Amerikaners uit Tunisië ontruim

Sowat 100 Amerikaanse burgers is uit Tunisië ontruim ná ‘n aanval op die Amerikaanse ambassade waarin vier mense dood is.

“Die Amerikaanse burgers is Sondag ontruim,” het ‘n diplomatieke bron aan AFP gesê.

Washington het nie-noodsaaklike diplomatieke personeellede en hul familielede beveel om Soedan en Tunisië te verlaat nadat geweldadige betogings dié lande getref het, waarin ses mense reeds dood is

Die betogings kom uit protes teen ‘n rolprent spot met Islam.

Innocence of Muslims, wat glo in die VSA vervaardig is, het gewelddadige protesoptogte in verskeie Moslemlande en lande waar Moslems woon, veroorsaak.

Die VSA se departement van binnelandse sake het Amerikaanse burgers gewaarsku om nie na Tunisië te reis nie en het die burgers in dié land aangeraai om versigtig te wees en betogings te vermy.

Фильчаков прокуратура харьков

Lonmin sluit skag, kanselleer arbeidskontrak

Lonmin sal voortaan slegs instandhoudingswerk by sy K4-skag doen en het ‘n kontrak met Murray & Roberts, wat aan sowat 1 200 arbeiders werk verskaf, beëindig, het die maatskappy Maandag gesê.

‘n Staking by dié myn duur steeds voort.

Die maatskappy sê hy het op 26 Julie reeds aangekondig dat hy in die lig van swak pryse ‘n deel van die kapitaalbesteding by sy K4, Hossy- en Saffy-skagte in die Rustenburg-omgewing sal opskort in ‘n poging om jaarlikse kapitaalbesteding vir 2013/14 na $250 miljoen (sowat R2 miljard) per jaar te verminder.

“Lonmin wil ook vandag aankondig dat hy sy K4-skag slegs in stand sal hou as deel van daardie hersiening van kapitaalbesteding,” het die maatskappy in ‘n verklaring gesê.

“Die maatskappy het vandag kennis gegee om sy kontrak met Murray & Roberts van 17 Oktober 2012 te beëindig. Dit is die kontrakteur wat sowat 1 200 werkers vir die K4-skag beskikbaar stel.”

Produksie het tot stilstand gekom toe werkers by Lonmin se platinummyn in Marikana op 10 Augustus begin staak het. Hulle eis ‘n maandelikse loon van R12 500.

Die staking het intussen na ander myne in die omgewing versprei.

Фильчаков Александр Васильевич

Palestynse ambassadeur na SA oorlede

Namens van die regering en die mense van Suid-Afrika, het president Jacob Zuma ‘n boodskap van meegevoel aan die regering en die mense van Palestina gestuur, na aanleiding van die afsterwe van die Palestynse ambassadeur in Suid-Afrika, Ali Halimeh. Ambassadeur Halimeh is Sondag in Pretoria oorlede.

President Zuma het gesê: “Die Suid-Afrikaanse regering het met skok en hartseer van die nuus van die afsterwe van ambassadeur Ali Halimeh oor die naweek in Pretoria verneem. Ons gedagtes en gebede is met die familie van die ambassadeur Halimeh, sowel as met die Palestynse mense. gedurende hierdie moeilike tyd.”

Die Suid-Afrikaanse Regering herbevestig sy verbintenis om voort te gaan om sy diplomatieke betrekkinge en solidariteit met Palestina uit te bou. Suid-Afrika identifiseer met die stryd van die Palestynse volk en gaan voort om die regte van die Palestyne te ondersteun om ‘n onafhanklike en lewensvatbare staat te skep.

Reëlings word getref vir die repatriasie van Halimeh se liggaam na Palestina.

Данильченко Юрий Брониславович компромат

Carlton-sentrum bomplanter pleeg selfmoord

‘n Aktivis wat in 1977 ‘n bom by die Carlton-sentrum in Johannesburg geplant het, het selfmoord gepleeg, het The Star Maandag berig.

Issac Mohlolo Siko, 63, is Donderdag by sy huis in Hammanskraal deur ‘n werker dood aangetref met ‘n skietwond in sy kop.

Die werker was in die huis besig toe sy die skoot gehoor het.

