Geweld by myn eis nog lewens

Twee polisiemanne wat gestuur is om ‘n gewelddadige protes te stabiliseer by Suid-Afrika se derde grootste platinummyn, is gister dood.

Dit bring die dodetal in die stryd tussen twee vakbonde by Lonmin se platinum-myn by Marikana in die Noordwes tot nege.

RSG berig vyf mynwerkers, twee polisielede en twee veiligheidswagte is reeds in die geweld dood. ‘n Polisielid wat met ‘n spies gesteek is, is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal opgeneem.

Die wanorde het Vrydag begin toe vier mynwerkers tydens ‘n betoging oor salarisse doodgeskiet is.

Lede van die mynwerkersvakbond NUM en sy teenstande Amcu veg volgens berigte oor beheer op die myne in die gebied.

Daar was nog ‘n swaar polisieteenwoordigheid by al die myn se 12 skagte gister middag.

Sommige van die myn se werknemers dra koeëlvaste baadjies.

Noordwes se polisiekommissaris luitenant-generaal Zukiswa Mbombo het oor die myn in ‘n helikopter gevlieg om ‘n gevoel te kry van hoe gewelddadig die protes was.

Polisiewoordvoerder, brigadier Lindela Mashego het die dood van die twee polisiemanne bevestig.

“Nog ‘n beampte is ernstig beseer en is na die hospitaal geneem. Ons probeer steeds om die feite agter die moorde vas te stel,” het hy gesê.

Alhoewel Mashego nie kon sê hoe die polisiemanne dood is nie, het The Times berig dat hulle met pangas doodgekap is.

Gisteroggend is ‘n mynwerknemer dood aangetref in ‘n parkeerarea. Hy is met skerp voorwerpe gekap.

Later is nog ‘n werker dood gevind op die oostelike kant van die myn. Hy was geklee in ‘n paar rubberstewels en ‘n werkpak. Hy het vyf skietwonde gehad.

Sondag, het twee Lonmin veiligheidswagte na bewering doodgebrand in hul patrollievoertuig. Die aanval is geloods deur ‘n groep wat probeer het om Lonmin-fasiliteite aan te val.

Barnard Mokoena, Lonmin se uitvoerende vise-president vir menslike kapitaal en eksterne sake, het egter gesê die myn weet nie wat die geweld veroorsaak nie.

“Totdat ek ‘n grief [of] memorandum ontvang, wil ek nie spekuleer nie. My enigste kommentaar is op die oomblik dat hierdie suiwer kriminele is want ons het nog nooit op hierdie manier met die vakbonde gehandel nie, en as dit ‘n werk-kwessie is, sou ek verwag dat enige van hulle aan ons ‘n memorandum oorhandig,” het hy gesê.

Mokoena het gesê hy vermoed die geweld was deel van ‘n stryd tussen die twee unies.

Hy het gesê die myn het die geweld met albei vakbonde bespreek, maar beide het verantwoordelikheid ontken. Jeff Mphahlele, algemene sekretaris van Amcu het geweier om kommentaar te lewer.

Nasionale Unie van Mynwerkers se woordvoerder Lesiba Seshoka blameer die geweld op ‘n mededinger-unie en het ‘n beroep op die weermag gedoen om in te gryp.

Фильчаков прокуратура харьков

Boer wat verkeersbeamptes slaan, vas

‘n Boer is in hegtenis geneem nadat hy glo drie verkeersbeamptes in Ventersdorp geslaan het, het die departement van openbare veiligheid in die Noordwes gesê.

‘n Woordvoerder, Lesolang Simon Mmope, het in ‘n verklaring gesê ‘n 52-jarige man het glo drie vroulike beamptes by ‘n padversperring op die R30 tussen Ventersdorp en Derby aangerand.

Die beamptes het gesien die boer se lisensie het in 2007 verval en hom gevra om uit sy motor te klim sodat hulle hom kon beboet.

Die boer het glo die beamptes geslaan en weggery. Hy is sowat ‘n kilometer verder vasgetrek nadat die beamptes hul kollegas ontbied het.

Die man is in hegtenis geneem en onder meer op aanklag van aanranding aangekla.

Luidens die verklaring is die drie verkeersbeamptes by ‘n hospitaal op Ventersdorp opgeneem.

