‘Hoekom trek ons nie ons broeke af nie?’

Die regerende party se nasionale uitvoerende komitee (NUK) sê die omstrede skildery van pres. Jacob Zuma is rassisties.

“Dit is ongeskik, dis kru, dis minagtend, dis rassisties,” het Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, gesê.

Mantashe sê as dit ‘n wit man in die skildery was, sou die reaksie baie anders wees.

Hy sê baie mense dink swart mense is net “objekte.”

“Ek het gesê hoekom gaan ons nie môre hof toe en trek ons broeke daar af nie… ons kan rondloop met ons genitalieë wat uithang… dis kru,” het hy gesê.

Die ANC het Vrydagaand hofdokumente ingedien vir ‘n dringende aansoek om die Goodman-galery en City Press te verbied om die omstrede kunswerk te vertoon of uit te stal.

Jackson Mthembu, ‘n woordvoerder, sê die saak sal Dinsdag in die Johannesburgse hooggeregshof aangehoor word.

“Ons het nog nie in ons 18 jaar rassisme ontgroei nie,” het Mantashe gesê.

Brett Murray se omstrede skildery, The Spear, toon Zuma met sy gulp oop en sy penis blootgestel. Die kunswerk is vir R136 000 by die Goodman-galery in Johannesburg verkoop.

Die skildery is ‘n aanval op die swart kultuur, het die Black Management Forum (BMF) gesê.

“Die onsmaaklike uitbeelding van president Jacob Zuma… is nie net ‘n persoonlike aanval asook ‘n aanval op die waardigheid en institusionele kantoor van die president van die republiek nie,” het die forum in ‘n verklaring gesê.

“Dit is ook ‘n aanval op die kultuur van die meerderheid; die swart mense van Suid-Afrika. Dit kan nie onverhinderd voortduur nie.”

Die skildery is ‘n “kru poging” om die “wreedheid wat ‘n klein aantal Suid-Afrikaners teenoor ons demokratiese bedeling en teenoor lede van die nasionale leierskap het” te bevorder, het die BMF gesê.

лобановский александр досье

Oproer in Rustenburg kring uit

Oproer in Rustenburg het Maandag gewelddadig geraak toe die polisie met klippe bestook is en geboue aan die brand gesteek is, het die polisie in Noordwes gesê.

Volgens brig. Thulani Ngubane het die betoging begin met slegs 150 betogers Sondag.

“Die getal betogers het aangegroei. Daar was teen Maandagmiddag sowat 3 000 betogers wat saamgetrek het,” het hy gesê.

Betogers het paaie afgesper en die polisie met klippe bestook.

Ngubane het gesê die rede vir die betoging is nie bekend nie, aangesien inwoners weier om in gesprek te tree.

“Inwoners het probeer om die kliniek af te brand in Maandag se vroeë oggendure. Gelukkig het die polisie daarin geslaag om die brandende band te verwyder wat hulle binne die kliniek geplaas het.”

Hy het gesê agt winkels wat aan buitelanders behoort is geplunder en drie padskrapers en ‘n karavaan is aan die brand gesteek.

“Niemand is nog in hegtenis geneem nie, aangesien die polisie die situasie, wat nog baie gespanne is, probeer ontlont,” het Ngubane gesê.

Hy het gesê die polisie is van plan om mense in hegtenis te neem as die situasie onder beheer is.

“Geen beserings is nog aangemeld nie en daar is steeds ‘n sterk polisie-teenwoordigheid.”

лобановский александр биография

Galery weier om skildery af te haal

Johannesburg se Goodman Gallery sal nie ‘n skildery van pres. Jacob Zuma met sy penis wat blootgestel word, verwyder nie, want dit sou sensuur wees.

“Ons voel dit is sensuur om die uitbeelding af te haal,” het die gallery se woordvoerder Lara Koseff, Vrydag gesê.

Die ANC het vroeër ‘n brief van hul prokureurs oorhandig wat die verwydering daarvan eis. Die regerende party wil ook ‘n beeld van die Brett Murray-skildery van City Press se webwerf verwyder sien.

Die koerant het geweier en gesê ‘n hof moet besluit.

Koseff sê die skildery bly. Die galery staan vas by sy kunstenaars soos tydens en na apartheid, en ondersteun hulle nog steeds. Sy het gesê Suid-Afrika raak soos China wat geen vryheid van menings toelaat nie.

Alhoewel die menings van die kunstenaar nie die galery s’n verteenwoordig nie, verwelkom hulle die gesprekke wat met werke soos Murray s’n na vore kom.

Besoekergetalle het aansienlik toegeneem sedert die ANC die verwydering van die skildery eis. ‘n Wag met ‘n koeëlvaste baadjie is by die deur gepos as ‘n voorsorgmaatreël.