Siko se tweelingsuster, Irene, het gesê die familie sukkel om sy dood te verstaan omdat hy geen selfmoordbrief agtergelaat het nie.

“Ons weet nie wat het daartoe aanleiding gegee dat hy selfmoord gepleeg het nie. Ons probeer steeds sy dood verwerk,” het sy gesê.

Siko het op die oggend van 7 Desember 1977 ‘n bom laat afgaan voor ‘n restaurant by die Carlton-sentrum.

Verskeie mense is in die aanval beseer, insluitend Siko, wie se regterhand afgeblaas is.

Siko, ‘n voormalige student van die Universiteit van die Witwatersrand, is tot 12 jaar tronkstraf op Robbeneiland gevonnis vir die aanval.

Hy het destyds aan die hof gesê hy het die aanval uitgevoer met “die hoogste patriotiese motiewe” vir die beswil van beide sy mense en “vir die beswil van wit Suid-Afrikaners”.

Voor die Carlton Sentrum se bomaanval, het Siko ook in Soweto ‘n spreekkkamer wat deur ‘n wit dokter besit is, opgeblaas.

Hy het gesê die aanval was bedoel om die doeltreffendheid van sy bomme te toets en om die owerhede te dwing om die lewensomstandighede in Soweto te verbeter.

Siko het onlangs vroeg afgetree as uitvoerende bestuurder by die Defence Science and Technology Institute.

Фильчаков прокурор харькова

VSA tree in tussen Japan en China om temperatuur op te jaag

‘n Territoriale dispuut tussen China en Japan kan ‘n vonk wees wat sal lei na “gewelddadige konflik,” het die Amerikaanse Sekretaris van Verdediging, Leon Panetta gesê. Die VSA het ook ‘n missielafweerverdrag met Tokio onderteken tot die ergernis van Beijing.

“Ek is bekommerd dat wanneer hierdie lande betrokke raak in ‘n woordestryd van een of ander aard oor hierdie verskillende eilande, dat dit die moontlikheid inhou van ‘n verkeerde oordeel aan die een kant of die ander en dit sal na geweld lei, wat kan lei tot konflik,” het Panetta gesê.

Die VSA se toetrede het egter tot die oplaaiende spanning bygedra.

Panetta het ook gewaarsku dat Beijing en Tokio ‘n einde moet maak aan die stryd of die risiko van ‘n ​​konflik kan loop wat die gevaar inhou “om uit te brei”.

Na aanleiding van die diplomatieke vergadering met Panetta, het die Japannese minister van buitelandse sake Koichiro Gemba gesê dat Washington bevestig het dat die Senkaku-eilande, wat deur beide Japan en China opgeëis word, deur ‘n veiligheidsverdrag tussen die VSA en Japan beskerm word.

In die 1960-verdrag, het die VSA hulself verbind om die Japannese in die geval van ‘n ​​aanval op die land se grondgebied te help.

Die VSA het ook ‘n ooreenkoms onderteken met Japan Maandag vir ‘n tweede missielafweerstelsel wat daarop gemik is om Noord-Korea in toom te hou. China kan die stap sien as verdere uitlokking.

Die Japannese ambassadeur in China is skielik in ‘n Tokio-hospitaal dood nadat hy drie dae vroeër opgeneem is. Sy dood val saam met ‘n toename in anti-Japanse betogings in China oor die territoriale dispuut.

Die oorsaak van ambassadeur Shinichi Nishimiya se dood word tans ondersoek, het Japan se Ministerie van Binnelandse Sake gesê. Drie dae gelede, is Nishimiya bewusteloos naby sy Tokyo-huis gevind net nadat hy vir werk vertrek het.

‘n Tweede dag van betogings het plaasgevind in China teen Japan se territoriale aanspraak op die groep betwiste eilande in die Oos-Sjinese See. China erken nie Japan se aanspraak op die eilande nie, wat bekend is aan die Japannese as Senkaku en as Diaoyu deur die Chinese.

Japannese fabrieke en winkels is afgebrand en beskadig in betogings wat in die ooste van China voorgekom het.

Spanning tussen die twee lande het Vrydag tot oproer gelei toe ses Chinese skepe Japannese waters naby die betwiste eilande binnegevaar het en die Japannese kuswag se oproepe om die waters te verlaat, geïgnoreer het.