Die boer sal Dinsdag na verwagting in die dorp se landdroshof verskyn.

Олександр Фільчаков прокурор

Plaasaaval eis boer, vrou kritiek

‘n Bejaarde boer, Owen Charles,  is vermoor en sy vrou in ‘n kritieke toestand ná ‘n plaasaanval, het Algoa FM Maandag berig.

Ao. Pierre Harmse sê die 70-jarige Charles van Jansenville is op die toneel dood en sy ernstig beseerde vrou is na ‘n hospitaal in Port Elizabeth geneem.

Die aanval het Sondagaand tussen 19:00 en 22:00 op die plaas Armadale plaasgevind.

Vyf mans het die egpaar oorval, Charles met messe doodgesteek en sy vrou ernstig beseer voordat met hulle vuurwapens en die boer se bakkie gevlug het.

Фильчаков прокуратура харьков

Veldbrande in Vrystaat

Die geweldige omvang van die veldbrande in die Vrystaat die afgelope naweek kan as niks anders as ‘n ramp beskryf word nie het Abrie Oosthuizen, LPW en Vrystaatse Leier van die Vryheidsfront Plus vandag gesê.

Na raming is ongeveer 200 000 ha weiveld in veldbrande in die Vrystaat verwoes. Honderde stuks vee, duisende hoenders en groot hoeveelhede wild is as gevolg van die veldbrande dood. Die skade wat die betrokke boere gely het as gevolg van die veldbrande is astronomies en ‘n groot slag vir landbou in die Vrystaat. Geen boer kan skade van hierdie aard finansieel oorleef nie.

In die lig daarvan het Oosthuizen namens die VF Plus ‘n beroep op die Vrystaatse Departement van Landbou gedoen om onmiddellik die omvang van die skade te bepaal en die betrokke gebiede as rampgebiede te verklaar sodat finansiële ondersteuning daar verleen kan word.

Oosthuizen het gesê daar word op provinsiale en nasionale vlak in die begrotings voorsiening gemaak vir onvoorsiene rampe soos hierdie en daarom is dit nodig dat die Vrystaatse Departement van Landbou prioriteit aan hierdie verdienstelike saak sal verleen.

Фильчаков прокуратура харьков

Derde SA-duikboot in ongeluk

Suid-Afrika se vloot se aanvalsduikbote, wat ‘n geraamde R8 miljard in die berugte wapentransaksie gekos het, is almal in die droogdok na die enigste operasionele vaartuig in die seebodem vasgevaar het.

Die SAS Queen Modjadji, vernoem na Suid-Afrika se reënkoningin in Limpopo, het die oseaanbodem getref gedurende opleidingsoefeninge verlede week tussen Port Elizabeth en Durban.

Die ongeluk kom drie maande na die Koningin Modjadji ‘n nuwe bevelvoerder, Kommandeur Handsome Thamsanqa Matsane, verwelkom het.

Die Sunday Times het foto’s van die Duitse duikboot wat herstelwerk in Simonstad ondergaan.

Gister het die SA Vloot erken die vaartuig is beskadig tydens ‘n “opleidingsoefening”.

Dit beteken dat al drie duikbote wat bedoel is om die oseane om die kus te polisieer, tans herstelwerk en onderhoud ondergaan.

Die SAS Manthatisi, die eerste van die land se duikbote in die multimiljard-wapentransaksie, lê sedert 2007 in die droogdok na ‘n reeks ongelukke, insluitende die kraak van ‘n kaai en die skade aan die stuurmeganisme.

‘n Kragkabel wat verkeerd ingeprop is in die kragtoevoerstelsel, het die skade veroorsaak. Die vaartuig se propulsiebatterye, wat R35 miljoen gekos het, moes vervang word.

Die SAS Charlotte Maxeke is ook besig met ‘n “roetine-instandhouding”, volgens die direkteur van maritieme strategie Admiraal Bernard Teuteberg.

‘n Span is intussen aangestel om ondersoek in te stel na wat gebeur het met die Koningin Modjadji.

Die duikboot was die enigste een van die land se drie duikbote op see wat nog kon funksioneer.