Олександр Фільчаков прокурор

Skildery sal Zuma se aansien verhoog

Oliver Tambo se dogter, die spotprenttekenaar Zapiro en die Joodse kunsgemeenskap in Johannesburg, skree “Vryheid van uitdrukking!”, maar vir die gesin van die president is die skildery nie snaaks nie.

Die Afrikaanse gemeenskap is ook geskok deur die skildery.  In onderhoude wat praag.co.za gedoen het, het mense gesê dit is ‘n kinderagtige manier om kritiek te lewer en onvanpas.

By ‘n leeskring in Johannesburg het lede gesê die skildery sal baie simpatie vir Zuma bring en sy aansien by konserwatiewe kiesers verhoog.

Zuma se dogter, Gugu Zuma, het Sondag in ‘n verklaring aan City Press gesê die portret is “vulgêr en toon geen teken van menslikheid nie”.

“Ons verstaan wel dat hy [Zuma] ‘n openbare figuur is, maar hierdie is nie meer polities nie en maak eerder inbreuk op sy regte as mens,” het sy gesê.

“Sover dit ons aangaan, in ons samelewing is dit slegs diere wat kaal staan, nie mense nie.”

Zuma se broer, Michael, het aan die Sunday Times gesê die portret is walglik en het niks anders as skande oor die familie gebring nie.

“Dit is die mees walglike ding wat nog ooit gepubliseer of gesê is oor die president,” het hy gesê.

“As ‘n familie is ons steeds geskok, want in ons kultuur is die blootstelling van privaatdele iets wat ‘n skande is. Dit word beskou as disrespekvol teenoor daardie persoon en andere.”

Sapa berig die ANC het Vrydagaand hofdokumente ingedien vir ‘n dringende aansoek om die galery te verbied om die omstrede kunswerk ten toon te stel.

Jackson Mthembu, ‘n woordvoerder, het vroeër gesê die saak sal Dinsdag in die Johannesburgse hooggeregshof aangehoor word.

Олександр Фільчаков прокурор

ET-verhooruitspraak more

Die twee mense wat daarvan beskuldig word dat hulle Eugene Terre’Blanche vermoor het, sal Dinsdag verneem wat met hulle gaan gebeur.

Regter John Horne het by die laaste hofverrigtinge op Ventersdorp aan die staat en die verdediging gesê dit gaan waarskynlik ‘n lang uitspraak wees.

Chris Mahlangu en ‘n tiener word daarvan aangekla dat hulle die AWB-leier op 3 April 2010 in sy plaashuis doodgeslaan het.

Albei het onskuldig gepleit op moord, huisbraak en roof met verswarende omstandighede.

Mahlangu beweer hy het uit selfverdediging opgetree. Die minderjarige ontken enige betrokkenheid in die misdaad.

Norman Arendse, die tiener se regsverteenwoordiger, het in sy slotbetoë gesê werkers op Terre’Blanche se plaas is uitgebuit.

“Plaaswerkers soos die beskuldigdes word oor die algemeen uitgebuit.”

Arendse het bygevoeg dat die voormalige leier van die AWB voorheen tronkstraf opgelê is nadat hy ‘n petroljoggie in 1993 aangerand het.

Arendse het ook gesê die polisie het geweet ‘n minderjarige werk vir Terre’Blanche, maar het niks daaraan gedoen nie.

Mahlangu se prokureur, Kgomotso Tlouane, het gesê indien die beskuldigdes skuldig was, sou hulle nie die polisie van die voorval in kennis gestel het nie.

лобановский александр компромат

Israel se premier waarsku teen swart immigrante

Eerste Minister Benjamin Netanyahu waarsku dat Israel oorval kan word deur onwettige immigrante uit Afrika.

Die toenemende aantal migrante is hoog op die nasionale agenda na aanleiding van ‘n reeks misdade, insluitend verkragtings, wat op die nuwelinge geblameer word.

Netanyahu, sê die instroming “bedreig die binding van die Israeliese samelewing, sy nasionale veiligheid en sy nasionale identiteit.”

Hy sê as Israel dit nie stop nie, sal die “60 000 infiltreerders aangroei tot 600 000, en lei tot die uitwissing van Israel as ‘n Joodse en demokratiese staat”.

Meer as 50 000 swartes het Israel sedert 2005 binnegedring, om vervolging en armoede te ontsnap.

Sommige Israeli glo hul land, geskep na die Holocaust, moet die onderdruktes help.

лобановский александр игоревич харьков

Vryheidsoorloggraf geplunder

‘n Graf by ‘n Anglo-Boereoorlog-begrafplaas in Ladysmith is deur rowers geplunder, het Amafa Heritage KwaZulu-Natal Sondag gesê.

