van die Islamitiese tradisie wat wraakaanvalle teen Amerikaanse teikens kan uitlok.

Positiewe identifikasie van die oorblyfsels word tans beskou as ‘n krities belangrike deel van die Amerikaanse operasie, gegewe die simboliese belangrikheid van Bin Laden se leierskap.

Toe die al Kaida-leier in Irak, Abu Musab al-Zarqawi in Junie 2006 vermoor is, is DNA-toetse uitgevoer deur die FBI om die oorblyfsels positief te identifiseer. Die Pentagon het ook ‘n lykskouing uitgevoer, deels om bewerings uit die weg te ruim dat die terroriste-leier geslaan of geskiet is deur die Amerikaanse soldate, terwyl in aanhouding.

 

crystal tiarasАлександр Фильчаков прокурор

Swart sersant verskyn weens moord op blanke Afrikanervrou

n Swart polisiesersant sal na verwagting vandag in die Kempton Park-landdroshof, oos van Johannesburg, verskyn vir die beweerde doodskiet van ‘n blanke Afrikanervrou buite die polisiestasie.

Hy word ​​beskuldig van moord op mev. Jeanette Odendaal, 45, nadat sy na bewering teen ‘n stilstaande polisievoertuig in die parkeerarea gebots het.

The Star berig vandag dat die nasionale kommissaris-generaal van polisie, Bheki Cele, Odendaal se ouers ontmoet het.

Die egpaar het gister die reis van Middelburg aangepak om hul dogter se liggaam te gaan uitken.

“‘n Gewelddadige samelewing het wel ‘n uitwerking op’n samelewing en ‘n gemeenskap, en ons werf nie mense van die maan af nie, hulle kom uit hierdie samelewing,” het Cele volgens die berig gesê.

Op kort afstand geskiet

Die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) ondersoek die voorval wat Dinsdag rondom 20:30 plaasgevind het.

Die OKD-woordvoerder, Moses Dlamini, het gesê daar word beweer dat die polisieman die geluid van die botsing vir skote aangehoor het.

‘n Motorwag Sipho Baloyi het vandeesweek aan koerante gesê dat hy die polisie oor die ligte stamp gewaarsku het en was getuie hoe die 38 jaar oue sersant haar op kort afstand doodgeskiet het.

Dlamini het gesê dit was nie duidelik waarom Odendaal na die polisie gegaan het nie.

Volgens die dagblad Beeld wou sy ‘n geval van rusverstoring gaan aanmeld.

тамбов тестерыФильчаков прокуратура харьков