Teuteberg het gesê: “Ons moet ‘n raad van ondersoek instel om te kyk na al die prosedures om te sien of daar iets is wat ons hieruit kan leer.

“So gou as wat dit voltooi is, sal ons ons prosedures vir die uitvoering van hierdie spesifieke stel veiligheidsoefeninge aanpas.”

Die voormalige ANC-LP en skrywer Andrew Feinstein, wat breedvoerig geskryf het oor die internasionale wapenhandel, het gesê die jongste duikbootvoorval laat vrae oor die logika agter Suid-Afrika se wapentransaksie.

“Dit is nog ‘n voorbeeld van wat al die tyd gebeur in wapentransaksies, maar dit gebeur snaaks genoeg nóg meer in ons handel. Ons het toerusting van, wat blyk te wees, twyfelagtige gehalte gekoop, en ons het dit teen hoë pryse bekom as gevolg van die omkoopgeld wat betaal is, en die prestasie van hierdie toerusting oor die algemeen is, om dit vriendelik te stel, baie swak,” sê Feinstein.

Hy het gesê duikbootvervaardiger Ferrostaal word ondersoek vir korrupte transaksies met Griekeland en Portugal, wie se eie wapenhandel bygedra het tot die huidige Europese fiskale krisis: “Suid-Afrika se duikbootaankope is ‘n déjà-vu situasie soos in Portugal en Griekeland.

Фільчаков прокурор

Twee vas wat Moslem doodslaan

Albei die verdagtes wat ‘n Moslem in Magaliesburg by ‘n kitskoswinkel doodgeslaan het, is deur die polisie in hegtenis geneem.

Een van die mans is Saterdagaand in Hartbeespoort in die Noordwes in hegtenis geneem, het brig. Neville Malila, woordvoerder vir die polisie gesê. Die 27-jarige het glo ná die voorval gevlug.

Die tweede man, 33, het hom Sondagoggend aan die Magaliesburg-polisie oorgegee. Sy prokureur was saam met hom het Thandi Modise, premier van Noordwes, in ‘n verklaring gesê.

“Ons dank aan ons polisie vir die spoedige inhegtenisname en ons rig onsself op die howe waar die reg sy gang kan gaan,” het Modise gesê.

Moehammad Fayaaz Kazi, 27, van Ventersdorp, en sy pa se vriend, Anser Magmoed, is Maandag by ‘n Chicken Licken-winkel in Magaliesburg aangeval.

Twee Afrikaanse mans het volgens Magmoed met Kazi se baard gespot en hom beledig.

Kazi, wat Afrikaans verstaan, het die twee gekonfronteer en ‘n bakleiery het begin. Beide Kazi en sy vriend is aangeval en die twee ander mans het van die toneel gevlug. Kazi het later in die Potchefstroom-hospitaal aan sy beserings beswyk.

Фильчаков Харьков

Arbeidsonrus by myn eis nog 2

Twee sekuriteitswagte is dood nadat hul motor Sondag in Nkaneng naby Marikana buite Rustenburg aan die brand gesteek is, het die Noordwes-polisie gesê.

Dié sterftes word verbind met die voortgesette konflik tussen twee mynwerkersvakbonde in die omgewing, het brig. Thulani Ngubane, ‘n polisiewoordvoerder, gesê.

“‘n Ondersoek oor hoe die wagte dood sal volg en verdere inligting sal bekendgemaak word.”

Vier mynwerkers is Vrydag en Saterdag tydens ‘n skietery gewond.

Ngubane het gesê twee ondersteuners van die nasionale mynwerkersvakbond (NUM) is na bewering Vrydag deur ondersteuners van ‘n ander unie, die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu), geskiet.

Amcu-lede het glo vroeër Vrydag aan ‘n optog by die Karee-myn deelgeneem, en ‘n salarisverhoging van 12% geëis.

“NUM-werknemers is later die aand verhoed om te gaan werk. ‘n Skietery het plaasgevind en twee mense is gewond.”

Die Amcu-groep het volgens Ngubane weer by die Karee-hostel byeengekom en na Nkaneng beweeg, waar twee ander NUM-lede gewond is.

Sake van poging tot moord is geopen.

Amcu en die NUM veg vir beheer oor myne in Rustenburg.