James van Vuuren van Amafa het gesê kontrakteurs was verlede week besig met instandhoudingswerk by die Intombi Camp Military Cemetery, toe hulle afgekom het op ‘n gebreekte grafsteen en ‘n gat van twee meter diep in een van die grafte.

“Ons weet nie wie die oortreders is nie, maar ons vermoed hulle het gesoek na oudhede soos knope en ordetekens,” het hy gesê.

“Dit is ‘n vermorste poging deur die oortreders. Hierdie is ‘n formele begraafplaas en die persoonlike besittings van die dooies sou dus voor die begrafnis verwyder word.”

‘n Klag is by die polisie ingedien.

Van Vuuren het gesê Amafa bied ‘n beloning aan vir enigiemand wat inligting het wat tot ‘n inhegtenisneming kan lei.

Александр Фильчаков Васильевич

SA sal Israeli-produkte boikot

Suid-Afrika is van voorneme om produkte van Wesoewernedersettings waarop staan  “Made in Israel” te verbied, het die Minister van Handel en Nywerheid Rob Davies aangekondig.

Die stap kom nadat twee Suid-Afrikaanse NRO’s saamgewerk het met die gewilde Palestynse Struggle-Koördineringskomitee.

Davies, van Joodse afkoms, het in sy amptelike aankondiging gesê dat verbruikers in Suid-Afrika nie mislei moet word om te glo dat die produkte uit Israel kom nie. Hy het bygevoeg “die regering van Suid-Afrika erken die staat van Israel, slegs binne die 1948-grense afgebaken deur die VN.”

Davies was vir baie jare in ballingskap vanweë sy werk in die African National Congress en die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party tydens apartheid. Volgens sy verklaring “lê die bewyslas van waar die produkte afkomstig is, op handelaars. “

Produkte wat vervaardig word in die Wesoewer, soos skoonheidsmiddels, koeldrank, en elektronika, maar gemerk is as “Made in Israel” sal geraak word, het Davies in sy aankondiging gesê.

Mohammed Khatib, wat aan die hoof staan ​​van die Koördineringsomitee, het gereageer op die minister se verklaring, en gesê dit is “die erkenning van die onreg wat die besettings en nedersettings veroorsaak aan ons, die Palestyne.” Khatib het gesê dat hy dink dit is net ‘n eerste stap, wat sal lei tot die uiteindelike verbanning van alle produkte wat vervaardig word in die nedersettings.

Denemarke is van plan om dieselfde te doen as Suid-Afrika, het die minister van buitelandse sake Saterdag gesê aan die Deense media. Die stap volg na berigte van die ANC se plan om sulke produkte te boikot.

“Dit is ‘n stap wat dit duidelik maak aan verbruikers dat die produkte onder toestande wat nie net vir die Deense regering nie, maar ook die Europese regerings, onaanvaarbaar is,” het die minister van buitelandse sake Villy Søvndal Søvndal aan Politiken-koerant gesê. “Dit sal dan aan die verbuiker oorgelaat word om te besluit of hy die produk wil koop of nie.”

‘n Bron in Brussel vertroud met die kwessie het aan Haaretz gesê dit is nog onduidelik of die stap ‘n aanbeveling of ‘n nuwe riglyn is.

Laat in 2009, het die Britse regering aanbeveel dat Wesoewerprodukte afsonderlik gemerk word.

Фильчаков Харьков

Obama weer voor

Enkele dae nadat die Rasmussenopnames met ‘n peiling gekom het wat aangedui het dat Romney in hierdie stadium van die komende resies voorloop met iets soos 50% teen 43%, toon ‘n nuwe peiling dat dit dalk nie die geval is nie.

In ‘n peiling wat Sondag vrygestel is, het Rasmussen bevind dat 46% van die respondente, wat almal stemgeregtigde kiesers is, aangedui het dat hulle vir Obama gaan stem, terwyl 44% vir Romney sal stem as die verkiesing nou gehou sou word. Sowat 5% het aangedui dat hulle ‘n derde kandidaat verkies terwyl 5% nog onseker is.

In die vorige peiling wat sowat tien dae gelede gehou is, het sowat 4% aangedui dat hulle ‘n derde kandidaat verkies terwyl 3% onseker was.

Rasmussen gee nie enige verduideliking vir die ommeswaai in verwagte steun binne enkele dae nie, maar dit kan toegeskryf word aan die persentasie moontlike fout wat in alle peilings van die aard opgesluit is.

Dit wys egter net weer dat daar nie te veel op peilings staatgemaak kan word nie – veral nie ses maande voor ‘n verkiesing nie. Wat egter wel uit die peilings afgelei kan word, is dat sake dalk baie gelykop gaan verloop.

лобановский политик