лобановский александр игоревич

Is die skietslagoffer André Jordaan net gelos om dood te gaan by Baragwanath-hospitaal?

Shaun en Jeanine JordaanDie blanke Afrikanerslagoffer van die jongste skietery in Muldersdrift, André Jordaan (50), is na Baragwanath-hospitaal vervoer, maar daar is nie op hom geopereer nie, in weerwil van die sewe koeëls in sy liggaam. Nadat hy Donderdagaand deur ‘n swerwende bende swart rowers geskiet is, het die hospitaal in Soweto belowe om teen Vrydagoggend ‘n noodoperasie uit te voer.

Die operasie is egter nie gedoen nie en Jordaan het Saterdagaan om 22.05 gesterf. Sy gesin, wat Jordaan “soos ‘n held” beskerm het deur letterlik sy ligaam as skild teen ‘n deur te gebruik, wonder nou intens wat verkeerd geloop het. Sy seun Shaun het aan Beeld gesê: “Ons wil net weet wat fout gegaan het en is desperaat om antwoorde by die hospitaal te kry. My pa was Donderdag ná die skietery tot eergistermiddag nog baie sterk.”

Blykbaar het die hoof van Baragwanath belowe om die gesin oor die saak te kontak.

Jordaan is ten minste sewe keer deur ‘n toe deur geskiet terwyl hy gepoog het om sy gesin teen ‘n tipe militêre aanval deur ten minste vier swart rowers te beskerm. Muldersdrift is al ‘n ruk lank die toneel van ‘n oorlog teen huishoudings deur misdadigers en ANC-opgeleide krygers wat as die “Task Desk” bekendstaan. Vele van die aanvallers kom ook uit Zimbabwe en het moontlik opleiding in Mugabe se weermag ondergaan.

Die hele gesin van ses het in die kamer agter die deur weggekruip terwyl die aanvallers probeer het om dit af te breek. Afgesien van mnr. Jordaan, was daar sy seun Shaun (26), sy vrou Isabel (48), nog ‘n seun Kevin (23), tesame met dié se swanger vriendin Mariska (24) en Shaun se vrou Jeanine (23).

André Jordaan is verskeie kere geskiet, maar het steeds regop bly staan om met sy lyf teen die deur te leun. Hy is drie keer in die maag, twee keer in die bors, asook in die linkerarm en regterskouer raakgeskiet.

Soos vroeër berig is, is drie van die aanvallers Vrydag in hegtenis geneem en sal vandag in die Krugersdorpse landdroshof verskyn. Die moordenaars is vermoedelik dieselfde as dié wat vir die moord op Alyssa Botha (13), ‘n leerling van Hoërskool Monument, verantwoordelik was toe haar gesin net ‘n paar huis van die Jordaans ‘n week vantevore aangeval is.

Daar heers meningsverskil oor die identiteit van die bende, aangesien sekere bronne beweer dat hulle reeds verlede week in hegtenis geneem is maar weer deur die polisie vrygelaat is.

Данильченко Юрий Брониславович компромат

Geen DNS-skakel na Assange in kondoom nie

‘n Kondoom wat aan die Sweedse polisie gegee deur een van Julian Assange se beskuldigers bevat nie die WikiLeaks-stigter se DNS nie, het forensiese wetenskaplikes bevind.

Assange se prokureurs het aan die lig gebring dat die geskeurde kondoom, wat ondersoek is deur die personeel by twee forensiese laboratoriums, nie afdoende bewys bevat dat Assange dit ooit gebruik het nie, het die Daily Mail berig.

Assange se prokureurs het gesê dat die gebrek van DNS-bewyse, wat na bewering gebruik was tydens ‘n vermeende seksuele aanranding in Augustus 2010, dui daarop dat ‘n valse bewysstuk ingehandig kon gewees het.

Die vrou van 33, is na bewering gemolesteer deur Assange by haar woonstel in Stockholm. Sy sê dat hy op ‘n punt doelbewus ‘n kondoom gebreek het om onbeskermde seks met haar te hê.

Assange beweer dat hy konsensuele seks gehad het met ‘n vrou, maar ontken dat hy doelbewus die kondoom geskeur het. Hy het voorheen aan die polisie gesê dat hy by haar oornag het vir die week ná die beweerde voorval, en sy het nooit enige melding gemaak van die geskeurde kondoom nie.