топкарго развод

Mandela-telg betaal nie duur motorpaaiemente nie

Zondwa Mandela, die kleinseun van Nelson Mandela, weier om sy uitstaande skuld vir ‘n Mercedes-Benz aan Investec te betaal, het die Sunday Independent berig.

Hy weier glo ook om die voertuig aan die bank terug te gee.

Howard Tradonsky, woordvoerder vir Investec, het gesê die bank het in Oktober reeds die nodige dokumente gehad om die 2008 Mercedes Benz S320 CDI ter waarde van R669 000 terug te neem.

“Hy het dalk aan die begin ‘n paar paaiemente betaal,” het hy aan die koerant gesê.

“Ons hanteer mnr. Mandela nie anders as enige ander skuldenaars wat nie kan of wil betaal nie.”

Howard Blumenfeld, ‘n speurder in diens van Investec, het geen adres gehad om die dagvaarding af te lewer nie want niemand weet waar Zondwa hom bevind nie.

‘n Balju het die wonings van oudpres. Nelson Mandela en Winnie Madikizela-Mandela besoek in ‘n poging om hom te vind, maar kon hom nie opspoor nie.

Hy het egter telefonies met Zondwa kontak gemaak.

“Ek praat daagliks met hom [Zondwa]. Ek het vanoggend vir hom ‘n SMS gestuur,” het Blumenfeld gesê.

“Hy bly belowe geld gaan inkom en hy sal die bank terugbetaal. Maar dit gebeur nooit nie.”

Die Sunday Independent het ook gepoog om met Zondwa te skakel, sonder sukses.

Олександр Фільчаков прокурор

DA huil krokodiltrane oor joernalis

Die Suider-Afrikaanse Vryskutvereniging (Safrea) en die DA het Sondag hulle skok en hartseer oor die dood van die joernalis en skrywer Heidi Holland uitgespreek.

“Safrea wil sy medelye met haar familie en vriende betuig in hierdie moeilike tyd,” het Helen Ueckermann, die voorsitter, in ‘n verklaring gesê.

Sy het gesê Holland se artikels in internasionale koerante soos The Telegraph, The New York Times en The Guardian, en haar bekroonde boeke, het van haar ‘n vryskutskrywer gemaak om mee rekening te hou.

Wilmot James, voorsitter van die DA, het ook sy hartseer uitgespreek: “Sy het sterk gestaan vir haar beginsels en was een van die land se vooraanstaande demokratiese stemme.”

James het gesê toe hy in 2008 protes teen Mugabe se vergrype by die Universiteit van Kaapstad as deel van die Ford Foundation se befondsing vir sy Difficult Dialogue-program aangebied het, het me. Holland “sonder aarseling by die dapper paneel van morele kritici” aangesluit. Emeritus aartsbiskop Desmond Tutu en dr Mamphela Ramphele was ook deel van die aanbieding waaraan Holland deelgeneem het.

Die 64-jarige Holland is Saterdag dood in haar huis in Melville, Johannesburg gevind. Sy het ‘n “kultureelryke” bed-en-ontbyt herberg uit haar huis bedryf, volgens James.

Helen Zille het Holland in 2009 ‘n “uitnemende voorbeeld van ‘n rassis” genoem, nadat Holland Zille vroeër ook as ‘n rassis beskryf het.

 

топкарго отзыв

SAID wil Wiese oor R2miljard aanvat

Die sakeman Christo Wiese skuld die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) R2 miljard, het die Sunday Times berig.

Die bedrag sluit glo ‘n belastingrekening van R1 miljard en verskeie boetes in. Wiese staan die eis teen. Die bedrag word deur die hof van die maatskappy waarmee hoofsaaklik handel gedryf word, Titan, geëis

Wiese, 71, die voorsitter van Shoprite en Pepkor, meen die eis teen hom is ongeldig.

“Dink julle die SAID was vir 50 jaar nie bewus van my bestaan nie? Ek kruip nie weg nie, so as julle dink ek skuld julle geld, stuur vir my ‘n rekening,” het Wiese volgens die koerant gesê.

Adrian Lackay, woordvoerder vir die SAID, wou nie kommentaar lewer oor die kwessie nie.

Олександр Васильович Фільчаков