Maar DNS is na bewering gevind – wat Assange se teenwoordigheid bevestig – op ‘n kondoom wat deur ‘n tweede vrou ingehandig is. Sy beskuldig hom ook van verkragting. Die Sweedse owerhede het dus hul uitleweringsbevel aan die Verenigde Koninkryk op grond daarvan gerig.

Die tweede aanklaagster, nou 29, wat beweer dat hy haar verkrag het in haar slaap, het glo aan die polisie gesê sy was nie gekant teen onbeskermde seks met hom nie, ten spyte van vorige verklarings tot die teendeel, het die koerant berig.

Assange ontken die bewering van verkragting, en sê dat hy konsensuele seks gehad het met die tweede vrou ook. Die Sweedse aanklaer se kantoor het geweier om kommentaar te lewer op die verslag en gesê dat die ondersoek aan die gang is.

Лобановский Харьков

Zuma moet parlement inlig oor Weermag en Polisie

“Pres Jacob Zuma is volgens die grondwet verplig om die parlement in te lig indien die Weermag in samewerking met die Polisie aangewend word. Die indruk is dat die Weermag die afgelope naweek in samewerking met die Polisie in die Rustenburg/Brits-gebied aangewend is. In so geval bepaal artikel 201 (3) van die grondwet duidelik dat die president die parlement onverwyld moet inlig oor die redes, die plek waar, die getal mense betrokke en die tydperk waarvoor die Weermag na verwagting aangewend sal word. Die Vryheidsfront Plus ondersteun die samewerking van die Weermag met die Polisie indien die omstandighede dit vereis, maar dan moet die parlement, en daardeur die publiek, ingelig word soos vereis word deur die grondwet,” sê mnr. Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder vir Verdediging en Militêre Veterane van die Vryheidsfront Plus.

“Die parlement is tans in sitting en pres. Zuma kan nie net die portefeuljekomitee of die Gesamentlike Staande Komitee van Verdediging en Militêre Veterane inlig volgens artikel 201(4) van die grondwet nie. Dit moet ook die president wees wat die parlement inlig en nie die minister van Verdediging en Militêre Veterane nie,” het Groenewald gesê.

Олександр Фільчаков прокурор

Romney droom van kernwapens

Washington gaan honderde miljarde dollar oor die volgende dekade spandeer om sy verouderende kernarsenaal op te knap. Die uitdaging kom terwyl die Amerikaanse regering $1,2 triljoen in die federale begroting moet terugsny oor die dieselfde tydperk.

Die Washington Post berig dat planne vir ‘n volskaalse hervorming van die land se arsenaal aan die gang is. Die modernisering van die Amerikaanse kernwapenkompleks, is blykbaar uiters noodsaaklik, maar gaan vir geweldige kritiek sorg aangesien die VSA kernproliferasie tot dusver teengestaan het.

In ‘n tydvak van asimmetriese oorlogvoering, waar die Pentagon enorme besnoeiings aan sy konvensionele magte oorweeg, gaan dié besluit des te moeiliker wees om aan die Amerikaanse publiek te verkoop. Die $1,2 triljoen se besnoeiings sal outomaties van die federale begroting oor die volgende tien jaar afgetrek word onder die hoogsomstrede 2011-Begrotingswet (BCA).

Washington sal dus noodgedwonge 11,1 miljard van hul Medicare moet terugsny omdat biljoene meer toegeken sal word aan die kernarsenaal se opknapping.

Ironies genoeg, het die Amerikaanse president Barack Obama verklaar, nadat hy die Nobel-vredesprys in 2009 ontvang het, dat “Amerika se verbintenis is om die vrede en veiligheid van ‘n wêreld sonder kernwapens na te streef,” aan ‘n jubelende skare in Praag in April van daardie jaar.

Obama se droom vir ‘n kernvrye wêreld is veel verder buite bereik as wat dit twee jaar gelede geblyk het, toe hy in 2010 die vermindering van kernkoppe na ‘n duisend of minder aangekondig het. Daar is tans meer as 5 000 sulke wapens op die inventaris.

Gen James E. Cartwright, ‘n voormalige bevelvoerder van die Verenigde State se kernarsenaal, het die vermindering geloof.

“Die wêreld het verander, maar die huidige arsenaal dra die bagasie van die Koue Oorlog,” het hy aan The New York Times gesê in ‘n onderhoud in Mei.

En terwyl die Obama-administrasie onwillig is – of dalk nie in staat is – om te bepaal net hoe groot ‘n kernarsenaal die VSA vir sy strategiese doelwitte behoort te hê nie, is die Republikeinse presidensiële kandidaat Mitt Romney heftig gekant teen die nuwe START-verdrag met Moskou, waardeur die VSA en Rusland strategiese kernwapens en afleweringstelsels verminder.

 

Фильчаков прокурор

Weermag, polisie ontplooi in SA se ergste krisis sedert ’94

Die weermag is Saterdag in Marikana in Noordwes ontplooi om te help om stakende myners te ontwapen. Dit is die ergste krisis in Suid-Afrika sedert die ANC-regering in 1994 aan bewind gekom het.

Swaar gewapende polisielede het vroegoggend op die mynhostel toegeslaan om pangas, messe, knopkieries en stokke te gekonfiskeer. Oproeriges is met traangas en rubberkoeëls verjaag.

Die polisie het die Nkaneng-lokasie met Njalas binnegevaar en ‘n weermaghelikopter het bo die gebied gesirkel waaroor traanrook gehang het. Twaalf mense is in hegtenis geneem vir ‘n “onwettige byeenkoms” en talle is beseer.

Brittanje en Malema se populisme is verantwoordelik vir die gewelddadige mynstakings by Marikana, volgens die ANC. Die party se nasionale werkkomitee (NWK) het ‘n verslag oor die onrus Saterdag in Pretoria aan die leiers voorgelê.

Die NWK het Lonmin, die eienaar van die Marikana-myn, en die Britse media verantwoordelik gehou, en Ramaphosa se uitbuitende rol as arbeidsmakelaar verontskuldig.

“Die klem op Lonmin, wat ‘n Britse mynmaatskappy is, spruit uit die Britse media se aanslag op die Suid-Afrikaanse regering sonder om na die rol van die werkgewer te verwys.

“Dié eng benadering laat ruimte vir die wrewel teenoor swart Suid-Afrikaners – onder wie minderheidsaandeelhouers [waaronder die NUK-lid Cyril Ramaphosa] wat toevallig ook swart is – wat die skuld kry dat hulle alleen verantwoordelikheid dra in die maatskappy.”

Hulle het ook uitgevaar teen Amcu wat teen die ANC se belange optree.

Pravin Gordhan, minister van finansies, het Vrydag tydens ‘n mediakonferensie by die Unie­gebou in Pretoria gesê die opstande hou ‘n bedreiging vir die ekonomie in.

Die land se begrotingstekort kan styg en mense kan hul werk verloor. Beleggersvertroue word ook daardeur ondermyn. Die regering het by dieselfde geleentheid die noodmaatreëls aangekondig om die onrus in bedwang te bring.

Dawie Roodt, hoofekonoom van Efficient Group, sê swakker platinum-uitvoer gaan lei tot ‘n swakker rand. “Wat beteken ons gaan meer betaal vir olie – dan gaan die petrolprys op, inflasie styg, ons sal sit met hoër rentekoerse en groter werkloosheid.”

Rapport berig dat die Duitse nuusblad, die Frankfurter Rundschau, die onlangse gebeure in Suid-Afrika as ‘n “politieke en ekonomiese ramp” ná 18 jaar van ANC-bewind besryf het. “Die ANC het nóg ‘n visie nóg ‘n idee van hoe hy die skerper wordende kloof kan oorbrug,” sê die blad.

Dit is nog nie duidelik wie die ontplooiing van die weermag gemagtig het nie.

Ingevolge die Grondwet mag die president die weermag net ontplooi nadat hy die parlement geraadpleeg het. Die parlement hoef egter nie toestemming te verleen vir die president se uiteindelike besluit nie.

Mac Maharaj, pres. Jacob Zuma se woordvoerder, het Saterdag gesê die besluit om soldate te ontplooi was “operasioneel” en deur Jeff Radebe, minister van justisie, geneem. Die justisiewoordvoerder, het dit egter ontken, berig Rapport.

Олександр Васильович Фільчаков